Saturday, 30 August 2025

Volg:

      Volg:



Volg Wees Aktief vir Jesus op:



https://weesaktiefvirJesus.blogspot.com

EN

www.weesaktiefvirjesusleefstyl.co.za


Aksie Kidz vir Jesus Gear is nou beskikbaar !!

 Aksie Kidz vir Jesus Gear is nou beskikbaar !!


Beskikbaar in Afrikaans. Ook beskikbaar vir volwassenes !!

 

Studiegidse R90 

NotaBoeke R70 

Inkleurboeke R90

Plakkerboeke R190 

Aktiwiteitsboeke R90 

Legkaarte R270

Bekers R170

T-hemde R270 


E-pos: navrae@aksiekidzvirjesus.co.za

navrae@weesafktiefvirjesusleefstyl.co.za







Hoe weet ek ek is in die regte of verkeerde kerk!!

   Hoe weet ek ek is in die regte of verkeerde kerk!!Nie elke kerk n, Pastoor sal hemel toe gaan nie!! Jy moet seker maak jy behoort aan 'n kerk wat gevul is met die Heilige Gees. Vra God om jou te help om vir jou die regte kerk te wys!! Dit is baie belangrik om aan die regte kerk te behoort. 'n Kerk waar jy gemaklik is is 'n groot NEE!! Jy moet uitgedaag word in jou geloof. Jou geloof moet groei. 'n Kerk wat gevul is met die Heilige Gees is die regte kerk!  Maak seker jy is ook Wedergebore!! Jy moet jou bekeer en jou lewe vir Jesus gee en gedoop word!! 'n Kerk moet vermy word: 1.  Wanneer die kerk nie gevul is met die Heilige Gees nie.   2.  Te veel leerstellings, soos die normale tradisionele kerke. 3.  Die doop van babas.  Dit is nie Bybels nie.  Jesus was gedoop toe Hy 30 was en nie as 'n baba nie. 4.  Preke  wat gaan oor wat mense wil hoor en nie wat hulle moet hoor nie.  Jy moet ver van hulle af bly!! Fokus nou daarop om die regte kerk te vind. Vra God om vir jou die regte kerk te wys en om deure vir jou oop te maak om daar uit te kom!! Maar dit is van lewensbelang dat jy na die regte kerk moet gaan!! ’n Godsdienstige kerk is groot moeilikheid. Dit gaan jou nie help om in die hemel te kom nie!! Die regte kerk is, wat met die Heilige Gees gevul is, waar jy groei in jou geloof, waar jy uitgedaag word in jou geloof, waar hulle almal van alle ouderdomme doop en gefokus is op die Woord van God alleen!

Volg Kingdom Lifestyle Ministries!!

  








1 Petrus 2:

"Die volk van God, gebou op die kosbare hoeksteen

Hou dan op met elke vorm van kwaad, met alle bedrog, huigelary, jaloesie en kwaadpratery. Soos pasgebore kindertjies smag na melk, moet julle smag na die suiwer geestelike melk, sodat julle daardeur kan opgroei en die saligheid verkry. Julle het immers ondervind dat die Here goed is.

Kom na Hom toe, die lewende steen, wat deur die mense afgekeur is, maar deur God vir die ereplek uitverkies is. Laat julle as lewende stene opbou tot 'n geestelike huis, om 'n heilige priesterdom te wees en geestelike offers te bring wat deur Jesus Christus vir God welgevallig is. Daarom staan daar in die Skrif:

“Kyk, Ek lê in Sion 'n hoekklip, uitverkies vir die ereplek.  Wie in Hom glo, word nooit teleurgestel nie.” Julle wat glo, deel in hierdie eer, maar vir dié wat nie glo nie, geld die woorde: “Die klip wat deur die bouers afgekeur is, juis hy het die belangrikste klip in die gebou geword”

en:

“'n klip waaroor 'n mens struikel en 'n rots waarteen jy jou stamp.”

Hulle struikel omdat hulle nie aan die woord gehoorsaam is nie. So het God dit ook vir hulle bestem.

Julle, daarenteen, is 'n uitverkore volk, 'n koninklike priesterdom, 'n nasie wat vir God afgesonder is, die eiendomsvolk van God, die volk wat die verlossingsdade moet verkondig van Hom wat julle uit die duisternis geroep het na sy wonderbare lig. Julle was vroeër geen volk nie, maar nou is julle die volk van God. Julle het tóé geen barmhartigheid ontvang nie, maar nou het God aan julle barmhartigheid bewys.


Gedra julle altyd goed

Geliefdes, in die wêreld is julle vreemdelinge en bywoners. Daarom dring ek by julle daarop aan om nie aan sinlike begeertes toe te gee nie. Dit verwoes net 'n mens se lewe.  Gedra julle altyd goed onder die heidene sodat, al praat hulle kwaad van julle asof julle misdadigers is, hulle julle voorbeeldige lewe kan sien en God kan verheerlik op die dag van afrekening.

Omdat die Here dit wil, moet julle julle onderwerp aan elke menslike owerheid, of dit nou die keiser as hoogste gesag is of die goewerneurs as sy gevolmagtigdes wat dié wat kwaad doen, moet straf, maar dié wat goed doen, moet prys. Dit is die wil van God dat julle deur goed te doen, 'n einde sal maak aan die kwaad wat mense sonder begrip uit onkunde praat.

Julle is vry, maar moenie julle vryheid gebruik as dekmantel om kwaad te doen nie. Gebruik dit om God te dien.

Julle moet alle mense respekteer en julle medegelowiges liefhê. Vrees God. Eer die keiser.


Christus die voorbeeld vir dié wat ly

Bediendes, onderwerp julle met die nodige ontsag aan julle werkgewers, of hulle nou goedhartig en vriendelik is, of onredelik. Dit is genade as iemand die pyn van onverdiende lyding verduur omdat hy aan God getrou wil wees. As julle gestraf word wanneer julle oortree het, watter verdienste is daarin as julle dit verdra? Maar om lyding te verdra wanneer julle goed doen, dit is genade van God.  Juis hiervoor is julle ook geroep, omdat Christus self vir julle gely en so vir julle 'n voorbeeld gestel het, sodat julle in sy voetspore kan volg.

