Kies die regte Skrifgedeelte:
1. "En die Woord het vlees geword en onder ons gewoon, en ons het sy heerlikheid aanskou, 'n heerlikheid soos van die eniggebore Seun wat van die Vader kom, vol van genade en waarheid."
A. Handelinge 5:
B. Romeine 13;
C. Hebreërs 10:
D. Openbaring 17:
E. Johannes 1:
2. "Want ons moet almal voor die regterstoel van Christus verskyn, sodat elkeen kan ontvang volgens wat hy in die liggaam verrig het, of dit goed is of kwaad."
A. Lukas 8:
B. Handelinge 15:
C. 2 Korintiërs 5:
D. Matteus 19:
E. Romeine 12:
3. "En Hy het vir hulle gesê: Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom. Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word."
A. Johannes 18:
B. Matteus 25:
C. Lukas 21:
D. Handelinge 27:
E. Markus 16:
4. "Want baie is geroep, maar min is uitverkies."
A. Openbaring 17:
B. Romeine 15:
C. Johannes 20:
D. Handelinge 13:
E. Matteus 22:
5. "Maar as ons in die lig wandel soos Hy in die lig is, dan het ons gemeenskap met mekaar; en die bloed van Jesus Christus, sy Seun, reinig ons van alle sonde."
A. Kolossense 3:
B. Markus 9:
C. Jakobus 5:
D. Romeine 12:
E. 1 Johannes 1:
6. "Noudat julle julle in gehoorsaamheid aan die waarheid gereinig het om mekaar as broers ongeveins lief te hê, moet julle mekaar dan ook van harte en vurig liefhê. Julle is immers weergebore, nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike saad: die lewende en ewige woord van God."
A. Galasiërs 5:
B. 1 Korintiërs 10:
C. Markus 7:
D. Johannes 13:
E. 1 Petrus 1:
7. "Hy het hom wat geen sonde geken het nie, sonde gemaak, sodat ons in Hom geregtigheid van God kan word."
A. Romeine 11:
B. Johannes 8:
C. Markus 13:
D. 2 Korintiërs 5:
E. Handelinge 15:
8. "God is Gees, en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid."
A. Hebreërs 8:
B. 1 Korintiërs 15:
C. Lukas 7:
D. Handelinge 13:
E. Johannes 4:
9. “Want as jy met jou mond bely dat Jesus die Here is en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy gered word. Want met die hart glo mens en word geregverdig, en met die mond bely mens en word gered.”
A. Johannes 15:
B. Lukas 20:
C. Matteus 18:
D. Handelinge 23:
E. Romeine 10:
10. "Maar God bewys sy liefde vir ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was."
A. 2 Korintiërs 10:
B. Markus 15:
C. Lukas 13:
D. Johannes 18:
E. Romeine 5:
11. “Almal het gesondig, en het nie deel aan die heerlikheid van God nie, maar hulle word, sonder dat hulle dit verdien, op grond van sy genade vrygespreek vanweë die verlossing deur Jesus Christus."
A. 1 Timoteus 5:
B. Handelinge 13:
C. Markus 7:
D. Johannes 11:
E. Romeine 3: