Vind die Bybelverse in:
1. Johannes 5:
2. Jesaja 26:
3. Matteus 7:
4. 2 Petrus 1:
5. Efesiërs 5:
6. 1 Korintiërs 1:
7. Efesiërs 4:
8. Romeine 8:
9. Johannes 17:
10. 1 Korintiërs 2
1. "Totdat ons almal kom tot eenheid in geloof en in kennis van die •Seun van God, en tot 'n volwassenheid wat in ooreenstemming is met die volgroeide gestalte van die volheid van Christus."
2. "Nee, die wysheid waarvan ons praat, is die diepsinnige wysheid van God wat voorheen geheim gehou is, wat God van ewigheid af daargestel het sodat ons die heerlikheid kan ontvang."
3. "Maar dit was aan ons dat God hierdie dinge deur sy Gees geopenbaar het. Want sy Gees ondersoek alles en openbaar God se diep geheime. Niemand kan 'n mens se gedagtes ken nie, behalwe sy eie gees, en niemand kan God se gedagtes ken nie, behalwe God se eie Gees. En ons het God se Gees ontvang (nie die wêreld se gees nie), sodat ons die wonderlike dinge kan ken wat God ons vrylik gegee het. Wanneer ons hierdie dinge vir julle vertel, gebruik ons nie woorde wat uit menslike wysheid kom nie. In plaas daarvan spreek ons woorde wat deur die Gees aan ons gegee is, deur die woorde van die Gees te gebruik om geestelike waarhede te verduidelik. Maar mense wat nie geestelik is nie, kan hierdie waarhede nie van God se Gees ontvang nie. Dit klink alles dwaas vir hulle en hulle kan dit nie verstaan nie, want slegs diegene wat geestelik is, kan verstaan wat die Gees beteken."
4. "Ek doen 'n beroep op julle almal, broers, in die Naam van ons Here Jesus Christus, om eensgesind te wees. Daar moet geen verdeeldheid onder julle wees nie. Julle moet een wees in dieselfde gesindheid en met dieselfde oortuiging."
5. "Daar is dus nou geen veroordeling vir dié wat in Christus Jesus is nie. Die wet van die Gees wat aan jou in Christus Jesus die lewe gee, het jou vrygemaak van die wet van sonde en dood. Wat die wet nie by magte was om te doen nie, omdat dit weens ons sondige natuur te swak was, dit het God gedoen. Hy het met die sonde afgereken deur sy eie Seun in dieselfde gestalte as die sondige mens te stuur; so het Hy die sonde in die sondige bestaan van die mens veroordeel. Nou kan ons aan die eise van die wet voldoen, óns wat ons lewe nie deur ons sondige natuur laat beheers nie, maar deur die Gees."
6. "Sodat hulle almal een mag wees, net soos U, Vader, in My en Ek in U is, dat hulle ook in Ons mag wees, sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het."
7. “Ek kan niks uit Myself doen nie. Soos Ek hoor, oordeel Ek, en my oordeel is regverdig, omdat Ek nie my eie wil soek nie, maar die wil van Hom wat My gestuur het.
8. “U bewaar hom wat op U staatmaak in volkome vrede, omdat hy op U vertrou.”
9. “Elkeen wat dan na hierdie woorde van My luister en dit doen, sal soos 'n wyse man wees wat sy huis op die rots gebou het.”
10. “Sy goddelike krag het ons immers reeds alles gegee wat ons nodig het vir 'n godvresende lewe, deur die kennis van Hom wat ons deur sy majesteit en goddelike krag geroep het. Hierdeur het Hy sy kosbare en grootse beloftes reeds aan ons gegee, sodat julle deel kan kry aan die goddelike natuur, noudat julle ontvlug het aan die verdorwenheid wat deur begeerte in die wêreld teenwoordig is."
11. "Wees baie versigtig hoe julle lewe: nie soos onverstandige mense nie, maar soos verstandiges. Maak die beste gebruik van elke geleentheid, want ons lewe in 'n goddelose tyd. Moet daarom nie onverstandig optree nie, maar probeer te wete kom wat die Here wil dat julle moet doen."