“Hy het geen sonde gedoen nie en uit sy mond het daar nooit 'n leuen gekom nie.”

Toe Hy beledig is, het Hy nie terug beledig nie, toe Hy gely het, het Hy nie gedreig nie, maar alles oorgelaat aan Hom wat regverdig oordeel.

Hy het self ons sondes in sy liggaam aan die kruis gedra. Daardeur is ons vir die sondes dood en kan ons lewe in gehoorsaamheid aan die wil van God. Deur sy wonde is julle genees.

Julle het immers soos skape rondgedwaal, maar nou het julle teruggekom na julle Herder en die Bewaker van julle lewe."

Moenie vrees nie!!

Pas A by die regte antwoord in B:


A.


1.  Deuteronomium 20:

2.  Hebreërs 13:

3.  Lukas 12:

4.  Matteus 6:

5.  Genesis 26:

6.  Eksodus 14:

7.  Handelinge 10:

8.  Jeremia 37:

9.  Romeine 10:

10.   Amos 3:

11.  Markus 15:

12.  1 Petrus 3:

13.  Numeri 25:

14.  2 Timoteus 1:

15.  Galasiërs 3:

16.  2 Korintiërs 12:

17.  Jesaja 12:

18.  Johannes 14:

19.  1 Johannes 4:

20.  Titus 1:

21.  Jakobus 5:

22.  Matteus 18:

23.  Haggai 2:

24.  Jesaja 26:


B.  


1. “Laat julle hart nie ontsteld wees nie. Glo in God; glo ook in My.”


2.  "Kyk, God is my verlossing; ek vertrou en is nie ontsteld nie. Ja, die Here, die Here is my toevlug en my sterkte; Hy het my tot hulp gekom."


3.  "Maar Moses het vir die volk gesê: “Moenie bang wees nie! Staan stil en aanskou die verlossing van die Here wat Hy vandag vir julle gaan bewerk. Want die Egiptenare wat julle vandag sien, sal julle nooit weer sien nie."


4.  "Gee aan hulle vrede en voorspoed, Here, want hulle het hulle vertroue op U gestel."


5.  "Julle is uit God, my kinders, en het hulle oorwin, omdat Hy wat in julle is, groter is as hy wat in die wêreld is."


6.  "My belofte wat Ek met die uittog uit Egipte aan julle gemaak het, sal Ek nakom: my Gees sal altyd by julle bly. Moenie bang wees nie!"


7.  "Wanneer jy teen jou vyande gaan oorlog maak en jy merk hulle het perde en strydwaens en hulle is meer as jy, moet jy nie vir die vyande bang wees nie. Die Here jou God wat jou uit Egipte laat trek het, is by jou."


8.  "Hou julle lewe vry van geldgierigheid; wees tevrede met wat julle het. God self het gesê: “Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie.”


9.  "Selfs die hare op julle kop is almal getel. Moenie vrees nie, julle is meer werd as baie mossies."


10.  “Daarom sê Ek vir julle: Moet julle nie bekommer oor julle lewe, oor wat julle moet eet of drink nie, of oor julle liggaam, oor wat julle moet aantrek nie. Is die lewe nie belangriker as kos en die liggaam as klere nie? Kyk na die wilde voëls: hulle saai nie en hulle oes nie en hulle maak nie in skure bymekaar nie; julle hemelse Vader sorg vir hulle. Is julle nie baie meer werd as hulle nie? Trouens, wie van julle kan deur hom te bekommer sy lewe met een enkele uur verleng?"


11.  "en die nag toe hy daar kom, het die Here aan hom verskyn en vir hom gesê: “Ek is die God van jou vader Abraham. Moenie bang wees nie, want Ek is by jou. Ek sal jou seën en jou 'n groot nageslag gee ter wille van my dienaar Abraham.”


Gehoorsaamheid aan God!!

Vind die Bybelverse in:


1.  Deuteronomium 28:

2.  1 Johannes 2:

3.  Deuteronomium 11:

4.  Lukas 9:

5.  Eksodus 23:

6.  Job 36:

7.  Prediker 12:

8.  Handelinge 2:

9.  Efesiërs 6:

10.  1 Johannes 3:


1.  "Geliefdes, as ons gewete ons nie veroordeel nie, het ons vrymoedigheid om na God te gaan; en wat ons vra, kry ons van Hom omdat ons sy gebooie gehoorsaam en doen wat Hy goedvind."


2.  "As jy goed ag gee op hom en alles doen wat Ek sê, sal Ek die vyand van jou vyande wees en die teëstander van jou teëstanders."


3.  "As hulle luister en Hom dien, sal hulle hulle dae in voorspoed deurbring, hulle jare in welvaart."


4.  "Die slotsom van alles wat jy gehoor het, is dit: Dien God en gehoorsaam sy gebooie. Dit is wat van die mens gevra word."


5.  “En Petrus sê vir hulle: “Bekeer julle en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van julle sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang.”


6.  "Moenie net werk om deur julle eienaars raakgesien te word en so in mense se guns te kom nie; werk soos slawe van Christus wat van harte die wil van God doen."


7.  "Al hierdie seëninge sal oor jou kom en by jou bly wanneer jy die Here jou God gehoorsaam."


8.  "Wie sy gebooie gehoorsaam, bly in God en God in hom. Hiéraan weet ons dat Hy in ons bly: Hy het ons sy Gees gegee."


9.  "Wie sy woord egter gehoorsaam – in hom het die liefde van God werklik sy doel volkome bereik. Hieraan weet ons dat ons in Hom is. Wie beweer dat hy in Hom bly, behoort self ook te lewe soos Jesus gelewe het."


10.  "Let op, ek hou julle vandag die seën en die straf voor: die seën sal kom as julle die gebooie van die Here julle God gehoorsaam, wat ek julle vandag gee; die straf sal kom as julle ongehoorsaam is aan die gebooie van die Here julle God en die pad verlaat wat ek julle vandag aangewys het en ander gode aanhang waarvan julle nou nog nie eers weet nie."


