Saturday, 30 August 2025

Die Beloftes van God!!

Kies die regte Skrifgedeelte:


1.  "Werp al julle bekommernisse op Hom, want Hy sorg vir julle."


A.  Lukas 10:

B.  Handelinge 9:

C.  Markus 13:

D.  Jakobus 2:

E.  1 Petrus 5:


2. “Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is."


A.  Hebreërs 12:

B.  Lukas 20:

C.  Handelinge 17:

D.  Matteus 23:

E.  Romeine 8:


3.  “Vrede laat Ek vir julle na; my vrede gee Ek aan julle. Nie soos die wêreld gee, gee Ek aan julle nie. Laat julle harte nie ontsteld word nie en moenie bang wees nie.”


A.  Openbaring 18:

B.  Handelinge 15:

C.  Lukas 21:

D.  Matteus 10:

E.  Johannes 14:


4.   "As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van God bid, en Hy sal dit aan hom gee, want God gee aan almal sonder voorbehoud en sonder verwyt.  Maar 'n mens moet gelowig bid en nie twyfel nie, want iemand wat twyfel, is soos 'n brander in die see wat deur die wind aangejaag en heen en weer gedryf word."


A.  Kolossense 3:

B.  Romeine 12:

C.  Markus 8:

D.  Hebreërs 10:

E.  Jakobus 1:


5.  "Wees sterk en vol moed; wees nie bevrees en word nie verskrik vir hulle nie; want dit is die Here jou God wat saam met jou trek; Hy sal jou nie begewe of verlaat nie."


A.  Eksodus 38:

B.  Jeremia 30:

C.  Jesaja 52:

D.  Josua 23:

E.  Deuteronomium 31:


6.  "Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee.  Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele; want my juk is sag en my las is lig."


A.  Lukas 13:

B.  Johannes 10:

C.  1 Korintiërs 15:

D.  Markus 7:

E.  Matteus 11:


7.  "Die Here stel nie die vervulling van sy belofte uit nie, al dink party mense so. Nee, Hy is geduldig met julle, omdat Hy nie wil hê dat iemand verlore gaan nie: Hy wil hê dat almal hulle moet bekeer."


A.  Galasiërs 5:

B.  Handelinge 17:

C.  Markus 11:

D.  Romeine 15:

E.  2 Petrus 3:


8.  "Vind jou vreugde in die Here, en Hy sal jou gee wat jou hart begeer."


A.  Psalm 90:

B.  Psalm 55:

C.  Psalm 111:

D.  Psalm 29:

E.  Psalm 37:


9.  " ‘Wie oorwin, sal net so wit klere kry om aan te trek, en Ek sal sy naam nie uit die boekrol van die lewe skrap nie, maar voor my Vader en sy engele oor hom getuig."


A.  Johannes 8:

B.  Handelinge 13:

C.  Hebreërs 7:

D.  Markus 11:

E.  Openbaring 3:


10.  "Laat ons styf vashou aan die hoop wat ons bely, want God is getrou: Hy doen wat Hy beloof het."


A.  Romeine 13:

B.  Handelinge 22:

C.  Lukas 18:

D.  Matteus 25:

E.  Hebreërs 10:


11.  "Het Ek jou nie beveel nie? Wees sterk en dapper. Moenie vrees nie en moenie verskrik wees nie, want die Here jou God is met jou, oral waar jy gaan.”


A.  Nehemia 9:

B.  Eksodus 27:

C.  Numeri 12:

D.  Jeremia 30:

E.  Josua 1:


Volg:

      Volg : Volg Wees Aktief vir Jesus op: https://weesaktiefvirJesus.blogspot.com EN www.weesaktiefvirjesusleefstyl.co.za