Om 'n seun/dogter van God te wees, moet jou stap anderster wees as die wêreld. Jou praat, jou stap, jou houding, hoe jy lyk moet verskil van die wêreld. Die wêreld moet Jesus in jou sien. Liefde, vrede, selfbeheersing, vreugde. Bly weg van skinder. Wees positief ingestel. Hou jou fokus op Jesus. Die enigste manier om anders te wees, as die wêreld se manier, is om die Woord van God te lees en te studeer. Die Woord van God moet 'n leefstyl wees Dit is hoekom Josua 1:8-9: so baie belangrik is! Josua 1:8-9: "Hierdie wetboek moet die rigsnoer wees vir alles wat jy sê. Oordink dit dag en nag en sorg dat jy alles uitvoer wat daarin geskryf staan. Dan sal jy slaag in wat jy moet doen, jy sal voorspoedig wees. Ek self gee jou die opdrag. Wees sterk, wees vasberade. Moenie skrik nie, moenie bang wees nie, want Ek, die Here jou God, is by jou oral waar jy gaan.” Jy moet tyd spandeer in die Woord van God, Lees en studeer die Woord dag en nag. Fokus op, spreek die Woord van God altyd. Jy sal 'n Koninkryk ingesteltheid begin kry. Jy sal vasstaan in vandag se wêreld. Jy sal anderster lyk. Moet nooit die wêreld volg nie maar volg Jesus en Sy voorbeeld. Die wêreld se manier lei tot vernietiging maar die Jesus manier lei tot die ewige lewe.
Thursday, 15 May 2025
Volg:
Volg : Volg Wees Aktief vir Jesus op: https://weesaktiefvirJesus.blogspot.com EN www.weesaktiefvirjesusleefstyl.co.za
-
Vind die Bybelverse in: 1. Eksodus 26: 2. Jeremia 30: 3. Filippense 4: 4. Romeine 10: 5. Johannes 11: 6. 1 Korintiërs 10: 7. Jesaja 5...
-
Kies die regte Skrifgedeelte: 1. "Terwyl ons dan so 'n groot skare geloofsgetuies rondom ons het, laat ons elke las van ons afgooi...
-
1. Johannes 3: “Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die...