11.  "En Hy het vir almal gesê: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en elke dag sy kruis opneem en My volg."

Heilige Gees!!

 Vind die Bybelverse in:


1.  Jesaja 11:

2.  Lukas 11:

3.  2 Korinthiërs 3:

4.  Johannes 16:

5.  Johannes 14:

6.  Galasiërs 5:

7.  Romeine 8:

8.  Handelinge 2:

9.  1 Korinthiërs 6:

10.  Handelinge 1:


1.  "en wanneer die Vader in my Naam die Voorspraak, die Heilige Gees, stuur, sal Hy julle alles leer en julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het."


2.  "Die Gees staan ons ook in ons swakheid by: ons weet nie wat en hoe ons behoort te bid nie, maar die Gees self pleit vir ons met versugtinge wat nie met woorde gesê word nie."



3.  "Die vrug van die Gees, daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing. Teen sulke dinge het die wet niks nie."


4.  "En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang."



5.  "Of besef julle nie dat julle liggaam 'n tempel van die Heilige Gees is nie? Julle het die Heilige Gees, wat in julle woon, van God ontvang, en julle behoort nie aan julleself nie: julle is gekoop, en die prys is betaal. Julle moet God dus in julle liggaam verheerlik."


6.  "Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.”


7.  "Die Gees van die Here sal op hom rus: die Gees wat wysheid en insig gee, die Gees wat raad en sterkte gee, die Gees wat kennis verleen en eerbied vir die Here."


8.  “As julle My liefhet, sal julle my opdragte uitvoer.  Ek sal die Vader vra, en Hy sal vir julle 'n ander Voorspraak stuur om vir ewig by julle te wees, naamlik die Gees van die waarheid. Die wêreld kan Hom nie ontvang nie, omdat hulle Hom nie sien en Hom nie ken nie. Maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees."


9.  "As julle wat sleg is, dan weet om vir julle kinders goeie dinge te gee – die Vader in die hemel nog baie meer! Hy sal die Heilige Gees gee vir dié wat vra.”


10.  "Die Here is die Gees, en waar die Gees van die Here is, daar is vryheid."


11.  "Ek het nog baie dinge om vir julle te sê, maar julle kan dit nie nou ontvang nie, maar wanneer Hy, die Gees van die Waarheid, gekom het, sal Hy julle in die hele waarheid lei, want Hy sal nie uit Homself praat nie, maar alles wat Hy hoor, sal Hy sê en die toekoms aan julle openbaar. Hy sal My vereer en loof omdat Hy, uit wat aan My behoort sal vat en aan julle sal wys. Alles wat My Vader het, is Myne; daarom het Ek gesê dat Hy dit sal vat uit wat aan My behoort en aan julle wys."


Die Beloftes van God!!

Kies die regte Skrifgedeelte:


1.  "Werp al julle bekommernisse op Hom, want Hy sorg vir julle."


A.  Lukas 10:

B.  Handelinge 9:

C.  Markus 13:

D.  Jakobus 2:

E.  1 Petrus 5:


2. “Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is."


A.  Hebreërs 12:

B.  Lukas 20:

C.  Handelinge 17:

D.  Matteus 23:

E.  Romeine 8:


3.  “Vrede laat Ek vir julle na; my vrede gee Ek aan julle. Nie soos die wêreld gee, gee Ek aan julle nie. Laat julle harte nie ontsteld word nie en moenie bang wees nie.”


A.  Openbaring 18:

B.  Handelinge 15:

C.  Lukas 21:

D.  Matteus 10:

E.  Johannes 14:


4.   "As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van God bid, en Hy sal dit aan hom gee, want God gee aan almal sonder voorbehoud en sonder verwyt.  Maar 'n mens moet gelowig bid en nie twyfel nie, want iemand wat twyfel, is soos 'n brander in die see wat deur die wind aangejaag en heen en weer gedryf word."


A.  Kolossense 3:

B.  Romeine 12:

C.  Markus 8:

D.  Hebreërs 10:

E.  Jakobus 1:


5.  "Wees sterk en vol moed; wees nie bevrees en word nie verskrik vir hulle nie; want dit is die Here jou God wat saam met jou trek; Hy sal jou nie begewe of verlaat nie."


A.  Eksodus 38:

B.  Jeremia 30:

C.  Jesaja 52:

D.  Josua 23:

E.  Deuteronomium 31:


6.  "Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee.  Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele; want my juk is sag en my las is lig."


A.  Lukas 13:

B.  Johannes 10:

C.  1 Korintiërs 15:

D.  Markus 7:

E.  Matteus 11:


7.  "Die Here stel nie die vervulling van sy belofte uit nie, al dink party mense so. Nee, Hy is geduldig met julle, omdat Hy nie wil hê dat iemand verlore gaan nie: Hy wil hê dat almal hulle moet bekeer."


A.  Galasiërs 5:

B.  Handelinge 17:

C.  Markus 11:

D.  Romeine 15:

E.  2 Petrus 3:


8.  "Vind jou vreugde in die Here, en Hy sal jou gee wat jou hart begeer."


A.  Psalm 90:

B.  Psalm 55:

C.  Psalm 111:

D.  Psalm 29:

E.  Psalm 37:


9.  " ‘Wie oorwin, sal net so wit klere kry om aan te trek, en Ek sal sy naam nie uit die boekrol van die lewe skrap nie, maar voor my Vader en sy engele oor hom getuig."


A.  Johannes 8:

B.  Handelinge 13:

C.  Hebreërs 7:

D.  Markus 11:

E.  Openbaring 3:


10.  "Laat ons styf vashou aan die hoop wat ons bely, want God is getrou: Hy doen wat Hy beloof het."


A.  Romeine 13:

B.  Handelinge 22:

C.  Lukas 18:

D.  Matteus 25:

E.  Hebreërs 10:


11.  "Het Ek jou nie beveel nie? Wees sterk en dapper. Moenie vrees nie en moenie verskrik wees nie, want die Here jou God is met jou, oral waar jy gaan.”


