Saturday, 12 April 2025

Bybel Notas:

Vind die Bybelverse in:


1. Romeine 12:

2. Matteus 28:

3. Efesiërs 2:

4. Galasiërs 5:

5. Romeine 8:

6. Johannes 3:

7. Jeremia 29:

8. Spreuke 3:

9. Filippense 4:


1.  “God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê."


2.  "Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle 'n toekoms gee, 'n verwagting!"


3.  "Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is."


4.  "Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee."


5.  "Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie.  Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop."


6.  "Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is."


7.  "Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend."


8.  "Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees."


9.  "Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God."


10.  "Die vrug van die Gees, daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing. Teen sulke dinge het die wet niks nie."


11.  "En nou doen ek 'n beroep op julle, broers, op grond van die groot ontferming van God: Gee julleself aan God as lewende en heilige offers wat vir Hom aanneemlik is. Dit is die wesenlike van die godsdiens wat julle moet beoefen."


Volg:

      Volg : Volg Wees Aktief vir Jesus op: https://weesaktiefvirJesus.blogspot.com EN www.weesaktiefvirjesusleefstyl.co.za