Tuesday, 27 May 2025

Volg:

 Volg:



Volg Wees Aktief vir Jesus op:



https://weesaktiefvirJesus.blogspot.com

EN

www.weesaktiefvirjesusleefstyl.co.za


Aksie Kidz vir Jesus Gear is nou beskikbaar !!

 Aksie Kidz vir Jesus Gear is nou beskikbaar !!


Beskikbaar in Afrikaans. Ook beskikbaar vir volwassenes !!

 

Studiegidse R90 

NotaBoeke R70 

Inkleurboeke R90

Plakkerboeke R190 

Aktiwiteitsboeke R90 

Legkaarte R270

Bekers R170

T-hemde R270 


E-pos: navrae@aksiekidzvirjesus.co.za

navrae@weesafktiefvirjesusleefstyl.co.za







Hoe weet ek ek is in die regte of verkeerde kerk!!

 Hoe weet ek ek is in die regte of verkeerde kerk!!Nie elke kerk n, Pastoor sal hemel toe gaan nie!! Jy moet seker maak jy behoort aan 'n kerk wat gevul is met die Heilige Gees. Vra God om jou te help om vir jou die regte kerk te wys!! Dit is baie belangrik om aan die regte kerk te behoort. 'n Kerk waar jy gemaklik is is 'n groot NEE!! Jy moet uitgedaag word in jou geloof. Jou geloof moet groei. 'n Kerk wat gevul is met die Heilige Gees is die regte kerk!  Maak seker jy is ook Wedergebore!! Jy moet jou bekeer en jou lewe vir Jesus gee en gedoop word!! 'n Kerk moet vermy word: 1.  Wanneer die kerk nie gevul is met die Heilige Gees nie.   2.  Te veel leerstellings, soos die normale tradisionele kerke. 3.  Die doop van babas.  Dit is nie Bybels nie.  Jesus was gedoop toe Hy 30 was en nie as 'n baba nie. 4.  Preke  wat gaan oor wat mense wil hoor en nie wat hulle moet hoor nie.  Jy moet ver van hulle af bly!! Fokus nou daarop om die regte kerk te vind. Vra God om vir jou die regte kerk te wys en om deure vir jou oop te maak om daar uit te kom!! Maar dit is van lewensbelang dat jy na die regte kerk moet gaan!! ’n Godsdienstige kerk is groot moeilikheid. Dit gaan jou nie help om in die hemel te kom nie!! Die regte kerk is, wat met die Heilige Gees gevul is, waar jy groei in jou geloof, waar jy uitgedaag word in jou geloof, waar hulle almal van alle ouderdomme doop en gefokus is op die Woord van God alleen!

Belangrike Kennisgewing!!

  Bekeer julle en laat julle doop! Dit is belangrik om 'n wedergeborene te wees.  Jesus kom gouer soos jy dink!! Wees gereed!! Hou jouself besig met God se werk en nie joune nie!!!

Romeine 8:

 "Daar is dus nou geen veroordeling vir dié wat in Christus Jesus is nie. Die wet van die Gees wat aan jou in Christus Jesus die lewe gee, het jou vrygemaak van die wet van sonde en dood. Wat die wet nie by magte was om te doen nie, omdat dit weens ons sondige natuur te swak was, dit het God gedoen. Hy het met die sonde afgereken deur sy eie Seun in dieselfde gestalte as die sondige mens te stuur; so het Hy die sonde in die sondige bestaan van die mens veroordeel. Nou kan ons aan die eise van die wet voldoen, óns wat ons lewe nie deur ons sondige natuur laat beheers nie, maar deur die Gees. Dié wat hulle deur hulle sondige natuur laat beheers, hou hulle besig met die dinge van die sondige natuur, maar dié wat hulle deur die Gees laat beheers, hou hulle besig met die dinge van die Gees. Die dinge waarmee die sondige natuur van die mens hom besig hou, loop uit op die dood, maar die dinge waarmee die Gees Hom besig hou, bring lewe en vrede. Die dinge waarmee die sondige natuur van die mens hom besig hou, is immers vyandskap teen God. Die sondige natuur onderwerp hom nie aan die wet van God nie, dit kan trouens ook nie. Dié wat hulle deur hulle sondige natuur laat beheers, kan nie die wil van God doen nie.

Julle word egter nie deur julle sondige natuur beheers nie, maar deur die Gees, want die Gees van God woon in julle. As iemand die Gees van Christus nie het nie, behoort hy nie aan Christus nie. Omdat Christus in julle is, gee die Gees aan julle die lewe op grond van God se vryspraak, hoewel die liggaam vir die dood bestem is as gevolg van die sonde. Omdat die Gees van Hom deur wie Jesus uit die dood opgewek is, in julle woon, sal Hy deur wie Christus uit die dood opgewek is, ook julle sterflike liggame lewend maak deur sy Gees wat in julle woon.

Daarom dan, broers, staan ons onder 'n verpligting, maar nie teenoor ons sondige natuur om daarvolgens te lewe nie. As julle julle lewe deur die sondige natuur laat beheers, gaan julle die dood tegemoet, maar as julle deur die Gees 'n einde maak aan julle sondige praktyke, sal julle lewe. Almal wat hulle deur die Gees van God laat lei, is kinders van God. Die Gees wat aan julle gegee is, maak julle nie tot slawe nie en laat julle nie weer in vrees lewe nie; nee, julle het die Gees ontvang wat julle tot kinders van God maak en wat ons tot God laat roep: “Abba!” Dit beteken Vader. Hierdie Gees getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is. En omdat ons kinders is, is ons ook erfgename. Ons is erfgename van God, erfgename saam met Christus. Aangesien ons deel het aan sy lyding, sal ons ook deel hê aan sy heerlikheid.

Die heerlikheid wat kom

Ek is daarvan oortuig dat die lyding wat ons nou moet verduur, nie opweeg teen die heerlikheid wat God vir ons in die toekoms sal laat aanbreek nie. Die skepping sien met gespanne verwagting daarna uit dat God bekend sal maak wie sy kinders is. Die skepping is immers nog aan verydeling onderworpe, nie uit eie keuse nie, maar omdat God dit daaraan onderwerp het. Daarby het Hy die belofte van hoop gegee: die skepping sal self ook bevry word van sy verslawing aan die verganklikheid, om so tot die vryheid te kom van die heerlikheid waaraan die kinders van God deel sal hê. Ons weet dat die hele skepping tot nou toe sug in die pyne van verwagting. En nie net die skepping nie, maar ook ons wat die Gees ontvang het as die eerste gawe van God, ons sug ook. Ons sien daarna uit dat God sal bekend maak dat Hy ons as sy kinders aangeneem het: Hy sal ons van die verganklikheid bevry. Ons is immers gered, en ons het nou hierdie hoop. Wat 'n mens al sien, hoop jy tog nie meer nie. Wie hoop nog op wat hy reeds sien? Maar as ons hoop op wat ons nie sien nie, wag ons daarop met volharding.

