Kies die regte Skrifgedeelte:
1. "As iemand my dissipel wil wees, maar hy wil aanhou lewe en hy wil nie sterf omdat hy My dien nie, dan sal hy sy lewe verloor. Maar iemand wat sterf omdat hy My dien, sal aanhou lewe."
A. Markus 15:
B. Luks 11:
C. Johannes 20:
D. Handelinge 12:
E. Matteus 10:
2. "Want as iemand homself wil red, dan sal hy sy lewe verloor. Maar as iemand sy lewe verloor omdat hy lief is vir My, dan sal hy sy lewe red."
A. Jakobus 3:
B. Matteus 16:
C. Romeine 12:
D. Filippense 1:
E Handelinge 20:
3. "Want as iemand homself wil red, dan sal hy sy lewe verloor. Maar as iemand sy lewe verloor omdat hy lief is vir My en vir die goeie boodskap, dan sal hy sy lewe red."
A. Kolossense 2:
B. Matteus 22:
C. 1 Timoteus 3:
D. 1 Petrus 5:
E. Markus 8:
4. "Ja, wanneer julle sien hoe ons lewe, dan kan julle sien hoe Jesus swaargekry en gesterf het. Wanneer julle sien hoe ons lewe, dan kan julle ook sien dat Jesus weer lewe."
A. Romeine 13:
B. Johannes 20:
C. Lukas 11:
D. Titus 2:
E. 2 Korintiërs 4:
5. "Voorheen was julle soos mense wat in die donker lewe, maar nou behoort julle aan die Here en nou is julle in die lig. Daarom moet julle lewe soos mense wat in die lig lewe."
A. Openbaring 21:
B. Lukas 13:
C. 2 Timoteus 1:
D. Johannes 19:
E. Efesiërs 5:
6. " Julle sondige lewe is verby, dit is dood. Julle het nou 'n nuwe lewe, maar die ander mense weet dit nie, want julle lewe saam met Christus wat by God is."
A. Efesiërs 2:
B. 1 Timoteus 3:
C. Handelinge 10:
D. 1 Johannes 5:
E. Kolossense 3:
7. "Ek is die brood wat self lewe en wat ook lewe gee. Ek kom uit die hemel. As iemand van hierdie brood eet, dan sal hy altyd lewe. Die brood wat Ek sal gee, is my liggaam. Ek gee dit sodat die mense van die wêreld altyd kan lewe.”
A. Hebreërs 12:
B. Markus 10:
C. Lukas 8:
D. Openbaring 17:
E. Johannes 6:
8. "Ek lewe altyd. Ek het gesterf, maar nou lewe Ek! Ja, Ek lewe altyd. Ek het die sleutels om die plek oop te sluit waar die mense is wat gesterf het, Ek kan die mense in die doderyk weer laat lewe."
A. Titus 2:
B. Romeine 8:
C. Handelinge 17:
D. Openbaring 1:
E. Lukes 15:
9. "Die koning het toe belowe en gesê: “So seker soos die Here lewe, die Here wat elke maal my lewe gered het toe dit vir my gevaarlik was."
A. Eksodus 20:
B. Jeremia 50:
C. 2 Samuel 18:
D. Prediker 10:
E. 1 Konings 1:
10. "ek sal niks sê wat verkeerd is nie, ek sal nie lieg nie, so lank soos ek lewe, so lank soos God vir my lewe gee."
A. Spreueke 15:
B. Jesaja 30:
C. Jeremia 50:
D. Job 27:
E. Psalm 122: