Vind die Bybelverse in:
1. Kolossense 3:
2. Matteus 16:
3. 1 Johannes 2:
4. Lukas 9:
5. Efesiërs 4:
6. 1 Johannes 3:
7. Johannes 15:
8. 1 Petrus 4:
9. 2 Korintiërs 5:
1. "Hou dan op om te lewe soos julle vroeër gelewe het; breek met die ou, sondige mens in julle wat deur sondige begeertes verteer word. Julle gees en gedagtes moet nuut word; lewe as nuwe mense wat as die beeld van God geskep is: lewe volkome volgens die wil van God en wees heilig."
2. "Bly in My, en Ek in julle. Net soos die loot geen vrug kan dra as dit nie in die wingerdstok bly nie, so kan julle ook nie as julle nie in My bly nie."
3. "Hiéraan weet ons wat liefde is: Jesus het sy lewe vir ons afgelê. Ons behoort ook ons lewens vir ons broers af te lê."
4. "Omdat Christus dan liggaamlik gely het, moet julle julleself met dieselfde gedagte bewapen, en self bereid wees om liggaamlik te ly. As julle bereid is om liggaamlik te ly, het julle met die sonde afgereken."
5. "Iemand wat aan Christus behoort, is 'n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom."
6. "Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe."
7. "Toe sê Jesus vir sy dissipels: “As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, sy kruis opneem en My volg.”
8. “Moenie die wêreld liefhê of die dinge wat in die wêreld is nie. As iemand die wêreld liefhet, is die liefde van die Vader nie in hom nie.”
9. “Ons moet altyd die waarheid praat en altyd lief wees vir mekaar. So word ons meer en meer soos Christus, Hy is ons Hoof."
10. “Wees vriendelik teenoor mekaar, vol ontferming, en vergeef mekaar soos God julle in Christus vergewe het.”
11. “En Hy sê vir almal: “As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, sy kruis elke dag opneem en My volg.”