Die Gees staan ons ook in ons swakheid by: ons weet nie wat en hoe ons behoort te bid nie, maar die Gees self pleit vir ons met versugtinge wat nie met woorde gesê word nie.  En God, wat die harte deurgrond, weet wat die bedoeling van die Gees is, want Hy pleit, volgens die wil van God, vir die gelowiges. Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is. Dié wat Hy lank tevore verkies het, het Hy ook bestem om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, sodat sy Seun baie broers kan hê van wie Hy die Eerste is. Dié wat Hy daartoe bestem het, het Hy ook geroep. En dié wat Hy geroep het, het Hy ook vrygespreek. En dié wat Hy vrygespreek het, het Hy ook verheerlik.

Niks kan ons van die liefde van Christus skei nie

Wat is nou ons gevolgtrekking oor al hierdie dinge? Dít: God is vír ons, wie kan dan teen ons wees? Hy het sy eie Seun nie gespaar nie, maar Hom oorgelewer om ons almal te red. Sal Hy ons dan nie al die ander dinge saam met Hom uit genade skenk nie?

Wie kan die uitverkorenes van God aankla? God self spreek hulle vry. Wie kan ons veroordeel? Christus Jesus het gesterf, maar meer as dit: Hy is uit die dood opgewek, Hy sit aan die regterhand van God, Hy pleit vir ons.

Wie kan ons van die liefde van Christus skei? Lyding of benoudheid of vervolging, honger of naaktheid, gevaar of swaard? Daar staan immers geskrywe:

“Dit is oor U dat die dood ons dag vir dag bedreig, dat ons soos slagskape behandel word.”

Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat vir ons liefhet. Hiervan is ek oortuig: geen dood of lewe of engele of magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here."

Romeine 7:

"Bevry van die wet en in diens van God, diensbaar aan Christus

Julle weet, broers – en ek praat met mense wat op hoogte is van die wet van Moses – dat die wet gesag het oor 'n mens so lank as hy lewe. Die getroude vrou, byvoorbeeld, is deur die wet aan haar man gebind so lank as hy lewe. As haar man te sterwe kom, is sy onthef van die wet wat haar aan haar man gebind het. Maar as sy 'n ander man se vrou word so lank as haar man lewe, sal sy as 'n egbreekster beskou word. As haar man gesterf het, is sy egter vry van die wet en is sy nie 'n egbreekster as sy 'n ander man se vrou word nie. Dit is ook die geval met julle, my broers. Deur julle verbondenheid met die liggaam van Christus het julle gesterwe en staan julle nie meer onder die wet nie. Julle behoort nou aan iemand anders, aan Hom wat uit die dood opgewek is. Daarom moet ons nou 'n vrugbare lewe lei in diens van God. Toe ons nog 'n sondige lewensbestaan gevoer het, was die sondige hartstogte wat deur die wet wakker gemaak is, in elke deel van ons liggame werksaam en het ons vrugte gedra in diens van die dood. Maar nou is ons vrygemaak van die wet, want ons het gesterf en staan nie meer onder die wet waardeur ons gebind was nie. Nou kan ons dien in die nuwe bedeling van die Gees, nie in die ou bedeling van wetsvoorskrifte nie.

Die wet en die sonde

Wat is dan ons gevolgtrekking? Dat die wet van Moses sonde is? Beslis nie. Inteendeel, ek sou nie geweet het wat sonde is nie, as dit nie deur die wet was nie. Ek sou byvoorbeeld nie geweet het dat dit sonde is om te begeer nie as die wet nie gesê het: “Jy mag nie begeer nie.” Maar deur hierdie gebod het die sonde 'n vastrapplek gekry en elke soort begeerte in my aan die gang gesit, want sonder die wet is die sonde dood. Voorheen, toe die wet nie daar was nie, het ek gelewe, maar toe die gebod gekom het, het die sonde begin lewe,  en ek het gesterwe. Dit het geblyk dat die gebod wat bedoel was om vir my die lewe te bring, vir my die dood beteken. Die sonde wat deur die gebod 'n vastrapplek gekry het, het my deur die gebod mislei en my doodgemaak.

Die wet is dus heilig, en sy voorskrifte is heilig en reg en goed.

Beteken dit dat iets wat goed is, vir my die dood gebring het? Beslis nie. Inteendeel, die sonde het vir my die dood gebring. Dit het die sonde gedoen deur iets wat goed is, sodat die sonde in sy ware aard as sonde bekend sou word en dit deur die gebod sou blyk hoe skrikwekkend die sonde werklik is. Ons weet tog die wet is geestelik, maar ek is aards en soos 'n slaaf aan die sonde verkoop. Ek begryp self nie wat ek doen nie, want wat ek wil doen, dit doen ek nie, maar wat ek haat, juis dit doen ek. Dat ek nie wil doen wat ek doen nie, beteken dat ek toegee dat die wet goed is.

Maar nou is dit nie meer ek wat dit doen nie, maar die sonde wat in my woon. Ek weet immers dat die goeie nie in my woon nie, nie in my sondige aard nie. Daar is by my wel die wil om die goeie te doen, maar ek doen dit nie. Die goeie wat ek wil doen, doen ek nie, maar die slegte wat ek nie wil doen nie, dit doen ek. En as ek nou doen wat ek nie wil doen nie, dan is dit nie meer ek wat dit doen nie, maar die sonde wat in my woon.

So vind ek dan hierdie wet in my: ek wil die goeie doen, maar al wat ek doen, is die slegte. Diep in my wese vind ek vreugde in die wet van God, maar ek vind in my doen en late 'n ander wet, wat stryd voer teen die wet van my gees. Dit maak my 'n gevangene van die wet van die sonde wat in my doen en late aan die werk is.

Ek, ellendige mens! Wie sal my van hierdie doodsbestaan verlos? Aan God die dank! Hy doen dit deur Jesus Christus ons Here.

So is dit dus met my gesteld: met my gees dien ek die wet van God, maar in my doen en late die wet van die sonde."

Fokus en hou jou oë op Jesus!!

Vind die Bybelverse in:


1. Filippense 2:

2. Johannes 20:

3. Efesiërs 2:

4. Romeine 15:

5. 1 Korintiërs 15:

6. Johannes 8:

7. Hebreërs 2:

8. Jesaja 7:

9. Openbaring 17:

10. Kolossense 2:


1.  "Op 'n ander keer het Jesus vir die mense gesê: “Ek is die lig vir die wêreld. Wie My volg, sal nooit in die duisternis lewe nie, maar sal die lig hê wat lewe gee.”


