Vind die verse in:
1. 1 Johannes 4:
2. Jona 4:
3. 2 Korintiërs 13:
4. 2 Johannes 1:
5. 1 Korintiërs 16:
6. Eksodus 34:
7. Numeri 14:
8. Jesaja 54:
9. Prediker 9:
1. "Die Here het voor Moses verbygegaan en Hy het hard gesê: “Ek is die Here! Ek is 'n God wat goed is vir mense wat swaarkry en Ek is genadig. Ek is baie geduldig en vol liefde. Ek doen wat Ek belowe het."
2. " ‘Ek, die Here, is geduldig en vol liefde, Ek vergewe mense wanneer hulle sonde doen en opstandig is, maar Ek sê nie iemand is onskuldig wanneer hy skuldig is nie, Ek straf die nageslag oor die sondes van hulle voorvaders, Ek straf hulle tot in die derde en vierde geslag.’ "
3. "Ja, ek het oor al hierdie dinge gedink en ek het gesien dat dit God is wat besluit oor mense wat reg lewe, Hy besluit oor wyse mense en oor die dinge wat hulle doen. Mense weet nie wat met hulle sal gebeur nie, hulle weet ook nie of God vir hulle liefde of haat sal stuur nie."
4. "Ja, die berge en die heuwels sal verdwyn, maar my liefde vir jou sal nie verdwyn nie. Ek sal ook nie my verbond met jou breek nie, die verbond wat Ek met jou gemaak het toe Ek belowe het dat Ek vir jou vrede sal gee.” Dit sê die Here wat jammer is vir jou en wat jou terugneem."
5. "en tot die Here gebid en gesê: “Here, toe ek nog in my land was, het ek geweet dit sal gebeur. Daarom wou ek dadelik na Tarsis vlug. Ek het geweet U is 'n God wat genadig is, U is goed vir mense wat swaarkry. U is geduldig en U is vol liefde. U vergewe mense se sonde maklik."
6. "My vriende, ek wil nog een ding vir julle sê: Julle moet bly wees, julle moet lewe soos die Here wil hê julle moet lewe, julle moet luister wanneer ons vir julle sê wat reg is, julle moet saamwerk met mekaar, julle moet in vrede lewe met mekaar. Dan sal die God van liefde en vrede by julle wees."
7. "Ware liefde is nie dat óns lief was vir God nie, maar dat Gód lief was vir ons en dat Hy sy Seun gestuur het. Sy Seun het gesterf, Hy was die offer wat ons sonde weggeneem het en wat ons met God versoen het."
8. "Ons harte het vol geword van God se liefde, en daarom is ons nou nie bang vir die oordeelsdag nie. Ons is nog in die wêreld, maar ons is nie bang om by God te wees nie, soos Jesus nie bang is om by God te wees nie."
9. "Ek bid dat God die Vader en Jesus Christus, die Seun van die Vader, genadig sal wees vir ons en dat Hy vir ons goed sal wees wanneer ons swaarkry. En ek bid dat Hy vir ons vrede sal gee, sodat ons God se waarheid en liefde sal ken."
10. "Julle moet alles met liefde doen."