Sunday, 17 August 2025

Moenie vrees nie!!

 Kies die regte Skrifgedeelte:


1.  "Werp al julle bekommernisse op Hom, want Hy sorg vir julle."


A.  Johannes 10:

B.  Matteus 7:

C.  Handelinge 13:

D.  Kolossense 1:

E.  1 Petrus 5:


2.  "Moenie bang wees vir dié wat die liggaam doodmaak, maar die siel nie kan doodmaak nie. Nee, vrees Hom eerder wat sowel die liggaam as die siel in die hel kan laat vergaan."


A.  Lukas 13:

B.  Johannes 17:

C.  Matteus 10:

D.  Handelinge 23:

E.  Romeine 15:


3.  "Moenie vir hulle bang wees nie. Die Here julle God sal vir julle veg."


A.  Eksodus 8:

B.  Jesaja 23:

C.  Josua 12:

D.  Esegiël 27:

E.  Deuteronomium 3:


4.  "Moet julle daarom nie oor môre bekommer nie. Môre sal sy eie bekommernisse bring. Vandag se moeilikhede is vir een dag heeltemal genoeg.”


A.  Handelinge 11:

B.  Johannes 17:

C.  Markus 10:

D.  Romeine 15:

E.  Matteus 6:


5.  "Hiervan is ek oortuig: geen dood of lewe of engele of magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here."


A.  Hebreërs 12:

B.  1 Petrus 5:

C.  Matteus 17:

D.  1 Timoteus 3:

E.  Romeine 8:


6.  "Toe antwoord Moses die volk: Wees nie bevrees nie, want God het gekom om julle te beproef en dat sy vrees voor julle oë mag wees, sodat julle nie sondig nie."


A.  Deuteronomium 30:

B.  Levitikus 25:

C.  Jesaja 51:

D.  Jeremia 13:

E.  Eksodus 20:


7.   “Het Ek jou nie beveel nie: Wees sterk en vol moed, wees nie bevrees of verskrik nie; want die Here jou God is met jou, oral waar jy heengaan."


A.  Eksodus 7:

B.  1 Kings 13:

C.  Josua 1:

D.  Numbers 20:

E.  Jesaja 12:


8. "Maar dadelik, toe Jesus die woord hoor wat gespreek is, sê Hy vir die owerste van die sinagoge: Moenie vrees nie; glo net."


A.  Johannes 10:

B.  Romeine 15:

C.  Lukas 13:

D.  Matteus 21:

E.  Markus 5:


9.   "Moet oor niks bekommerd wees nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God."


A.  Johannes 8:

B.  Jakobus 5:

C.  Romeine 11:

D.  Galasiërs 2:

E.  Filippense 4:


10.  "Dawid het vir sy seun Salomo gesê: “Wees sterk, staan vas, begin die werk! Moenie bang wees nie en moenie besorg wees nie, want God die Here, my God, is by jou. Hy sal jou nie aan jouself oorlaat of jou verlaat nie, sodat jy al die werk vir die diens in sy huis kan afhandel."


A.  Josua 12:

B.  Numeri 35:

C.  Deuteronomium 20:

D.  Jesaja 51:

E.  1 Kronieke 28:


11.  "Mag God, die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat julle hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees!"


A.  Openbaring 20:

B.  Handelinge 23:

C.  Johannes 10:

D.  Matteus 27:

E.  Romeine 15:


Volg:

      Volg : Volg Wees Aktief vir Jesus op: https://weesaktiefvirJesus.blogspot.com EN www.weesaktiefvirjesusleefstyl.co.za