2.  "Daarom sal die Here self vir julle 'n teken gee. Kyk, die maagd sal swanger word en 'n seun baar, en sy sal hom Immanuel noem."


3.  "Omdat God se kinders mense is—gemaak van vlees en bloed—het die Seun ook vlees en bloed geword. Want slegs as 'n mens kon Hy sterf, en slegs deur te sterf kon Hy die mag van die duiwel breek, wat die mag van die dood gehad het."


4.  "Want in Christus woon al die volheid van God in 'n menslike liggaam."


5.  "Hulle sal oorlog voer teen die Lam, en die Lam sal hulle oorwin, want Hy is die Here van die here en die Koning van die konings, en die wat saam met Hom is, geroepe en uitverkore en getrou."


6.  "maar Hy het Homself verneder deur die gestalte van 'n slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word. En toe Hy as mens verskyn het, het Hy Homself verder verneder. Hy was gehoorsaam tot in die dood, ja, die dood aan die kruis.  Daarom het God Hom ook tot die hoogste eer verhef en Hom die Naam gegee wat bo elke naam is, sodat in die Naam van Jesus elkeen wat in die hemel en op die aarde en onder die aarde is, die knie sou buig, en elke tong sou erken: “Jesus Christus is Here!” tot eer van God die Vader."


7.  "Tomas antwoord Hom: “My Here en my God!”


8.  "Want uit genade is julle gered, deur die geloof. En dit is nie julle eie werk nie: dit is die gawe van God; nie uit werke nie, sodat niemand kan roem nie."


9.  "In Christus Jesus het ek dan rede om trots te wees op my werk vir God."


10. "Jesus het vir hulle gesê: “Julle kom van die aarde, maar Ek kom van die hemel. Ja, julle is mense van hierdie wêreld, maar Ek is nie van hierdie wêreld nie.  Ek het vir julle gesê julle is sondaars en wanneer julle sterf, sal julle nog sondaars wees. As julle nie glo dat Ek God is nie, dan sal julle nog sondaars wees wanneer julle sterf.”


11. "Die belangrikste dinge wat ek vir julle geleer het, het die ander apostels vir my geleer, en dit is: Christus het ons sondes weggeneem toe Hy gesterf het. Dit het gebeur soos daar in die Ou Testament geskryf is."


Die Prys van Dissipelskap!!

Kies die regte Skrifgedeelte:


1.  "Hulle bely dat hulle God ken, maar hulle verloën Hom deur hulle werke. Hulle is afskuwelik, ongehoorsaam, ongeskik vir enige goeie werk."


A. Kolossense 3:

B. 1 Korintiërs 10:

C. Galasiërs 6:

D. Titus 1:

E. Jakobus 5:


2.  "Toe sê Jesus vir sy dissipels: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, sy kruis opneem en My volg."


A. Handelinge 22:

B. Markus 15:

C. Johannes 18:

D. Lukas 10:

E. Matteus 16:


3.  "En elkeen wat nie sy kruis neem en My volg nie, is My nie waardig nie."


A. 2 Korintiërs 12:

B. Hebreërs 13:

C. Romeine 15:

D. Lukas 17:

E. Matteus 10:


4.  “As die wêreld julle haat, onthou: Hy het My voor julle gehaat.  As julle aan die wêreld behoort het, sou die wêreld julle as sy eiendom liefgehad het. Omdat julle egter nie aan die wêreld behoort nie, maar Ek julle uit die wêreld uitgekies het, daarom haat die wêreld julle.”  


A. Handelinge 18:

B. 2 Korintiërs 12:

B. Hebreërs 13:

D. Lukas 20:

E. Johannes 15:


5. "Jesus het toe vir die Jode wat in Hom geglo het, gesê: As julle in my woord bly, is julle waarlik my dissipels."


A. Hebreërs 10:

B. Romeine 15:

C. Matteus 17:

D. Markus 13:

E. Johannes 8:


6.  "Daarom, as iemand in Christus is, is hy 'n nuwe skepsel. Die oue het verbygegaan; kyk, die nuwe het gekom."


A. Galasiërs 3:

B. Jakobus 1:

C. Lukas 7:

D. Markus 10:

E. 2 Korintiërs 5:


7.  "Wees navolgers van My, soos Ek dit van Christus is."


A. Matteus 17:

B. Johannes 18:

C. Lukas 21:

D. Handelinge 20:

E. 1 Korintiërs 11:


8.  “Maar wat my betref, deur die wet is ek vir die wet dood sodat ek vir God kan lewe: ek is saam met Christus gekruisig,  en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe. Die lewe wat ek nou nog hier lewe, leef ek in die geloof in die Seun van God wat sy liefde vir my bewys het deur sy lewe vir my af te lê.”  


A. Kolossense 3:

B. Titus 1:

C. Romeine 10:

D. 1 Petrus 5:

E. Galasiërs 2:


9.  "Toe Jesus daarvandaan verder gaan, sien Hy 'n man met die naam Matteus by die tolhuis sit, en Hy sê vir hom: "Volg My." En Hy het opgestaan ​​en Hom gevolg."


A. Markus 13:

B. Jakobus 5:

C. Johannes 17:

D. Matteus 9:

E. Lukas 15:


10.  "Want uit genade is julle gered, deur die geloof. En dit is nie van julleself nie: dit is die gawe van God; nie uit werke nie, sodat niemand kan roem nie."


A. Kolossense 3:

B. 2 Korintiërs 10:

C. Hebreërs 13:

D. Jakobus 5:

E. Efesiërs 2:


11.  "Wie sy lewe liefhet, verloor dit; en wie sy lewe in hierdie wêreld haat, sal dit bewaar vir die ewige lewe."


A. Handelinge 20:

B. Lukas 21:

C. Johannes 18:

D. Matteus 23:

E. Johannes 12:


Wees heilig!!

Vind die Bybelverse in:


1. 1 Korintiërs 3:

2. Psalm 143:

3. Romeine 15:

4. Handelinge 4:

5. Romeine 8:

6. Psalm 96:

7. Matteus 28:

8. Jesaja 11:

9. Efesiërs 1:


1.  "Sing 'n nuwe lied tot eer van die Here, sing tot eer van die Here, almal op aarde!"


2.  "Want almal wat deur die Gees van God gelei word, is kinders van God."


3.  "Julle is egter nie in die vlees nie, maar in die Gees, as die Gees van God in julle woon. Wie nie die Gees van Christus het nie, behoort nie aan Hom nie."


4.  "Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees."


5.  "En op Hom sal die Gees van die Here rus, die Gees van wysheid en begrip, die Gees van raad en krag, die Gees van kennis en die vrees van die Here."


6.  "Deur Christus het ook julle deel geword van die volk van God toe julle die waarheid wat aan julle verkondig is, die evangelie van julle verlossing, gehoor en tot geloof gekom het. In Christus het die Heilige Gees wat deur God belowe is, julle as die eiendom van God beseël.  Die Heilige Gees is die waarborg dat ons ook verder sal ontvang wat God belowe het, wanneer Hy almal wat aan Hom behoort, volkome sal verlos. Daarom moet ons sy grootheid prys."


7.  "Weet julle nie dat julle die tempel van God is en dat die Gees van God in julle woon nie?"


8.  "Leer my om u wil te doen, want U is my God! Laat u goeie Gees my lei op gelyke grond!"


9.  "Mag die God van hoop julle vervul met alle blydskap en vrede deur die geloof, sodat julle deur die krag van die Heilige Gees oorvloedig kan wees in hoop."


10.  "Die Gees staan ons ook in ons swakheid by: ons weet nie wat en hoe ons behoort te bid nie, maar die Gees self pleit vir ons met versugtinge wat nie met woorde gesê word nie.  En God, wat die harte deurgrond, weet wat die bedoeling van die Gees is, want Hy pleit, volgens die wil van God, vir die gelowiges."


11.  "En toe hulle gebid het, is die plek geskud waar hulle bymekaargekom het, en hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het met vrymoedigheid die woord van God gespreek."


Woorde het krag!!

 Voltooi die verse:


1. Jakobus 1:

2. Psalm 19:

3. Spreuke 13:

4. Kolossense 4:

5. Matteus 4:

6. Matteus 12:

7. Spreuke 18:

8. Hebreërs 4:

9. Spreuke 15:

10. Efesiërs 4:


1. Dood en lewe is in die mag van die ..............................................

2. Laat geen vuil taal uit julle ..................................... uitgaan nie.

3. En Ek sê vir julle: Julle moet op die oordeelsdag rekenskap gee van elke .....................

4. Want die woord van God is .....................................

5.  Kalmte van die tong is 'n boom van ............................

6. As jy beweer dat jy godsdienstig is, maar nie jou ..................................... beheer nie.

7. Laat die woorde van my mond en die oordenking van ...............

8. Wie sy mond in bedwang hou, behou sy ....................

9. Want deur jou woorde sal jy .....................................

10. Laat jou gesprekke aangenaam en ..............................

11. Maar hy het geantwoord: “Daar staan ​​geskrywe: Die mens sal nie lewe van .........................


Psalms!!

Vind die Bybelverse in:


1.  Psalm 118:

2.  Psalm 116:

3.  Psalm 8:

4.  Psalm 30:

5.  Psalm 37:

6.  Psalm 7:

7.  Psalm 119:

8.  Psalm 16:

9.  Psalm 96:

10.  Psalm 22:


1.  "Die opening van u woorde gee lig; dit maak die eenvoudiges verstandig."


2.  "Want die koninkryk behoort aan die Here en Hy heers oor die nasies."


3.  "Sing tot eer van die Here 'n nuwe lied; sing tot eer van die Here, o ganse aarde."


4.  "Dank die Here, want Hy is goed; want sy goedertierenheid is ewig."


5. "Bewaar my, o God, want ek skuil by U."


6.  "Ek het die Here lief, want Hy hoor my stem en my gebed om genade."


7.  "O Here, ons Here, hoe wonderlik is u Naam oor die hele aarde! U wat u heerlikheid bo die hemele vertoon!"


8.  "Want sy toorn is net vir 'n oomblik, sy guns is vir 'n lewe; geween kan snags duur, maar 'n gejuig kom in die môre."


9.  "Dit is beter om by die Here te skuil as om op mense te vertrou."


10.  "God wat die opregtes help, is my beskermer."


11.  "Die Here help hulle en red hulle; Hy red hulle van die goddelose en red hulle, want hulle skuil by Hom."


Bybelnotas!!

Kies die regte Skrifgedeelte:


1.  "Wees sterk en vol moed. Moenie bang of verskrik wees vir hulle nie, want die Here jou God gaan saam met jou; Hy sal jou nooit verlaat of in die steek laat nie."


A. Eksodus 22:

B. Levitikus 10:

C. 1 Konings 20:

D. Deuteronomium 31:

E. Josua 10:


2.  "Die goedertierenheid van die Here hou nooit op nie, want sy barmhartigheid is nooit verby nie. Hulle is elke môre nuut; u getrouheid is groot."


A. Jesaja 50:

B. Esegiël 30:

C. Daniël 10:

D. Amos 5:

E. Klaagliedere 3:


3.  "Want uit genade is julle gered, deur die geloof; en dit is nie uit julleself nie, dit is die gawe van God."


A. Romeine 10:

B. Lukas 13:

C. Galasiërs 5:

D. Johannes 13:

E. Efesiërs 2:


4.  “Moet dus nie bang wees nie, klein kuddetjie. Want dit maak julle Vader baie gelukkig om die koninkryk aan julle te gee."


A. Matteus 23:

B. Markus 8:

C. Handelinge 15:

D. Lukas 12:

E. Johannes 8:


5.  "En hy het nie deur ongeloof aan die belofte van God getwyfel nie, maar hy is versterk deur die geloof en het aan God die eer gegee."


A. Hebreërs 10:

B. Handelinge 18:

C. 2 Korintiërs 7:

D. Jakobus 5:

E. Romeine 4:


6.  "Wie kan die uitverkorenes van God aankla? God self spreek hulle vry.  Wie kan ons veroordeel? Christus Jesus het gesterf, maar meer as dit: Hy is uit die dood opgewek, Hy sit aan die regterhand van God, Hy pleit vir ons.  Almal wat hulle deur die Gees van God laat lei, is kinders van God."


A. Jakobus 5:

B. 1 Petrus 3:

C. Matteus 11:

D. 1 Johannes 2:

E. Romeine 8:


7.  "Maar as ons ons sondes bely, is Hy getrou en regverdig om ons ons sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig."


A. Galasiërs 5:

B. Lukas 10:

C. Hebreërs 12:

D. 1 Johannes 1:

E. 2 Timoteus 1:


8.  "Aanvaar mekaar dan, soos Christus julle ook aanvaar het, tot eer van God."


A. Kolossense 3:

B. Handelinge 12:

C. Johannes 20:

D. Jakobus 2:

E. Romeine 15:


9.  "Dink net hoeveel te meer sal die bloed van Christus ons gewetes van sondige dade reinig, sodat ons die lewende God kan aanbid. Want Christus het Homself deur die krag van die ewige Gees aan God geoffer as 'n volmaakte offer vir ons sondes."


A. Johannes 15:

B. Markus 13:

C. Filippense 2:

D. 1 Tessalonisense 3:

E. Hebreërs 9:


10.  "Aan God, die Vader van onse Here Jesus Christus, kom alle lof toe. Deur sy groot barmhartigheid is ons wedergebore, omdat God Jesus Christus uit die dood opgewek het. Nou leef ons met groot verwagting en 'n kosbare erfenis wat in die hemele vir julle bewaar word, suiwer en onbesmet, onbeskaamd en onbeskaamd."


A. 1 Johannes 5:

B. 1 Timoteus 2:

C. Lukas 8:

D. Galasiërs 3:

E. 1 Petrus 1:


Psalm 91:

"Hy wat by die Allerhoogste skuiling vind

en die beskerming van die Almagtige geniet,
hy sê vir die Here:
“U is my toevlug en my veilige vesting,
my God op wie ek vertrou.”

Dit is Hy wat jou uit die voëlvanger se wip hou
en jou bewaar van dodelike siekte.

Hy beskut jou onder sy vleuels
en is vir jou 'n veilige skuilplek.
Sy trou beskerm jou aan alle kante.

Jy hoef nie bang te wees vir gevaar in die nag
of vir aanvalle oordag,

vir pes wat in die donker toeslaan
of vir siekte wat helder oordag verwoesting saai nie.


Al val daar duisende langs jou, tienduisende by jou, vir jou sal niks tref nie.  Met jou eie oë sal jy sien hoe die goddelose gestraf word.

Omdat jy die Here as skuilplek geneem het,
die Allerhoogste as jou beskermer,

sal geen onheil jou tref
en geen plaag naby jou woonplek kom nie.

Hy sal sy engele opdrag gee
om jou te beskerm waar jy ook al gaan.

Op hulle hande sal hulle jou dra,
sodat jy nie jou voet teen 'n klip sal stamp nie.

Jy sal oor leeus en adders loop,
leeus en slange sal jy doodtrap.


“Omdat hy My liefhet, sal Ek hom red,”

sê die Here, “omdat hy My ken, sal Ek hom beskerm.
Wanneer hy My aanroep, sal Ek sy gebed verhoor;
in sy nood sal Ek by hom wees,
Ek sal hom red en hom in sy eer herstel.

'n Baie lang lewe sal Ek hom gee
en oor my hulp sal hy hom verbly.”

 

Verlossingsgebed:

 Hemelse Vader, ek erken dat ek 'n sondaar is.  Ek kom na U toe en vra U om my te vergewe vir my sondes.  Ek gee my lewe vir U.  Kom in my lewe en lei my.  Wys my U wil en nie my wil.  In Jesus se Naam.  Amen.

Die sleutel vir die Koninkryk van God - Wedergebore!!

 Wedergebore:

1. Bekering

2. Nooi Jesus in jou lewe

3. Doop 

'n Nuwe Lewe!!

1. Verhouding met die Here

2. Nuwe Persoon

3. Nuwe Leefstyl

4. Vind die regte kerk

5. Studeer en oordink die Woord van God dag en nag.

6. Leef die Woord van God

Om Jesus te volg moet jy gehoorsaam wees in alles wat Hy jou vra om te doen!! Wat is jy bereid om optegee om Jesus te volg?

Sunday, 25 May 2025

Volg:

 Volg:



Volg Wees Aktief vir Jesus op:



https://weesaktiefvirJesus.blogspot.com

EN

www.weesaktiefvirjesusleefstyl.co.za


Aksie Kidz vir Jesus Gear is nou beskikbaar !!

Aksie Kidz vir Jesus Gear is nou beskikbaar !!


Beskikbaar in Afrikaans. Ook beskikbaar vir volwassenes !!

 

Studiegidse R90 

NotaBoeke R70 

Inkleurboeke R90

Plakkerboeke R190 

Aktiwiteitsboeke R90 

Legkaarte R270

Bekers R170

T-hemde R270 


E-pos: navrae@aksiekidzvirjesus.co.za

navrae@weesafktiefvirjesusleefstyl.co.za







Hoe weet ek ek is in die regte of verkeerde kerk!!

Hoe weet ek ek is in die regte of verkeerde kerk!!Nie elke kerk n, Pastoor sal hemel toe gaan nie!! Jy moet seker maak jy behoort aan 'n kerk wat gevul is met die Heilige Gees. Vra God om jou te help om vir jou die regte kerk te wys!! Dit is baie belangrik om aan die regte kerk te behoort. 'n Kerk waar jy gemaklik is is 'n groot NEE!! Jy moet uitgedaag word in jou geloof. Jou geloof moet groei. 'n Kerk wat gevul is met die Heilige Gees is die regte kerk!  Maak seker jy is ook Wedergebore!! Jy moet jou bekeer en jou lewe vir Jesus gee en gedoop word!! 'n Kerk moet vermy word: 1.  Wanneer die kerk nie gevul is met die Heilige Gees nie.   2.  Te veel leerstellings, soos die normale tradisionele kerke. 3.  Die doop van babas.  Dit is nie Bybels nie.  Jesus was gedoop toe Hy 30 was en nie as 'n baba nie. 4.  Preke  wat gaan oor wat mense wil hoor en nie wat hulle moet hoor nie.  Jy moet ver van hulle af bly!! Fokus nou daarop om die regte kerk te vind. Vra God om vir jou die regte kerk te wys en om deure vir jou oop te maak om daar uit te kom!! Maar dit is van lewensbelang dat jy na die regte kerk moet gaan!! ’n Godsdienstige kerk is groot moeilikheid. Dit gaan jou nie help om in die hemel te kom nie!! Die regte kerk is, wat met die Heilige Gees gevul is, waar jy groei in jou geloof, waar jy uitgedaag word in jou geloof, waar hulle almal van alle ouderdomme doop en gefokus is op die Woord van God alleen!

Belangrike Kennisgewing!!

 Bekeer julle en laat julle doop! Dit is belangrik om 'n wedergeborene te wees.  Jesus kom gouer soos jy dink!! Wees gereed!! Hou jouself besig met God se werk en nie joune nie!!!