A.  Nehemia 9:

B.  Eksodus 27:

C.  Numeri 12:

D.  Jeremia 30:

E.  Josua 1:


Spreuke!!

Vind die Bybelverse in:


1.  Spreuke 12:

2.  Spreuke 4:

3.  Spreuke 20:

4.  Spreuke 5:

5.  Spreuke 13:

6.  Spreuke 1:

7.  Spreuke 22:


1.  "maar wie na my luister, sal veilig wees en hoef geen ramp te vrees nie.”


2.  "Gee aandag en luister baie goed na wat die wyse mense sê. Probeer verstaan wat ek jou wil leer."


3.  "Die raad wat wyse mense gee, is soos ’n fontein met water wat lewe gee; as jy dit volg, ontsnap jy die lokvalle van die dood."


4.  "Ware nederigheid en vrees van die Here lei tot rykdom, eer en 'n lang lewe."


5.  "Ek onderrig juis vir jóú vandag sodat jy op die Here kan vertrou."


6.  "Die voetstappe van 'n man hang van die Here af: hoe sou 'n mens dan sy weg verstaan?"


7.  "Die pad van die regverdiges is soos helder oggendlig wat groei en sterker word tot dit heeltemal dag is."


8.  "n Slegte mens se woorde is ’n strik vir homself. Iemand wat reg lewe, ontduik moeilikheid."


9.  "Die Here hou van ’n mens wat goeddoen. Hy het nie tyd vir ’n slinkse mens nie."


10.  "Voor die oë van die Here is die weë van 'n man immers oop en bloot, en al sy paaie hou Hy in die oog."


11.  "Hou vas aan wat ek jou leer, moet dit nie laat los nie; bly daarby, want dit is jou lewe."


Psalms!!

Vind die Bybelverse in:


1.  Psalm 9:

2.  Psalm 10:

3.  Psalm 6:

4.  Psalm 4:

5.  Psalm 18:

6.  Psalm 13:

7.  Psalm 3:

8.  Psalm 22:

9.  Psalm 11:


1.  "Hulp kom net van die Here af.  U laat dit goed gaan met u volk."


2.  "Want die koninklike mag behoort aan die Here. Hy regeer oor al die nasies."


3.  "Maar ek vertrou op u onfeilbare liefde. Ek sal juig omdat U my gered het. Ek sal sing tot eer van die Here, want Hy is goed vir my."


4.  "Die Here ondersoek die regverdiges, maar die goddelose, die wat geweld liefhet, haat Hy met 'n passie."


5.  "Vir die mens wat in gevaar verkeer, is die Here 'n toevlug, 'n skuilplek in tye van nood."


6.  "Want die Here is regverdig; Hy het geregtighede lief; die opregtes sal sy aangesig sien."


7.  "Al my vyande sal beskaamd en baie verslae wees; in ’n oogwink sal hulle beskaamd wees en omdraai."


8.  "Ek sal in vrede gaan lê en slaap, want U alleen, o Here, sal my veilig hou."


9.  "Die Here bly altyd koning, die vyande is uit sy land verdryf."


10.  "Maar U sien die moeilikheid en die smart wat hulle veroorsaak. U let daarop en straf hulle. Die hulpeloses vertrou op U. U beskerm die weeskinders."


11.  "U, Here, hou my lamp aan die brand; my God verander my duisternis in lig."


Bybelnotas!!

Vind die Bybelverse in:


1.  Johannes 14:

2.  Deuteronomium 6:

3.  Johannes 13:

4.  Johannes 4:

5.  Filippense 4:

6.  Efesiërs 2:

7.  Romeine 8:

8.  Romeine 10:

9.  Johannes 8:

10.  Jesaja 9:


1.  "Maar nou is julle een met Christus Jesus. Julle wat vroeër ver van God gelewe het, het nou naby gekom deur die bloed van Christus."


2.  "Daarom is daar nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie."


3.  "Want, "Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word."


4.  "en julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.”


5.  "Want vir ons is 'n Kind gebore, aan ons is 'n Seun gegee, en die heerskappy sal op sy skouers wees. En Hy sal genoem word Wonderbaar Raadsman, Magtige God, Ewige Vader, Vredevors."


6.  "As julle My liefhet, sal julle my opdragte uitvoer."


7.  "Hoor, o Israel! Die HERE onse God, die HERE is een."


8.  "'n Nuwe gebod gee Ek julle: Julle moet mekaar liefhê. Soos Ek julle liefgehad het, so moet julle mekaar liefhê."


9.  "God is Gees, en dié wat Hom aanbid, moet Hom deur die Gees en in waarheid aanbid.”


10.  "Want Ek is tot alles in staat deur Christus, wat my krag gee."


11.  "Redding is nie 'n beloning vir die goeie dinge wat ons gedoen het nie, daarom kan niemand van ons daaroor spog nie. Want ons is God se meesterstuk. Hy het ons nuut geskep in Christus Jesus, sodat ons die goeie dinge kan doen wat Hy lankal vir ons beplan het."


12.  "Dít verseker Ek julle: Wie in My glo, sal ook die dinge doen wat Ek doen; en hy sal nog groter dinge as dit doen, omdat Ek na die Vader toe gaan."


Psalm 91:

  "Hy wat by die Allerhoogste skuiling vind

en die beskerming van die Almagtige geniet,
hy sê vir die Here:
“U is my toevlug en my veilige vesting,
my God op wie ek vertrou.”

Dit is Hy wat jou uit die voëlvanger se wip hou
en jou bewaar van dodelike siekte.

Hy beskut jou onder sy vleuels
en is vir jou 'n veilige skuilplek.
Sy trou beskerm jou aan alle kante.

Jy hoef nie bang te wees vir gevaar in die nag
of vir aanvalle oordag,

vir pes wat in die donker toeslaan
of vir siekte wat helder oordag verwoesting saai nie.


Al val daar duisende langs jou, tienduisende by jou, vir jou sal niks tref nie.  Met jou eie oë sal jy sien hoe die goddelose gestraf word.

