Thursday, 15 May 2025

Wedergebore Christene!!

Vind die verse in:


1. Efesiërs 2:

2. Romeine 6:

3. Handelinge 2:

4. 1 Johannes 3:

5. Johannes 3:

6. 1 Petrus 1:

7. 2 Petrus 3:

8. Titus 3:


1. "Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus! Na sy grote barmhartigheid het Hy ons weergebore tot 'n lewende hoop deur die opstanding van Jesus Christus uit die dood."


2.  "Die wind waai waar hy wil, en jy hoor sy geluid, maar jy weet nie vanwaar hy kom en waarheen hy gaan nie. So is elkeen wat uit die Gees gebore is."


3. "Die Here stel nie die vervulling van sy belofte uit nie, al dink party mense so. Nee, Hy is geduldig met julle, omdat Hy nie wil hê dat iemand verlore gaan nie: Hy wil hê dat almal hulle moet bekeer."


4. "Hy het ons verlos, nie op grond van wat ons gedoen het vir ons vryspraak nie, maar slegs op grond van sy eie ontferming. Dit het Hy vermag deur die reiniging van die weergeboorte en deur die Heilige Gees wat ons vernuwe.  Hy het die Gees ryklik op ons uitgestort op grond van wat Jesus Christus ons Verlosser gedoen het.  Só is ons vrygespreek deur sy genade, en het ons erfgename geword van die ewige lewe waarop ons hoop."


5. "Deur sy groot liefde het Hy ons wat dood was as gevolg van ons oortredings, saam met Christus lewend gemaak. Uit genade is julle gered! Ja, in Christus Jesus het Hy ons saam met Hom opgewek uit die dood en ons saam met Hom 'n plek in die hemel gegee."


6. "Ons weet tog dat die sondige mens wat ons was, saam met Christus gekruisig is, sodat ons sondige bestaan beëindig kon word. Ons is dus nie langer slawe van die sonde nie."


7. "Wie in die Seun glo, het die ewige lewe; wie die Seun nie gehoorsaam is nie, sal die lewe nie sien nie, maar die toorn van God bly op hom.


8. "En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van julle sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang."


9. "Moenie verbaas wees dat Ek vir jou gesê het: Julle moet opnuut gebore word nie."


10. "Iemand wat uit God gebore is, doen nie sonde nie, want die saad van God bly in hom; en hy kan nie aanhou sondig nie, omdat hy uit God gebore is."


11. "Wat uit die mens gebore is, is mens; en wat uit die Gees gebore is, is gees.


Volg:

      Volg : Volg Wees Aktief vir Jesus op: https://weesaktiefvirJesus.blogspot.com EN www.weesaktiefvirjesusleefstyl.co.za