Romeine 6:

 "Dood vir die sonde, maar lewend vir God

Wat moet ons nou hiervan sê? Moet ons aanhou sonde doen sodat die genade kan toeneem? Beslis nie. Hoe kan ons wat dood is vir die sonde, nog daarin voortlewe? Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie? Deur die doop is ons immers saam met Hom in sy dood begrawe, sodat, soos Christus deur die wonderbaarlike magsdaad van die Vader uit die dood opgewek is, ons ook so 'n nuwe lewe kan lei. Aangesien ons met Hom een geword het in sy dood, sal ons sekerlik ook met Hom een wees in sy opstanding. Ons weet tog dat die sondige mens wat ons was, saam met Christus gekruisig is, sodat ons sondige bestaan beëindig kon word. Ons is dus nie langer slawe van die sonde nie. Iemand wat gesterf het, is immers vry van die mag van die sonde. Ons het saam met Christus gesterwe; daarom glo ons dat ons ook saam met Hom sal lewe. Ons weet dat Christus wat uit die dood opgewek is, nie weer kan sterwe nie; die dood het nie meer mag oor Hom nie. Hy het gesterwe en is eens en vir altyd vir die sonde dood. Nou lewe Hy, en Hy lewe vir God. Julle moet dus altyd onthou dat ook júlle vir die sonde dood is, maar vir God lewe, omdat julle een is met Christus Jesus.

Moet dan nie toelaat dat die sonde nog langer oor julle heerskappy voer en julle die begeertes van julle sterflike aardse bestaan laat gehoorsaam nie. Julle moet geen deel van julle liggame in diens van die sonde stel as 'n werktuig om goddeloosheid te bedrywe nie. Nee, stel julle in diens van God as mense wat dood was maar lewend gemaak is, en stel elke deel van julle liggame in diens van God as werktuig om te doen wat God wil. Die sonde moet nie meer baas wees oor julle nie, want julle staan nie onder die wet van Moses nie, maar onder die genade.

In diens van wat God wil

Wat beteken dit? Kan ons nou maar sonde doen omdat ons nie onder die wet van Moses staan nie maar onder die genade? Beslis nie. Julle weet tog: as julle julle aan iemand onderwerp om hom as slawe te gehoorsaam, is julle die slawe van dié een aan wie julle gehoorsaam is. As dit die sonde is, beteken dit vir julle die dood; as dit gehoorsaamheid aan God is, beteken dit vryspraak en lewe. Maar ons dank God dat julle wat slawe van die sonde was, van harte gehoorsaam geword het aan die leer soos julle dit deur die oorlewering ontvang het. Ons dank God dat julle van die sonde vrygemaak is en slawe van God geword het wat sy wil doen. Weens julle beperkte begrip gebruik ek 'n beeld uit die alledaagse lewe: soos julle elke deel van julle liggame in diens van sedelike onreinheid en wetteloosheid gestel het en losbandig gelewe het, so moet julle nou elke deel van julle liggame in diens van God stel om heilig te lewe. Toe julle slawe van die sonde was, was julle nie in diens van God nie. Wat was die vrug wat dié dinge waaroor julle nou skaam kry, tóé vir julle opgelewer het? Die uiteinde van dié dinge is die dood. Maar nou – julle is vrygemaak van die sonde en in diens van God gestel en die vrug daarvan is dat julle geheilig word, en die uiteinde is die ewige lewe. Die loon wat die sonde gee, is die dood; die genadegawe wat God gee, is die ewige lewe in Christus Jesus ons Here."

Romeine 5:

"Die vrug van die vryspraak

God het ons dan nou vrygespreek deurdat ons glo. Daarom is daar nou vrede tussen ons en God deur ons Here Jesus Christus. Deur Hom het ons in die geloof ook die vrye toegang verkry tot hierdie genade waarin ons nou vasstaan. En ons verheug ons ook in die hoop om deel te hê aan die heerlikheid van God. Dit is egter nie al nie. Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek volharding, en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop; 5en dié hoop beskaam nie, want God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het. Toe ons nog magteloos was, het Christus immers reeds op die bestemde tyd vir goddeloses gesterwe.  'n Mens gee tog nie sommer jou lewe prys nie, selfs nie vir 'n regverdige nie. Ja tog, vir 'n goeie mens sal iemand miskien nog die moed hê om te sterwe. Maar God bewys sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was. Aangesien ons nou vrygespreek is op grond van sy versoeningsdood, staan dit soveel vaster dat ons deur Hom ook van die straf van God gered sal word.  Aangesien ons, toe ons nog vyande was, deur die dood van sy Seun met God versoen is, staan dit soveel vaster dat ons, noudat ons versoen is, deur die lewe van sy Seun gered sal word.  Maar dit is nie al nie. Ons verheug ons ook in God deur ons Here Jesus Christus, deur wie ons nou die versoening ontvang het.

Adam en Christus

Verder nog dít: Deur een mens het die sonde in die wêreld gekom en deur die sonde die dood, en so het die dood tot al die mense deurgedring, omdat almal gesondig het. Die sonde was al in die wêreld nog voordat die wet van Moses gegee is, maar sonde word nie toegereken as daar nie 'n wet is nie. Nietemin het die dood heerskappy gevoer van Adam af tot by Moses, ook oor mense wat nie gesondig het op dieselfde manier as dié waarop Adam oortree het nie.

Daar is ooreenkoms tussen Adam en Hom wat sou kom, maar met die genadegawe is dit anders as met die oortreding. Deur die oortreding van een mens het baie gesterf, maar die genade van God en die gawe wat deur die genade van die een Mens, Jesus Christus, gekom het, is veel oorvloediger aan baie geskenk. En met die gawe van God is dit anders as met die sonde van die een mens. Op die oortreding van die een mens het die oordeel gevolg en dit het tot veroordeling gelei, maar op die baie oortredings het die genadegawe gevolg en dit het tot vryspraak gelei. Deur die oortreding van die een mens het die dood begin heerskappy voer deur hierdie een mens, maar deur die Een, Jesus Christus, is veel meer bereik: dié wat die oorvloed van genade en die vryspraak as gawe ontvang het, sal lewe en heerskappy voer.

Soos een oortreding gelei het tot veroordeling vir alle mense, so het een daad van gehoorsaamheid dus ook gelei tot vryspraak en lewe vir almal. Soos baie deur die ongehoorsaamheid van een mens sondaars geword het, so ook sal baie deur die gehoorsaamheid van die een Mens vrygespreek word. Die wet het bygekom om die oortredinge nog meer te maak; en hoe meer die sonde geword het, hoe oorvloediger het die genade geword. Die doel was dat, soos die sonde deur die dood heerskappy gevoer het, die genade deur die vryspraak ook heerskappy kan voer en tot die ewige lewe kan lei deur Jesus Christus ons Here."

Fokus en hou jou oë op Jesus!!

Kies die regte Skrifgedeelte:


1.  "Daarom het God Hom tot die hoogste eer verhef en Hom die Naam gegee wat bo alle name is, sodat in die Naam van Jesus elke knie sou buig, in die hemel en op die aarde en onder die aarde, en elke tong sou bely dat Jesus Christus die Here is, tot heerlikheid van God die Vader."


A. Jakobus 5:

B. 1 Timoteus 1:

C. Titus 3:

D. Filippense 2:

E. Efesiërs 3:


2.  "Jesus sê vir hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader behalwe deur My nie."


