Thursday, 15 May 2025

Psalms!!

Vind die Bybelverse in:


1. Psalm 9:

2. Psalm 18:

3. Psalm 6:

4. Psalm 7:

5. Psalm 13:

6. Psalm 22:

7. Psalm 5:

8. Psalm 1:

9. Psalm 3:

10. Psalm 4:


1. "En hy sal wees soos 'n boom wat geplant is by waterstrome, wat sy vrugte gee op sy tyd en waarvan die blare nie verwelk nie; en alles wat hy doen, voer hy voorspoedig uit."


2. "Julle wat die Here vrees, prys Hom! Al die nakomelinge van Jakob, vereer Hom! Ja, vrees Hom, al die nakomelinge van Israel!"


3. "Maar ek, ek mag deur u groot liefde in u huis ingaan en in u heilige tempel buig met die eerbied wat aan U verskuldig is.  Omdat ek vyande het, Here, leer my tog wat reg is en help my om u wil te doen."


4. "Maar U, Here, beskerm my aan alle kante, U herstel my eer en aansien.  As ek na die Here roep, antwoord Hy my van sy heilige berg af."


5. "Nou sal ek onbesorg gaan lê en dadelik aan die slaap raak, want, Here, U alleen laat my veilig woon."


6. "Daarom vertrou almal wat u Naam bely, op U, want U, Here, laat dié wat vra na u wil, nie in die steek nie."


7. "Van bo af het Hy sy hand uitgestrek en my gegryp, uit diepwaters het Hy my getrek.  Hy verlos my van magtige vyande, van haters wat te sterk was vir my.  Hulle het aangeval toe ek in die moeilikheid was, maar die Here hou my staande.  Hy lei my na veiligheid , en red my omdat Hy my liefhet."


8. "Die Here het my pleidooi gehoor; die Here sal my gebed beantwoord.  Al my vyande sal beskaamd en baie verslae wees; in ’n oogwink sal hulle beskaamd wees en omdraai."


9. "Die Here oordeel die volke. Doen aan my reg, Here , na my geregtigheid en na my onskuld wat by my is.  Laat tog die boosheid van die goddelose mense 'n einde neem, maar bevestig U die regverdige, ja, U wat harte en niere toets, o regverdige God! My skild is by God wat die opregtes van hart verlos."


10. "Maar ek vertrou op u onfeilbare liefde. Ek sal juig omdat U my gered het. Ek sal sing tot eer van die Here, want Hy is goed vir my."


11.  "Ja, Here, dit is Ú wat by my was toe ek gebore is, U het my veilig laat rus teen my ma se bors.  U het vir my gesorg vandat ek gebore is, U is my God vandat ek klein was."


Volg:

      Volg : Volg Wees Aktief vir Jesus op: https://weesaktiefvirJesus.blogspot.com EN www.weesaktiefvirjesusleefstyl.co.za