Tuesday, 12 August 2025

Moenie vrees nie!!

Kies die regte Skrifgedeelte:


1.  "Die Here is aan my kant; ek sal nie vrees nie. Wat kan 'n mens aan my doen?"


A.  Psalm 122:

B.  Psalm 81:

C.  Psalm 137:

D.  Psalm 90:

E.  Psalm 118:


2.  "Onderwerp julle daarom in nederigheid aan die kragtige hand van God, sodat Hy julle kan verhoog op die tyd wat Hy bestem het."


A.  Lukas 8:

B.  Handelinge 13:

C.  Johannes 11:

D.  Matteus 19:

E.  1 Petrus 5:


3.  Luister, so sê die Here wat jou geskep het, Jakob, wat jou gevorm het, Israel: Moenie bang wees nie, Ek verlos jou, Ek het jou op jou naam geroep, jy is Myne."


A.  Deuteronomium 30:

B.  Jeremia 21:

C.  Esegiël 37:

D.  Eksodus 29:

E.  Jesaja 43:


4.  "Die Gees wat aan julle gegee is, maak julle nie tot slawe nie en laat julle nie weer in vrees lewe nie; nee, julle het die Gees ontvang wat julle tot kinders van God maak en wat ons tot God laat roep: “Abba!” Dit beteken Vader."


A.  Markus 12:

B.  Johannes 17:

C.  Lukas 15:

D.  Handelinge 21:

E.  Romeine 8:


5.  "Sê aan die wat vervaard is van hart: Wees sterk, wees nie bevrees nie! Kyk, julle God kom met wraak, met goddelike vergelding; Hy self sal kom en julle verlos."


A.  Eksodus 27:

B.  Genesis 15:

C.  Deuteronomium 20:

D.  Numeri 13:

E.  Jesaja 35:


6.  "Maar selfs as julle sou ly omdat julle doen wat reg is, moet julle dit as 'n voorreg beskou. Moenie vir mense bang wees of julle laat afskrik nie."


A.  Jakobus 5:

B.  Matteus 18:

C.  Handelinge 12:

D.  Lukas 15:

E.  1 Petrus 3:


7.  "As ek bang is, vertrou ek op U. In God wie se woord ek prys, in God vertrou ek; ek sal nie bang wees nie." "Wat kan vlees aan my doen?"


A.  Psalm 90:

B.  Psalm 81:

C.  Psalm 111:

D.  Psalm 37:

E.  Psalm 56:


8.  "Die vrees vir die mens span 'n strik, maar hy wat op die Here vertrou, is veilig."


A.  Josua 20:

B.  Jesaja 15:

C.  Psalm 90:

D.  Jeremia 22:

E.  Spreuke 29:


9.  "Dit is die Here wat voor jou uitgaan. Hy sal met jou wees; Hy sal jou nie verlaat of in die steek laat nie. Moenie vrees of verskrik wees nie."


A.  Eksodus 27:

B.  2 Kronieke 20:

C.  Esegiël 39:

D.  Jesaja 25:

E.  Deuteronomium 31:


10.  "So kan ons met vertroue sê: “Die Here is my helper; ek sal nie vrees nie; wat kan 'n mens aan my doen?”


A.  Lukas 17:

B.  Matteus 25:

C.  Openbaring 20:

D.  Handelinge 28:

E.  Hebreërs 13:


11.  "Moenie bang wees nie, klein kuddetjie, want dit was die wil van julle Vader om die koninkryk aan julle te gee."


A.  Markus 15:

B.  Handelinge 23:

C.  1 Korintiërs 10:

D.  Matteus 28:

E.  Lukas 12:


Volg:

      Volg : Volg Wees Aktief vir Jesus op: https://weesaktiefvirJesus.blogspot.com EN www.weesaktiefvirjesusleefstyl.co.za