Omdat jy die Here as skuilplek geneem het,
die Allerhoogste as jou beskermer,

sal geen onheil jou tref
en geen plaag naby jou woonplek kom nie.

Hy sal sy engele opdrag gee
om jou te beskerm waar jy ook al gaan.

Op hulle hande sal hulle jou dra,
sodat jy nie jou voet teen 'n klip sal stamp nie.

Jy sal oor leeus en adders loop,
leeus en slange sal jy doodtrap.


“Omdat hy My liefhet, sal Ek hom red,”

sê die Here, “omdat hy My ken, sal Ek hom beskerm.
Wanneer hy My aanroep, sal Ek sy gebed verhoor;
in sy nood sal Ek by hom wees,
Ek sal hom red en hom in sy eer herstel.

'n Baie lang lewe sal Ek hom gee
en oor my hulp sal hy hom verbly.”

 

Verlossingsgebed:

 Hemelse Vader, ek erken dat ek 'n sondaar is.  Ek kom na U toe en vra U om my te vergewe vir my sondes.  Ek gee my lewe vir U.  Kom in my lewe en lei my.  Wys my U wil en nie my wil.  In Jesus se Naam.  Amen.


Sodra jy hierdie gebed gebid het, en jou lewe aan Jesus gegee het, stuur asseblief  'n e -pos na:


navrae@weesafktiefvirjesusleefstyl.co.za 


Bekeer julle en laat julle doop! Dit is belangrik om 'n wedergeborene te wees.  Jesus kom gouer soos jy dink!! Wees gereed!! Hou jouself besig met God se werk en nie joune nie!!!

Die sleutel vir die Koninkryk van God - Wedergebore!!

  Wedergebore:


1. Bekering

2. Nooi Jesus in jou lewe

3. Doop 


'n Nuwe Lewe!!


1. Verhouding met die Here

2. Nuwe Persoon

3. Nuwe Leefstyl

4. Vind die regte kerk

5. Studeer en oordink die Woord van God dag en nag.

6. Leef die Woord van God


Om Jesus te volg moet jy gehoorsaam wees in alles wat Hy jou vra om te doen!! Wat is jy bereid om optegee om Jesus te volg?

Thursday, 28 August 2025

Volg:

     Volg:




Volg Wees Aktief vir Jesus op:



https://weesaktiefvirJesus.blogspot.com



EN


www.weesaktiefvirjesusleefstyl.co.za


Aksie Kidz vir Jesus Gear is nou beskikbaar !!

 Aksie Kidz vir Jesus Gear is nou beskikbaar !!


Beskikbaar in Afrikaans. Ook beskikbaar vir volwassenes !!

 

Studiegidse R90 

NotaBoeke R70 

Inkleurboeke R90

Plakkerboeke R190 

Aktiwiteitsboeke R90 

Legkaarte R270

Bekers R170

T-hemde R270 


E-pos: navrae@aksiekidzvirjesus.co.za

navrae@weesafktiefvirjesusleefstyl.co.za







Hoe weet ek ek is in die regte of verkeerde kerk!

   Hoe weet ek ek is in die regte of verkeerde kerk!!Nie elke kerk n, Pastoor sal hemel toe gaan nie!! Jy moet seker maak jy behoort aan 'n kerk wat gevul is met die Heilige Gees. Vra God om jou te help om vir jou die regte kerk te wys!! Dit is baie belangrik om aan die regte kerk te behoort. 'n Kerk waar jy gemaklik is is 'n groot NEE!! Jy moet uitgedaag word in jou geloof. Jou geloof moet groei. 'n Kerk wat gevul is met die Heilige Gees is die regte kerk!  Maak seker jy is ook Wedergebore!! Jy moet jou bekeer en jou lewe vir Jesus gee en gedoop word!! 'n Kerk moet vermy word: 1.  Wanneer die kerk nie gevul is met die Heilige Gees nie.   2.  Te veel leerstellings, soos die normale tradisionele kerke. 3.  Die doop van babas.  Dit is nie Bybels nie.  Jesus was gedoop toe Hy 30 was en nie as 'n baba nie. 4.  Preke  wat gaan oor wat mense wil hoor en nie wat hulle moet hoor nie.  Jy moet ver van hulle af bly!! Fokus nou daarop om die regte kerk te vind. Vra God om vir jou die regte kerk te wys en om deure vir jou oop te maak om daar uit te kom!! Maar dit is van lewensbelang dat jy na die regte kerk moet gaan!! ’n Godsdienstige kerk is groot moeilikheid. Dit gaan jou nie help om in die hemel te kom nie!! Die regte kerk is, wat met die Heilige Gees gevul is, waar jy groei in jou geloof, waar jy uitgedaag word in jou geloof, waar hulle almal van alle ouderdomme doop en gefokus is op die Woord van God alleen!

Volg Kingdom Lifestyle Ministries!!

 


1 Petrus 1:

  "Van Petrus, 'n apostel van Jesus Christus.

Aan die uitverkorenes van God, vreemdelinge in die wêreld, wat verspreid woon in die provinsies Pontus, Galasië, Kappadosië, Asië en Bitinië. Soos God die Vader dit vooraf bestem het, het Hy julle uitverkies en deur die Gees afgesonder om aan Hom gehoorsaam te wees en besprinkel te word met die bloed van Jesus Christus.

Mag daar vir julle genade en vrede in oorvloed wees!

Die lewende hoop en die egte geloof

Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! In sy groot ontferming het Hy ons die nuwe lewe geskenk deur die opstanding van Jesus Christus uit die dood. Nou het ons 'n lewende hoop op die onverganklike, onbesmette en onverwelklike erfenis wat in die hemel ook vir julle in bewaring gehou word. En omdat julle glo, word ook julle deur die krag van God veilig bewaar vir die saligheid wat reeds gereed is om aan die einde van die tyd geopenbaar te word. Verheug julle hieroor, selfs al is dit nodig dat julle 'n kort tydjie bedroef gemaak word deur allerhande beproewings sodat die egtheid van julle geloof getoets kan word. Julle geloof is baie kosbaarder as goud, goud wat vergaan. Selfs die suiwerheid van goud word met vuur getoets, en die egtheid van julle geloof moet ook getoets word, sodat dit lof en heerlikheid en eer waardig mag wees by die wederkoms van Jesus Christus. Hom het julle lief, al het julle Hom nie gesien nie. Deur in Hom te glo, al sien julle Hom nou nie, het julle reeds deel aan die saligheid wat die einddoel van julle geloof is. En dit vervul julle met 'n onuitspreeklike en heerlike blydskap.

