Friday, 12 June 2020

Sy Koninkryk regeer vir ewig en jy is deel daarvan!!

Kies die regte Skrifgedeelte:


1.  "Want so sal ryklik aan julle verleen word die ingang in die ewige koninkryk van onse Here en Saligmaker, Jesus Christus."

A.  Markus 10:
B.  Jakobus 5:
C.  Handelinge 17:
D.  2 Petrus 1:
E.  Lukas 20:


2.  "En die Here sal my verlos van elke bose werk en my red om in sy hemelse koninkryk in te gaan. Aan Hom die heerlikheid tot in alle ewigheid! Amen."

A.  Jakobus 5:
B.  Handelinge 17:
C.  Efesiërs 5:
D. 1 Korintiërs 12:
E.  2 Timoteus 4:


3.  "en betuig het dat julle waardiglik moet wandel voor God wat julle tot sy koninkryk en heerlikheid roep."

A.  1 Korintiërs 15:
B.  Efesiërs 3:
C.  Lukas 18:
D.  Johannes 20:
E.  1 Tessalonisense 2:



4.  "Want God is Koning van die hele aarde; psalmsing met ‘n onderwysing.  God regeer oor die nasies; God sit op sy heilige troon."

A.  Psalm 95:
B.  Psalm 127:
C.  Psalm 123:
D.  Psalm 88:
E.  Psalm 47:


5.  "Die HERE sal regeer vir ewig en altoos."

A.  Deuteronomium 30:
B.  Josua 10:
C.  Jeremia 50:
D.  Nehemia 7:
E.  Eksodus 15:


6.  "Laat die hemele bly wees en die aarde juig, en laat hulle onder die volke sê: Die HERE is Koning!"

A.  2 Konings 20:
B.  1 Samuel 11:
C.  Jeremiah 27:
D.  Amos 5:
E.  1 Kronieke 16:


7.  "Aan U, HERE, kom toe die grootheid en die mag en die heerlikheid en die roem en die majesteit, ja, alles in hemel en op aarde; aan U, HERE, kom toe die koningskap en die selfverhoging as Hoof oor alles.  En die rykdom en die eer kom van U, en U heers oor alles; en in u hand is krag en mag, en in u hand is dit om alles groot en sterk te maak."

A.  Deuteronomium 22:
B.  1 Kronieke 29:
C.  1 Samuel 20:
D.  Obadja 1:
E.  Jeremia 50:


8.  "Maar die HERE sit vir ewig; Hy het sy troon reggesit vir die oordeel.  En Hy self sal die wêreld oordeel in geregtigheid en die volke vonnis met reg."

A.  Psalm 130:
B.  Psalm 75:
C.  Psalm 130:
D.  Psalm 110:
E.  Psalm 9:


9.  "U troon, o God, is vir ewig en altyd; die septer van u koninkryk is ‘n regverdige septer."

A.  Psalm 120:
B.  Psalm 107:
C.  Psalm 70:
D.  Psalm 119:
E.  Psalm 45:


10.  "Die HERE is Koning; Hy is met hoogheid bekleed. Die HERE is bekleed, Hy het Hom met sterkte gegord. Ook staan die wêreld vas, sodat dit nie wankel nie.  Vas staan u troon van ouds af; van ewigheid af is U."

A.  Psalm 119:
B.  Psalm 128:
C.  Psalm 77:
D.  Psalm 122:
E.  Psalm 93:


11.  "o HERE van die leërskare, God van Israel wat op die gérubs troon! U alleen is die God van al die koninkryke van die aarde; U het die hemel en die aarde gemaak."

A.  Jeremia 50:
B.  Eksodus 11:
C.  2 Konings 18:
D.  Jesaja 37:
E.  Nehemia 13:

Volg:

      Volg : Volg Wees Aktief vir Jesus op: https://weesaktiefvirJesus.blogspot.com EN www.weesaktiefvirjesusleefstyl.co.za