A. Markus 15:

B. Lukas 10:

C. 2 Korintiërs 11:

D. Matteus 20:

E. Johannes 14:


3.  "Want daar is een God en een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus."


A. 1 Petrus 5:

B. Jakobus 1:

C. Kolossense 3:

D. 1 Timoteus 2:

E. Titus 3:


4.  "Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê."


A. Galasiërs 5:

B. Romeine 10:

C. 1 Tessalonisense 1:

D. 1 Petrus 5:

E. Johannes 3:


5.  "Want wie My vind, vind die lewe en ontvang genade van die Here."


A. Rigters 10:

B. Jesaja 12:

C. Levitikus 7:

D. Jeremia 20:

E. Spreuke 8:


6.  "In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God."


A. Kolossense 3:

B. 1 Johannes 5:

C. Efesiërs 2:

D. Romeine 10:

E. Johannes 1:


7.  "Hierdie Jesus is die klip wat deur julle, die bouers, verwerp is, wat die hoeksteen geword het. En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie."


A. Romeine 10:

B. Markus 7:

C. Galasiërs 6:

D. Handelinge 4:

E. Jakobus 5:


8.  "En die Woord het vlees geword en onder ons gewoon, en ons het sy heerlikheid aanskou, 'n heerlikheid soos van die eniggebore Seun wat van die Vader kom, vol van genade en waarheid."


A. Efesiërs 5:

B. Lukas 10:

C. 2 Petrus 2:

D. Johannes 1:

E. Filippense 3:


9.  "Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid."


A. Romeine 15:

B. Matteus 22:

C. Handelinge 17:

D. Johannes 20:

E. Hebreërs 13:


10.  "En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van julle sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang."


A. 1 Tessalonisense 5:

B. Hebreërs 10:

C. Matteus 1:

D. Handelinge 2:

E. Jakobus 3:


11.  "Jesus sê vir hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, voordat Abraham was, is Ek."


A. 1 Korintiërs 15:

B. Lukas 7:

C. Matteus 10:

D. Markus 12:

E. Johannes 8:


12.  "Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons vrede aanbring, was op Hom, en deur sy wonde is daar vir ons genesing."


A. Jeremia 50:

B. Esegiël 37:

C. Josua 20:

D. Eksodus 30:

E. Jesaja 53:


Die Prys van Dissipelskap!!

Vind die Bybelverse in:


1. Filippense 3:

2. Johannes 16:

3. Galasiërs 5:

4. Galasiërs 6:

5. Matteus 8:

6. Johannes 3:

7. Matteus 10:

8. Romeine 12:

9. Lukas 14:

10. Lukas 9:


1.  "EN groot menigtes het saam met Hom gegaan, en Hy het Hom omgedraai en vir hulle gesê: As iemand na My toe kom en hy haat nie sy vader en moeder en vrou en kinders en broers en susters, ja, selfs ook sy eie lewe nie, kan hy my dissipel nie wees nie.  En elkeen wat sy kruis nie dra en agter My aan kom nie, kan my dissipel nie wees nie."


2.  "Toe het Hy vir almal gesê: “As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, elke dag sy kruis opneem en My volg, want elkeen wat sy lewe wil behou, sal dit verloor, maar elkeen wat sy lewe om my ontwil verloor, sal dit behou.  Wat help dit 'n mens as hy die hele wêreld as wins verkry, maar homself verloor of te gronde gaan? Elkeen wat hom vir My en my woorde skaam, vir hom sal die Seun van die mens Hom skaam wanneer Hy kom, beklee met sy heerlikheid en die heerlikheid van die Vader en van die heilige engele."


3.  "So kan niemand van julle my dissipel wees as hy nie bereid is om van al sy besittings afstand te doen nie.”


4.  “Hy wat sy vader of moeder liewer het as vir My, is nie werd om aan My te behoort nie; hy wat sy seun of dogter liewer het as vir My, is nie werd om aan My te behoort nie."


5.  "En nou doen ek 'n beroep op julle, broers, op grond van die groot ontferming van God: Gee julleself aan God as lewende en heilige offers wat vir Hom aanneemlik is. Dit is die wesenlike van die godsdiens wat julle moet beoefen.  Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is."


6.  "ja, nog meer: ek beskou alles as waardeloos, want om Christus Jesus, my Here, te ken, oortref alles in waarde. Ter wille van Hom het ek alles prysgegee en beskou ek dit as verwerplik sodat ek Christus as enigste bate kan verkry en een met Hom kan wees: vrygespreek, nie omdat ek die wet onderhou nie, maar omdat ek in Christus glo. Dit is die vryspraak wat God gee omdat 'n mens in Hom glo."


7.  "Dit sê Ek vir julle, sodat julle vrede kan vind in My. In die wêreld sal julle dit moeilik hê; maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin.”


8.  "Dié wat aan Christus Jesus behoort, het hulle sondige natuur met al sy hartstogte en begeertes gekruisig."


9.  "Niemand moet dit vir my verder moeilik maak nie, want ek dra al klaar die littekens van Jesus aan my liggaam."


10. "Toe Jesus 'n skare rondom Hom sien, het Hy bevel gegee om na die oorkant te gaan. 'n Skrifgeleerde het nader gekom en vir Hom gesê: "Meester, Ek sal U volg waar U ook al gaan." Jesus sê toe vir Hom: "Jakkalse het gate en voëls van die hemel neste, maar die Seun van die mens het geen plek waar Hy sy hoof kan neerlê nie." 'n Ander dissipel sê toe vir Hom: "Here, laat My eers gaan en my Vader begrawe." Jesus sê toe vir hom: "Volg My en laat die dooies hul eie dooies begrawe."


11. "Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê."


Wees heilig!

Pas A by die regte antwoord in B:


A.


1. Galasiërs 5:

2. Hebreërs 4:

3. Handelinge 1:

4. Romeine 15:

5. Eksodus 23:

6. Markus 10:

7. Efesiërs 3:

8. Jakobus 1:

9. Kolossense 3:

10. Psalm 111:

11. Lukas 18:

12. Numeri 13:

13. 1 Johannes 5:

14. Handelinge 2:

15. Johannes 15:

16. 1 Petrus 1:

17. Hebreërs 12:

18. 1 Korintiërs 3:

19. Matteus 25:

20. Deuteronomium 31:

21. 2 Korintiërs 12:

22. Johannes 14:

23. 2 Timoteus 2:

24. Levitikus 11:


B.  


1.  "Maar soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in jul hele lewenswandel heilig word, omdat daar geskrywe is: Wees heilig, want Ek is heilig."


