1. "Laat almal wat U soek, in U vrolik en bly wees; laat die liefhebbers van u heil altyddeur sê: Groot is die HERE!"
A. Psalm 77:
B. Psalm 120:
C. Psalm 90:
D. Psalm 40:
E. Psalm 31:
2. "o God, U is my God, U soek ek; my siel dors na U, my vlees smag na U, in ‘n dor en uitgedroogde land, sonder water."
A. Psalm 113:
B. Psalm 37:
C. Psalm 3:
D. Psalm 70:
E. Psalm 63:
3. "Vra na die HERE en sy sterkte; soek sy aangesig altyddeur."
A. Psalm 133:
B. Psalm 30:
C. Psalm 145:
D. Psalm 105:
E. Psalm 77:
4. "Goed is die HERE vir die wat op Hom hoop, vir die siel wat Hom soek.'
A. Spreuke 20:
B. Esegiël 30:
C. Jeremia 57:
D. Amos 7:
E. Klaagliedere 3:
5. "Ek soek U met my hele hart; laat my nie afdwaal van u gebooie nie."
A. Psalm 125:
B. Psalm 70:
C. Psalm 128;
D. Psalm 90:
E. Psalm 119:
6. "Soek die HERE, o alle ootmoediges van die land, wat sy ordening onderhou; soek geregtigheid, soek ootmoedigheid—miskien sal julle verborge bly op die dag van die toorn van die HERE."
A. Jeremia 51:
B. Esegiël 33:
C. Jesaja 20:
D. Sefanja 2:
E. Amos 8:
7. "En Ek sê vir julle: Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word. Want elkeen wat bid, ontvang; en hy wat soek, vind; en vir hom wat klop, sal oopgemaak word."
A. Romeine 13:
B. Markus 10:
C. 1 Tessalonisense 3:
D. Jakobus 5:
E. Lukas 11:
8. "Welgeluksalig is die wat sy getuienisse bewaar, Hom van ganser harte soek; ook geen ongeregtigheid doen nie, maar in sy weë wandel."
A. Psalm 33:
B. Psalm 140:
C. Psalm 110:
D. Psalm 119:
E. Psalm 50:
9. "Soek die HERE terwyl Hy nog te vinde is; roep Hom aan terwyl Hy naby is. Laat die goddelose sy weg verlaat en die kwaaddoener sy gedagtes; en laat hy hom tot die HERE bekeer, dan sal Hy hom barmhartig wees; en tot onse God, want Hy vergeef menigvuldiglik."
A. Amos 1:
B. Jeremia 30:
C. Sagaria 7:
D. Josua 11:
E. Jesaja 55:
10. "En wie sy kruis nie neem en agter My volg nie, is My nie waardig nie. Wie sy lewe vind, sal dit verloor; en wie sy lewe verloor om My ontwil, sal dit vind."
A. Galasiërs 5:
B. Handelinge 20:
C. Johannes 18:
D. 2 Petrus 2:
E. Matteus 10: