Pas A by die regte antwoord in B:
A.
1. Matteus 6:
2. 1 Johannes 2:
3. Johannes 1:
4. 1 Petrus 2:
5. Markus 13:
6. Lukas 18:
7. 1 Konings 20:
8. Psalm 33:
9. 1 Timoteus 5:
10. Sagaria 11:
11. Amos 1:
12. Eksodus 28:
13. Romeine 15:
14. Psalm 122:
15. Filippense 3:
16. Jesaja 60:
17. Johannes 12:
18. Psalm 89:
19. Psalm 43:
20. Openbaring 20:
21. Kolossense 2:
22. Matteus 5:
23. Psalm 119:
24. Psalm 112:
B.
1. "Stuur u lig en u waarheid dat dié my lei en my bring na u heilige berg, na u woning!"
2. "Dit gaan goed met die volk wat kan jubel tot u eer, wat in u lig lewe, Here."
3. "hy laat sy lig in die donker uitstraal vir die opregtes, hy is genadig, barmhartig en regverdig."
4. "Wanneer u woord vir mense oopgaan, bring dit lig; dit gee insig aan dié wat nog onervare is."
5. “Julle is die lig vir die wêreld. 'n Stad wat op 'n berg lê, kan nie weggesteek word nie."
6. “Die lamp van die liggaam is die oog. As jou oog goed is, sal jou hele liggaam lig hê."
7. "Hy het gekom om te getuig; hy moes getuig van die lig, sodat almal deur hom tot geloof kon kom."
8. "Wie sy broer liefhet, bly in die lig, en daar is niks wat hom laat struikel nie."
9. "Julle, daarenteen, is 'n uitverkore volk, 'n koninklike priesterdom, 'n nasie wat vir God afgesonder is, die eiendomsvolk van God, die volk wat die verlossingsdade moet verkondig van Hom wat julle uit die duisternis geroep het na sy wonderbare lig."
10. "Bedags sal dit nie die son wees wat vir jou lig gee nie, snags sal dit nie die maan wees wat oor jou skyn nie: die Here sal vir jou 'n ewige lig wees, en jy sal roem in jou God."
11. "Toe sê Jesus vir hulle: “Nog net 'n kort tydjie is die lig by julle. Lewe in die lig terwyl julle dit het sodat die duisternis julle nie oorval nie. Wie in die duisternis lewe, weet nie waar hy gaan uitkom nie."