Vind die verse in:
1. 2 Tessalonisense 3:
2. Johannes 16:
3. Spreuke 18:
4. Jesaja 40:
5. Psalm 32:
6. Efesiërs 3:
7. Efesiërs 6:
8. Deuteronomium 31:
1. "dat Hy aan julle mag gee na die rykdom van sy heerlikheid om met krag versterk te word deur sy Gees in die innerlike mens."
2. "Eindelik, my broeders, word kragtig in die Here en in die krag van sy sterkte."
3. "Maar die Here is getrou; Hy sal julle versterk en bewaar van die Bose."
4. "Wees sterk en vol moed; wees nie bevrees en word nie verskrik vir hulle nie; want dit is die HERE jou God wat saam met jou trek; Hy sal jou nie begewe of verlaat nie."
5. "Dit het Ek vir julle gesê, dat julle in My vrede kan hê. In die wêreld sal julle verdrukking hê; maar hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin."
6. "Die Naam van die HERE is ‘n sterk toring; die regverdige hardloop daarin en word beskut."
7. "Hy gee die vermoeide krag en vermenigvuldig sterkte vir die wat geen kragte het nie."
8. "U is ‘n skuilplek vir my; U bewaar my vir benoudheid; U omring my met vrolike gesange van bevryding. Ek wil jou onderrig en jou leer aangaande die weg wat jy moet gaan; Ek wil raad gee; my oog sal op jou wees."
9. "En aan Hom wat mag het om te doen ver bo alles wat ons bid of dink, volgens die krag wat in ons werk, aan Hom die heerlikheid in die gemeente in Christus Jesus deur alle geslagte tot in ewigheid! Amen."
10. "En mag Hy, die Here van die vrede, julle altyd vrede gee op allerlei wyse! Mag die Here met julle almal wees!"