Die verlossing reeds deur die profete aangekondig

In verband met hierdie saligheid het die profete, wat die genade verkondig het wat vir julle bestem is, deeglik en noukeurig ondersoek ingestel. Die Gees van Christus wat in hulle was, het vooruit verkondig dat Christus moet ly en daarna verheerlik sal word, en hulle het probeer naspeur wat die tyd en die omstandighede sou wees wat die Gees bedoel het.  Aan hulle is geopenbaar dat wat hulle geprofeteer het, nie vir hulleself bedoel was nie, maar vir julle. Nou het dié wat die evangelie aan julle verkondig het, dit aan julle bekend gemaak deur die Heilige Gees wat van die hemel af gestuur is. Dit is dinge waarin selfs engele begerig is om insig te kry.

Oproep om heilig te lewe

Wees daarom verstandelik wakker en nugter, en vestig julle hoop volkome op die genade wat julle deel sal word by die wederkoms van Jesus Christus. As gehoorsame kinders moet julle nie julle lewe inrig volgens die begeertes wat julle vroeër gehad het toe julle God nie geken het nie. Nee, soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in julle hele lewenswandel heilig wees. Daar staan immers geskrywe: “Wees heilig, want Ek is heilig.”

Losgekoop met die kosbare bloed van Christus

Aangesien julle Hom as Vader aanroep wat oor elke mens onpartydig volgens sy dade oordeel, lewe dan in eerbied vir Hom gedurende die tyd van julle vreemdelingskap in die wêreld. Julle weet tog dat julle nie met verganklike middele soos silwer of goud losgekoop is uit julle oorgeërfde sinlose bestaan nie. Inteendeel, julle is losgekoop met die kosbare bloed van Christus, die Lam wat vlekloos en sonder liggaamsgebrek is. Reeds voor die skepping van die wêreld is Hy hiervoor bestem, maar ter wille van julle het Hy eers in hierdie eindtyd gekom. Deur Hom glo julle in God wat Hom uit die dood opgewek en aan Hom heerlikheid gegee het. Daarom is julle geloof en hoop op God gerig.

Weergebore deur die lewende en ewige woord van God

Noudat julle julle in gehoorsaamheid aan die waarheid gereinig het om mekaar as broers ongeveins lief te hê, moet julle mekaar dan ook van harte en vurig liefhê. Julle is immers weergebore, nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike saad: die lewende en ewige woord van God. Die Skrif sê:

“Die mens is soos gras, en al sy prag soos 'n veldblom; die gras verdor en die blom val af, maar die woord van die Here, dít bly vir ewig.”

En hierdie woord is die evangelie wat aan julle verkondig is."

Gehoorsaamheid aan God!!

Vind die Bybelverse in:


1.  Lukas 8:

2.  Jesaja 43:

3.  Psalm 103:

4.  Spreuke 12:

5.  Psalm 91:

6.  Matteus 10:

7.  Klaagliedere 3:

8.  Psalm 23:

9.  Psalm 56:

10.  Genesis 1:


1.  "Die Here is my herder; ek sal niks kortkom nie. Hy laat my lê in groen weivelde. Hy lei my na waters waar rus is. Hy verkwik my siel. Hy lei my in die spore van geregtigheid, ter wille van sy Naam. Al gaan ek in 'n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie, want U is met my; u stok en u staf, dié vertroos my."


2.  "Toe ek na U geroep het, het U nadergekom en gesê: “Moenie bang wees nie!”


3.  "Moet dus nie vir mense bang wees nie. Daar is niks bedek wat nie openbaar gemaak sal word nie, en niks geheim wat nie bekend sal word nie."


4.  "In God, wie se woord ek prys, in God stel ek my vertroue, ek is nie bang nie. Wat kan 'n blote mens aan my doen?"


5.  "Hierna het die woord van die Here in 'n gesig tot Abram gekom: “Moenie bang wees nie, Abram, Ek beskerm jou! Jou beloning sal baie groot wees."


6.  "Maar Jesus het dit gehoor en sê vir hom: “Moet jou nie ontstel nie. Glo net, en sy sal gered word.”


7.  "Moenie bang wees nie, Ek is by jou. Ek bring jou kinders van die ooste af, Ek maak hulle bymekaar van die weste af."


8.  "Soos 'n vader hom ontferm oor sy kinders, so ontferm die Here Hom oor dié wat Hom dien."


9.  “Is twee mossies nie vir 'n sent te koop nie? En tog sal nie een van hulle op die grond val sonder die wil van julle Vader nie.  Van julle is selfs die hare op julle kop almal getel.  Moet dan nie bang wees nie. Julle is meer werd as baie mossies.”


10.  "Bekommernis druk 'n mens neer; 'n vriendelike woord vrolik hom op."


11.  "Hy wat by die Allerhoogste skuiling vind en die beskerming van die Almagtige geniet, hy sê vir die Here: “U is my toevlug en my veilige vesting, my God op wie ek vertrou.”  Dit is Hy wat jou uit die voëlvanger se wip hou en jou bewaar van dodelike siekte.  Hy beskut jou onder sy vleuels en is vir jou 'n veilige skuilplek. Sy trou beskerm jou aan alle kante.  Jy hoef nie bang te wees vir gevaar in die nag of vir aanvalle oordag, vir pes wat in die donker toeslaan of vir siekte wat helder oordag verwoesting saai nie."


Moenie vrees nie!!

Die Beloftes van God!!