2.  "Weet julle nie dat julle die tempel van God is en dat die Gees van God in julle woon nie? As iemand die tempel van God beskadig, sal God hom straf, want die tempel van God is heilig, en die tempel is julle."


3.  "Beywer julle vir vrede met alle mense asook vir 'n heilige lewe, waarsonder niemand die Here sal sien nie."


4.  "Ek is die Here wat julle uit Egipte laat trek het sodat Ek julle God kan wees. Omdat Ek heilig is, moet julle ook heilig wees."


5.  "Later, wanneer Ek weggegaan het, sal die Vader vir julle 'n Helper stuur om by julle te wees omdat Ek nie meer by julle is nie. Die Helper is die Heilige Gees. Hy sal vir julle alles leer. Ja, Hy sal julle laat onthou wat Ek vir julle gesê het."


6.  "As jy jouself skoon hou van die verkeerde, sal jy ’n kosbare item wees, ’n spesiale besitting van die Huiseienaar , een wat Hy nuttig kan gebruik en wat gereed is vir enige goeie taak."


7. "Maar die vrug van die Gees is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing; Teen sulke dinge is daar geen wet nie."


8. "Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en Samaria en tot aan die einde van die aarde."


9. "En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van julle sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang."


10.  “Ek sal vir julle 'n Helper stuur wat van die Vader kom. Die Helper is die Heilige Gees wat vir julle sal wys wat die waarheid is. Die Helper kom van die Vader. Hy sal vir julle vertel van My."


11. "Want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en onderskei die gedagtes en bedoelings van die hart."


Heilige Gees!!

As 'n wedergebore gelowige, sal jy die Heilige Gees vra om in jou te kom leef.  Hy sal jou bystaan elke stap van jou lewe.  The vrug van die Gees is: liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing.  Jy is die draer van die vrugte van die Gees.  Jou liggam is 'n lewende tempel van die Heilige Gees.  Dit is so baie belangrik om na jou liggaam te kyk en te versorg.  Jy sal anders wees in vergelyking met die res van die wêreld, jou loop, praat en hoe jy lyk sal verskil van 'n wêreldse mens. Jy moet nie betrokke raak by enige skinderstories nie.  'n Groot voordeel van die Heilige Gees wat binne jou woon, is dat jy in tale kan praat.  Om in tale te praat is 'n kragtige wapen teen die duiwel.  Die duiwel sal nie verstaan wat jy praat nie en jy sal ook nie verstaan nie maar God sal verstaan.  Wanneer daar moeilike omstandighede is, kan jy begin om in tale te bid.  In jou daaglikse lewe is dit baie belangrik om in tale te praat.  Dit is 'n gebed, lofprysing, dit is jou beskerming, dit is jou wapen.  Die Heilige Gees sal altyd met jou oraat wanneer jy rustig is, slaap en ook deur God se Woord.  Hy sal jou altyd op die regte pad lei en jy hoef vir niks bang te wees nie.


Psalms!!

Vind die Bybelverse in:


1.  Psalm 10:

2.  Psalm 18:

3.  Psalm 37:

4.  Psalm 6:

5.  Psalm 4:

6.  Psalm 3:

7.  Psalm 5:

8.  Psalm 7:


1.  "Die Here oordeel die volke; doen aan my reg, o Here, volgens my geregtigheid en my onskuld wat in my is."


2.  "As gevolg van u onfeilbare liefde kan ek u huis binnegaan; ek sal in u tempel aanbid met diepste ontsag."


3.  "As ek gaan lê, slaap ek goed; ek word ook weer wakker, want die Here sorg vir my."


4.  "Omdat ek vyande het, Here, leer my tog wat reg is en help my om u wil te doen.


5.  "Die Here het aan my reg laat geskied, Hy het my onskuld aanvaar, want ek het die wil van die Here gehoorsaam en my nie teenoor my God skuldig gemaak nie."


6.  "U het die gesmeek van die hulpeloses gehoor, Here. U gee hulle nuwe moed. U verhoor hulle gebed."


7. "maar die regverdiges word deur die Here gered. Hy is hulle toevlug in tyd van nood."


8.  "Die Here is Koning vir altyd en ewig; nasies verdwyn uit sy land."


9.  "Die Here het my smeking gehoor; die Here sal my gebed verhoor."


10.  "U het vir my meer vreugde verskaf as dié met graan en wyn in oorvloed."


11.  "ek het my deur al sy bepalings laat lei en nie van sy voorskrifte afgewyk nie."


Bybelnotas!!

Vind die Bybelverse in:


1. Galasiërs 6:

2. Galasiërs 5:

3. 2 Korintiërs 13:

4. Galasiërs 2:

5. 2 Korintiërs 5:

6. Filippense 3:

7. 1 Korintiërs 15:

8. 1 Korintiërs 3:

9. 1 Korintiërs 6:

10. 2 Korintiërs 4:


1.  "Weet julle nie dat julle die tempel van God is en dat die Gees van God in julle woon nie?"


2.  "Want julle is duur gekoop. Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort."


3.  "Want in die eerste plek het ek aan julle oorgelewer wat ek ook ontvang het, dat Christus vir ons sondes gesterf het volgens die Skrifte; en dat Hy begrawe is, en dat Hy op die derde dag opgewek is volgens die Skrifte."


4.  "Daarom, my geliefde broers, wees standvastig en onwrikbaar, en wy julle ten volle aan die werk van die Here, omdat julle weet dat julle arbeid in die Here nie vergeefs is nie."


5.  "Want ons verkondig nie onsself nie, maar Christus Jesus as Here, en onsself as julle diensknegte om Jesus wil."


6.  "Iemand wat aan Christus behoort, is 'n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom."


7.  "Stel julleself op die proef en ondersoek julleself of julle in die geloof lewe. Besef julle dan nie self dat Christus Jesus in julle is nie? So nie, het julle die toets nie deurstaan nie."


8.  "en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe. Die lewe wat ek nou nog hier lewe, leef ek in die geloof in die Seun van God wat sy liefde vir my bewys het deur sy lewe vir my af te lê."


9. "Die vrug van die Gees, daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid,  nederigheid en selfbeheersing. Teen sulke dinge het die wet niks nie."


10. "Moenie mislei word nie, God laat hom nie bespot nie; want net wat 'n mens saai, dit sal hy ook maai."


11. "Moet dus nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie tou opgooi nie, sal ons op die regte tyd oes.  Terwyl ons die kans het , moet ons dus goed doen aan alle mense, maar veral aan medegelowiges .


12.  "Ons burgerskap is egter in die hemel, vanwaar ons as Verlosser die Here Jesus Christus verwag."


Volg:

      Volg : Volg Wees Aktief vir Jesus op: https://weesaktiefvirJesus.blogspot.com EN www.weesaktiefvirjesusleefstyl.co.za