Tuesday, 12 August 2025

Gehoorsaamheid aan God!!

Kies die regte Skrifgedeelte:


1.  “Nie elkeen wat vir My sê: ‘Here, Here,’ sal in die koninkryk van die hemel ingaan nie, maar net hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemel is."


A.  Markus 12:

B.  Romeine 15:

C.  Matteus 7:

D.  Handelinge 23:

E.  Johannes 18:


2.  "Wie my opdragte het en dit uitvoer – dit is hy wat My liefhet. En wie My liefhet, hóm sal my Vader liefhê, en Ek sal hom ook liefhê en My aan hom openbaar.”


A.  Openbaring 18:

B.  Matteus 25:

C.  Lukas 21:

D.  Handelinge 27:

E.  Johannes 14:


3.  "Bestudeer hierdie instruksieboek gedurig. Dink dag en nag daaroor na, sodat jy alles wat daarin geskryf staan, sal gehoorsaam. Slegs dan sal jy voorspoedig wees en suksesvol wees in alles wat jy doen."


A.  Daniël 7:

B.  Esegiël 23:

C.  Jesaja 11:

D.  Deuteronomium 18:

E.  Josua 1:


4.  "As julle dan nou na my stem luister en my verbond nakom, sal julle my kosbare besitting onder al die volke wees, want die hele aarde is myne."


A.  Deuteronomium 23:

B.  Josua 15:

C.  Jeremia 30:

D.  Jesaja 10:

E.  Eksodus 19:


5.  "As gehoorsame kinders moet julle nie julle lewe inrig volgens die begeertes wat julle vroeër gehad het toe julle God nie geken het nie."


A.  Lukas 7:

B.  Markus 11:

C.  1 Petrus 1:

D.  Hebreërs 13:

E.  Jakobus 5:


6.   "En dit is die liefde: dat ons volgens sy gebooie wandel; dit is die gebod soos julle van die begin af gehoor het, sodat julle daarin moet wandel."


A.  Filippense 3:

B.  Handelinge 17:

C.  Johannes 10:

D.  Lukas 15:

E.  2 Johannes 1:


7.  "Petrus en die ander apostels het geantwoord: “'n Mens moet eerder aan God gehoorsaam wees as aan mense!"


A.  Romeine 10:

B.  Matteus 19:

C.  1 Korintiërs 12:

D.  Johannes 20:

E.  Handelinge 5:


8.  "Hoewel Hy die Seun was, het Hy deur alles wat Hy gely het, geleer wat gehoorsaamheid is."


A.  Lukas 12:

B.  Openbaring 20:

C.  Johannes 17:

D.  Handelinge 23:

E.  Hebreërs 5:


9.   "Die wapens van ons stryd is nie die wapens van die mens nie, maar die kragtige wapens van God wat vestings kan vernietig. Daarmee vernietig ons die redenasies en elke hooghartige aanval wat teen die kennis van God gerig word. Ons neem elke gedagte gevange om dit aan Christus gehoorsaam te maak."


A.  Matteus 15:

B.  Handelinge 11:

C.  Openbaring 20:

D.  Markus 7:

E.  2 Korintiërs 10:


10.   "Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is."


A.  Lukas 13:

B.  Matteus 22:

C.  Johannes 18:

D.  Handelinge 27:

E.  Romeine 8:


11.  "En nou doen ek 'n beroep op julle, broers, op grond van die groot ontferming van God: Gee julleself aan God as lewende en heilige offers wat vir Hom aanneemlik is. Dit is die wesenlike van die godsdiens wat julle moet beoefen."


A.  Handelinge 17:

B.  Johannes 10:

C.  Lukas 20:

D.  Markus 9:

E.  Romeine 12:


Volg:

      Volg : Volg Wees Aktief vir Jesus op: https://weesaktiefvirJesus.blogspot.com EN www.weesaktiefvirjesusleefstyl.co.za