Kies die regte Skrifgedeelte:


1.  "En my God sal in elke behoefte van julle voorsien volgens sy rykdom in heerlikheid in Christus Jesus."


A.  Markus 11:

B.  1 Johannes 5:

C.  Johannes 13:

D.  Kolossense 2:

E.  Filippense 4:


2.  "Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle 'n toekoms gee, 'n verwagting!"


A.  Numeri 35:

B.  Jesaja 52:

C.  Esegiël 20:

D.  Eksodus 33:

E.  Jeremia 29:


3.  "Hierdeur het Hy sy kosbare en grootse beloftes reeds aan ons gegee, sodat julle deel kan kry aan die goddelike natuur, noudat julle ontvlug het aan die verdorwenheid wat deur begeerte in die wêreld teenwoordig is."


A.  Jakobus 5:

B.  Matteus 12:

C.  Hebreërs 8:

D.  Johannes 15:

E.  2 Petrus 1:


4.  "Moenie bang wees nie, Ek is by jou, moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou."


A.  Eksodus 38:

B.  Josua 23:

C.  Jeremia 50:

D.  1 Kronieke 27:

E.  Jesaja 41:


5.  "Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê."


A.  Lukas 8:

B.  Galasiërs 5:

C.  Matteus 12:

D.  Jakobus 1:

E.  Johannes 3:


6.  "Want hoeveel beloftes van God daar ook mag wees, in Hom is hulle ja en in Hom amen, tot heerlikheid van God deur ons."


A.  Handelinge 10:

B.  Romeine 15:

C.  Hebreërs 13:

D.  Lukas 20:

E.  2 Korintiërs 1:


7.  "As ons ons sondes bely, is Hy getrou en regverdig om ons ons sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig."


A.  Titus 3:

B.  Johannes 10:

C.  1 Petrus 5:

D.  Markus 13:

E.  1 Johannes 1:


8.  As jy deur water moet gaan, is Ek by jou, deur riviere, hulle sal jou nie wegspoel nie; as jy deur vuur moet gaan, sal dit jou nie skroei nie, die vlamme sal jou nie brand nie."


A.  1 Samuel 30:

B.  Jeremia 21:

C.  Levitikus 27:

D.  Esegiël 20:

E.  Jesaja 43:


9.  "maar dié wat op die Here vertrou, kry nuwe krag. Hulle vlieg met arendsvlerke, hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle loop en raak nie afgemat nie."


A.  Deuteronomium 28:

B.  Jeremia 50:

C.  1 Samuel 31:

D.  Jesaja 40:

E.  Eksodus 37:


10.  "Geliefdes, hierdie beloftes is ook vir ons. Laat ons ons dan reinig van alles wat liggaam en gees verontreinig, en ons in gehoorsaamheid aan God volkome aan Hom toewy."


A.  Markus 12:

B.  Handelinge 18:

C.  Romeine 15:

D.  Matteus 20:

E.  2 Korintiërs 7:


11.  "Want die Here God is ons son en ons skild. Hy gee ons genade en heerlikheid. Die Here sal geen goeie ding terughou van die wat reg doen nie."


A.  Psalm 55:

B.  Psalm 123:

C.  Psalm 90:

D.  Psalm 111:

E.  Psalm 84:



Lees Efesiërs 6:10-24:

 Efesiërs 6:10-24:


"Die Christen se wapenrusting

Verder nog dit: Soek julle krag in die Here en in sy groot mag. Trek die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle op julle pos kan bly ondanks die listige aanslae van die duiwel. Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen elke mag en gesag, teen elke gees wat heers oor hierdie sondige wêreld, teen elke bose gees in die lug. Trek daarom die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle die stryd tot die einde toe gevoer het, nog op julle pos kan bly staan.

Bly dan op julle pos, toegerus met die waarheid as gordel om julle heupe, die vryspraak deur God as borsharnas, en die bereidheid om die evangelie van vrede te verkondig as skoene aan die voete.  Daarby moet julle altyd geloof as skild in die hand hê, want daarmee sal julle al die brandpyle van die Bose kan afweer.  Sit verlossing as helm op en vat die swaard van die Gees, dit is die woord van God.

Doen dit alles biddend en smeek God by elke geleentheid deur die Gees. Wees waaksaam en bid gedurig vir al die gelowiges. Bid ook vir my dat wanneer ek preek, God my die woorde gee dat ek die geheimenis van die evangelie met vrymoedigheid kan bekend maak. Ter wille van hierdie evangelie is ek 'n gesant in boeie. Bid dat ek dit met vrymoedigheid kan verkondig soos dit my opgelê is.

Slotwoord

Tigikus, die medegelowige wat ek baie liefhet, die getroue dienaar in diens van die Here, sal julle alles vertel, sodat julle ook kan weet hoe dit met my gaan en wat ek doen. Ek stuur hom juis hiervoor na julle toe, sodat julle kan hoor hoe dit hier by ons gaan en, sodat hy die kommer in julle gemoed kan wegneem.

Vrede vir die broers, en liefde en geloof, van God die Vader en die Here Jesus Christus! Die genade sal by almal wees wat vir ons Here Jesus Christus met onverganklike liefde liefhet."


1.  Soek julle krag in die ..................................

2.  Trek die .............................................

3.  Hoekom moet ons die wapenrusting van God aantrek?

4.  Ons stryd is nie teen .........................................

5.  Maar teen ..........................................................

6.  Trek daarom die ................................................

7.  Sodat ......................................................

8.  Wat moet ons doen wanneer ons die stryd tot die einde gevoer het?

9.  Wat is die gordel?

10.  Wat is die borsharnas?

11.  Wat is die skoene?

12.  Wat is die skild?

13.  Wat is die helm?

14.  Wat is die Swaard van die Gees?

15.  Doen dit alles biddend en ........................................

16.  Wees ................................

17.  Bid .............................................


Spreuke!!

Vind die Bybelverse in:


1.  Spreuke 13:

2.  Spreuke 4:

3.  Spreuke 12:

4.  Spreuke 31:

5.  Spreuke 10:

6.  Spreuke 1:

7.  Spreuke 22:

8.  Spreuke 15:

9.  Spreuke 14


1.  "Wie mededeelsaam is, word geseën, want hy gee van sy kos vir arm mense."


