1. "En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en ‘n beloner is van die wat Hom soek."
A. Jakobus 5:
B. Lukas 20:
C. 1 Johannes 3:
D. Hebreërs 11:
E. Markus 15:
2. "Dan sal julle daarvandaan die HERE jou God soek en vind as jy Hom met jou hele hart en jou hele siel soek."
A. Eksodus 20:
B. Josua 15:
C. Jeremia 55:
D. Spreuke 20:
E. Deuteronomium 4:
3. "Want Hy sê: In die tyd van die welbehae het Ek jou verhoor, en in die dag van heil het Ek jou gehelp. Kyk, nou is dit die tyd van die welbehae; kyk, nou is die dag van heil."
A. Filippense 3:
B. Handelinge 20:
C. Titus 2:
D. Kolossense 1:
E. 2 Korintiërs 6:
4. "Van U sê my hart: Soek my aangesig! Ek soek u aangesig, o HERE!"
A. Psalm 90:
B. Psalm 130:
C. Psalm 65:
D. Psalm 15:
E. Psalm 27:
5. "As die ootmoediges dit sien, sal hulle bly wees; julle wat na God soek, laat julle hart lewe!"
A. Psalm 120:
B. Psalm 3:
C. Psalm 105:
D. Psalm 69:
E. Psalm 10:
6. "Welgeluksalig is die wat sy getuienisse bewaar, Hom van ganser harte soek."
A. Psalm 33:
B. Psalm 145:
C. Psalm 27:
D. Psalm 18:
E. Psalm 119:
7. "Smaak en sien dat die HERE goed is; welgeluksalig is die man wat by Hom skuil! Vrees die HERE, o sy heiliges, want die wat Hom vrees, het geen gebrek nie."
A. Psalm 60:
B. Psalm 118:
C. Psalm 119:
D. Psalm 81:
E. Psalm 34:
8. "en gesê: Vader, as U tog maar hierdie beker van My wil wegneem! Laat nogtans nie my wil nie, maar u wil geskied! En ‘n engel uit die hemel het aan Hom verskyn en Hom versterk."
A. Matteus 25:
B. Johnannes 18:
C. Markus 11:
D. Lukas 22:
E. Romeine 15:
9. "Want Ék weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester, spreek die HERE, gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om julle ‘n hoopvolle toekoms te gee. Dan sal julle My aanroep en heengaan en tot My bid, en Ek sal na julle luister. En julle sal My soek en vind as julle na My vra met julle hele hart. En Ek sal My deur julle laat vind, spreek die HERE, en julle lot verander en julle versamel uit al die nasies en uit al die plekke waarheen Ek julle verdryf het, spreek die HERE; en Ek sal julle terugbring na die plek vanwaar Ek julle in ballingskap weggevoer het."
A. Jesaja 50:
B. Deuteronomium 33:
C. Sagaria 18:
D. Josua 7:
E. Jeremia 29:
10. "Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word. Want elkeen wat bid, ontvang; en hy wat soek, vind; en vir hom wat klop, sal oopgemaak word."
A. 1 Petrus 5:
B. Markus 9:
C. 2 Timoteus 3:
D. Matteus 7:
E. Johannes 20: