Vind die Bybelverse in:
1. Jesaja 11:
2. Lukas 11:
3. 2 Korinthiërs 3:
4. Johannes 16:
5. Johannes 14:
6. Galasiërs 5:
7. Romeine 8:
8. Handelinge 2:
9. 1 Korinthiërs 6:
10. Handelinge 1:
1. "en wanneer die Vader in my Naam die Voorspraak, die Heilige Gees, stuur, sal Hy julle alles leer en julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het."
2. "Die Gees staan ons ook in ons swakheid by: ons weet nie wat en hoe ons behoort te bid nie, maar die Gees self pleit vir ons met versugtinge wat nie met woorde gesê word nie."
3. "Die vrug van die Gees, daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing. Teen sulke dinge het die wet niks nie."
4. "En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang."
5. "Of besef julle nie dat julle liggaam 'n tempel van die Heilige Gees is nie? Julle het die Heilige Gees, wat in julle woon, van God ontvang, en julle behoort nie aan julleself nie: julle is gekoop, en die prys is betaal. Julle moet God dus in julle liggaam verheerlik."
6. "Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.”
7. "Die Gees van die Here sal op hom rus: die Gees wat wysheid en insig gee, die Gees wat raad en sterkte gee, die Gees wat kennis verleen en eerbied vir die Here."
8. “As julle My liefhet, sal julle my opdragte uitvoer. Ek sal die Vader vra, en Hy sal vir julle 'n ander Voorspraak stuur om vir ewig by julle te wees, naamlik die Gees van die waarheid. Die wêreld kan Hom nie ontvang nie, omdat hulle Hom nie sien en Hom nie ken nie. Maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees."
9. "As julle wat sleg is, dan weet om vir julle kinders goeie dinge te gee – die Vader in die hemel nog baie meer! Hy sal die Heilige Gees gee vir dié wat vra.”
10. "Die Here is die Gees, en waar die Gees van die Here is, daar is vryheid."
11. "Ek het nog baie dinge om vir julle te sê, maar julle kan dit nie nou ontvang nie, maar wanneer Hy, die Gees van die Waarheid, gekom het, sal Hy julle in die hele waarheid lei, want Hy sal nie uit Homself praat nie, maar alles wat Hy hoor, sal Hy sê en die toekoms aan julle openbaar. Hy sal My vereer en loof omdat Hy, uit wat aan My behoort sal vat en aan julle sal wys. Alles wat My Vader het, is Myne; daarom het Ek gesê dat Hy dit sal vat uit wat aan My behoort en aan julle wys."