2.  "Die vrees van die Here is die beginsel van die kennis; sotte verag wysheid en tug."


3.  "Liewer 'n bietjie in die vrees van die Here , as 'n groot skat en onrus daarby."


4.  "Ware nederigheid en vrees vir die Here lei tot rykdom, eer en 'n lang lewe."


5.  "Gehoorsaamheid aan die Here laat 'n volk sterk staan; sonde bring skande oor 'n volk."


6.  "Wanneer jy saam met wyse mense lewe, dan kry jy self wysheid, wanneer jy vir dwase mense wil sorg, dan word jy ook sleg."


7.  "My kind, jy moet luister wanneer ek praat, jy moet luister na wat ek sê."


8.  "Wie dissipline liefhet, het kennis lief, maar wie teregwysing haat, is dwaas."


9.  "Sy het innerlike krag en waardigheid. Sy is nie bekommerd oor die toekoms nie."


10.  "Die woorde van die regverdige bring lewe en geluk; agter die mooi woorde van die goddeloses steek daar geweld."


11.  "Die Here sal hulle saak verdedig. Hy sal mense wat hulle beroof, weer van húlle lewe beroof."


Psalms!!

Vind die Bybelverse in:


1.  Psalm 3:

2.  Psalm 25:

3.  Psalm 13:

4.  Psalm 5:

5.  Psalm 9:

6.  Psalm 4:

7.  Psalm 7:

8.  Psalm 18:


1.  "My skild is God die Allerhoogste, wat die opregtes van hart red."


2.  Hy lei my na veiligheid , en red my omdat Hy my liefhet.  Die Here beloon my opregtheid; Hy vergoed my onskuld.  Want ek was getrou aan die voorskrifte van die Here ; ek was nie skuldig teenoor my God nie.  Want sy voorskrifte het ek onderhou; en van sy bepalings nie afgewyk nie.  Ek is onskuldig voor Hom; ek het weggebly van sonde."


3.  "God wat die opregtes help, is my beskermer.  God is 'n betroubare regter, 'n God wat altyd die skuldiges straf."


4.  "Die Here is regverdig in al sy handelinge, getrou in alles wat Hy doen.  Die Here is naby almal wat Hom aanroep, almal wat Hom in opregtheid aanroep.  Aan dié wat Hom dien, gee Hy wat hulle vra, Hy hoor as hulle om hulp roep, en Hy red hulle.  Die Here beskerm almal wat Hom liefhet, maar al die goddeloses verdelg Hy.  Ek sal die lof van die Here verkondig. Laat al wat leef, sy heilige Naam vir altyd prys."


5.  "Wys my die regte pad, o Here; wys my die pad om te volg. Lei my deur u waarheid en leer my, want U is die God wat my red. Die hele dag lank hoop ek op U."


6.  "God rus my toe met krag; Hy maak my pad veilig."


7.  "Maar ek vertrou op u onfeilbare liefde. Ek sal juig omdat U my gered het. Ek sal sing tot eer van die Here omdat Hy goed is vir my."


8.  "Hulp kom net van die Here af. U laat dit goed gaan met u volk."


9.  "Omdat ek vyande het, Here, leer my tog wat reg is en help my om u wil te doen."


10. "Ek sal met vreugde vervul wees as gevolg van U. Ek sal lof sing tot u Naam, o Allerhoogste."


11.  "Maar U, Here, is vir my 'n skild aan alle kante; U is my eer, en die Een wat my kop hoog hou."


Bybelnotas!!

Vind die Bybelverse in:


1.  Romeine 1:

2.  1 Johannes 1:

3.  2 Korintiërs 5:

4.  Hebreërs 11:

5.  2 Timoteus 2:

6.  Efesiërs 4:

7.  Johannes 4:

8.  Matteus 11:

9.  Genesis 1:

10.  Romeine 5:


1.  "Die Fariseërs het gehoor dat Jesus meer dissipels maak en doop as Johannes."


2.  "En Hy self het gegee sommige as apostels, sommige as profete, sommige as evangeliste, sommige as herders en leraars, om die heiliges toe te rus vir hulle dienswerk, tot opbouing van die liggaam van Christus, totdat ons almal kom tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun van God, tot 'n volwasse man, tot die mate van die volle wasdom van Christus."


3.  "En dít is die “gawes” wat Hy “gegee het”: apostels, profete, evangeliste, en herders en leraars.  Sy doel daarmee was om die gelowiges toe te rus vir hulle diens en vir die opbou van die liggaam van Christus.  So sal ons uiteindelik almal kom tot die werklike eenheid in ons geloof en in ons kennis van die Seun van God. Dan sal ons, sy kerk, soos 'n volgroeide mens wees, so volmaak en volwasse soos Christus."


4.  “Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee.  Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed.  My juk is sag en my las is lig.”


5.  "Omdat ons dan uit die geloof geregverdig is, het ons vrede met God deur onse Here Jesus Christus."


6.  "So het God die mense na sy beeld geskape; na die beeld van God het Hy hulle geskape; man en vrou het Hy hulle geskape."


7.  "Ek skaam my nie oor die evangelie nie, want dit is 'n krag van God tot redding van elkeen wat glo, in die eerste plek die Jood, maar ook die nie-Jood."


8.  "As ons ons sondes bely, is Hy getrou en regverdig en vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid."


9.  "Daarom, as iemand in Christus is, het die nuwe skepping gekom: die oue is verby, die nuwe is hier!"


10.  "Geloof is om seker te wees van die dinge wat ons hoop en om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie."


11.  "Lê jou daarop toe om jou tot beskikking van God te stel as 'n arbeider wat die goedkeuring van God wegdra, 'n arbeider wat hom vir sy werk nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid suiwer verkondig."


Volg:

               Volg : Volg Wees Aktief vir Jesus op: https://weesaktiefvirJesus.blogspot.com EN www.weesaktiefvirjesusleefstyl.co.za