Saturday, 13 June 2020

Volg:

Volg Wees Aktief vir Jesus op:

https://weesaktiefvirJesus.blogspot.com

EN

https://tersduvenage73.wixsite.com/website-2

Handelinge 9:

Handelinge 9:

"Maar Saulus, wat nog dreiging en moord geblaas het teen die dissipels van die Here, het na die hoëpriester gegaan en van hom briewe gevra aan die sinagoges in Damaskus, sodat as hy mense sou vind wat van die Weg was, manne sowel as vroue, hy hulle geboeid na Jerusalem kon bring. 

En toe hy op sy reis naby Damaskus kom, omstraal hom skielik ‘n lig van die hemel af; en hy val op die grond en hoor ‘n stem vir hom sê: Saul, Saul, waarom vervolg jy My? En hy sê: Wie is U, Here? En die Here antwoord: Ek is Jesus wat jy vervolg. Dit is hard vir jou om teen die prikkels te skop.

En terwyl hy bewe en verbaas was, sê hy: Here, wat wil U hê moet ek doen? En die Here antwoord hom: Staan op en gaan na die stad, en dit sal jou gesê word wat jy moet doen.  En die manne wat saam met hom op pad was, het sprakeloos gestaan terwyl hulle wel die stem hoor, maar niemand sien nie.  Toe staan Saulus van die grond af op, en alhoewel sy oë oop was, het hy niemand gesien nie; en hulle het hom aan die hand gelei en in Damaskus ingebring.  En drie dae lank het hy niks gesien nie, en niks geëet of gedrink nie.  En daar was ‘n dissipel in Damaskus met die naam van Ananías; en die Here het vir hom in ‘n gesig gesê: Ananías! En hy antwoord: Hier is ek, Here.

Toe sê die Here vir hom: Staan op en gaan na die straat wat genoem word Reguitstraat, en vra in die huis van Judas na ‘n man met die naam van Saulus van Tarsus, want kyk, hy bid; en hy het in ‘n gesig ‘n man met die naam van Ananías sien inkom en hom die hande oplê, sodat hy weer kon sien.  Maar Ananías antwoord: Here, ek het van baie mense aangaande hierdie man gehoor hoeveel kwaad hy u heiliges in Jerusalem aangedoen het; en hy het hier volmag van die owerpriesters om almal te boei wat u Naam aanroep.  Maar die Here sê vir hom: Gaan, want hy is vir My ‘n uitverkore werktuig om my Naam te dra voor nasies en konings en die kinders van Israel.

Want Ek sal hom toon hoeveel hy vir my Naam moet ly.  En Ananías het gegaan en in die huis gekom en hom die hande opgelê en gesê: Saul, broeder, die Here het my gestuur, naamlik Jesus wat aan jou verskyn het op die pad waarmee jy gekom het, sodat jy weer kan sien en met die Heilige Gees vervul word.  En dadelik het daar iets soos skille van sy oë afgeval, en hy kon onmiddellik weer sien; en hy het opgestaan en is gedoop.
En nadat hy voedsel gebruik het, het hy weer sterk geword. En Saulus was ‘n paar dae saam met die dissipels in Damaskus.  En hy het dadelik Christus in die sinagoges verkondig, dat Hy die Seun van God is.  En almal wat hom gehoor het, was verbaas en het gesê: Is hy nie die man wat in Jerusalem uitgeroei het die wat hierdie Naam aanroep, en hier gekom het met die doel om hulle geboeid na die owerpriesters te bring nie?

Maar Saulus het al meer krag ontvang en die Jode wat in Damaskus woon, in die war gebring deur te bewys dat Hy, Jesus, die Christus is.  En ná geruime tyd het die Jode beraadslaag om hom om te bring.  En hulle plan het aan Saulus bekend geword. En hulle het die poorte dag en nag bewaak, dat hulle hom kon ombring; maar die dissipels het hom geneem en in die nag deur die muur neergelaat deur hom in ‘n mandjie te laat afsak.
En toe Saulus in Jerusalem aankom, het hy probeer om by die dissipels aan te sluit; maar almal was vir hom bang, omdat hulle nie geglo het dat hy ‘n dissipel was nie.  Maar Bárnabas het hom geneem en na die apostels gebring en hulle vertel hoe hy op die pad die Here gesien het en dat Hy met hom gespreek het, en hoe hy in Damaskus vrymoediglik in die Naam van Jesus gespreek het.  En hy het saam met hulle in— en uitgegaan in Jerusalem en vrymoediglik gespreek in die Naam van die Here Jesus, en ook met die Griekssprekende Jode gepraat en geredetwis, maar hulle het probeer om hom dood te maak.

En toe die broeders dit agterkom, het hulle hom na Cesaréa afgebring en hom na Tarsus weggestuur.  En die gemeentes deur die hele Judéa en Galiléa en Samaría het vrede gehad; en terwyl hulle opgebou is en gewandel het in die vrees van die Here en die vertroosting van die Heilige Gees, het hulle vermeerder. 

En onderwyl Petrus oral rondgaan, het hy ook gekom by die heiliges wat in Lidda woon; en hy het daar ‘n man gevind met die naam van Enéas, wat al agt jaar bedlêend en verlam was.  En Petrus sê vir hom: Enéas, Jesus Christus maak jou gesond; staan op en maak jou bed op! En hy het dadelik opgestaan.  En al die inwoners van Lidda en Saron het hom gesien en hulle tot die Here bekeer.  En in Joppe was daar ‘n sekere dissipelin met die naam van Tabíta, wat, as dit vertaal word, beteken Dorkas. Sy was oorvloedig in goeie werke en aalmoese wat sy gedoen het.  En in dié dae het sy siek geword en gesterwe, en hulle het haar gewas en in ‘n bovertrek neergelê.  En omdat Lidda naby Joppe was en die dissipels gehoor het dat Petrus daar was, het hulle twee manne na hom gestuur wat hom moes smeek dat hy sonder uitstel na hulle moet oorkom.

En Petrus het opgestaan en saam met hulle gegaan. En toe hy daar kom, bring hulle hom in die bovertrek; en al die weduwees kom by hom staan en ween en wys hom die onder— en bo-klere wat Dorkas alles gemaak het toe sy nog by hulle was.  En Petrus het almal buitentoe gestuur en neergekniel en gebid. En hy het hom na die liggaam gedraai en gesê: Tabíta, staan op! En sy het haar oë oopgemaak; en toe sy Petrus sien, het sy regop gesit.  En hy gee haar sy hand en laat haar opstaan. Daarop roep hy die heiliges en die weduwees en stel haar lewendig voor hulle.  En dit het bekend geword in die hele Joppe, en baie het in die Here geglo.  En hy het ‘n geruime tyd in Joppe gebly by ‘n sekere Simon, ‘n leerlooier."

Die Storie van Moses!! Eksodus 3:

Eksodus 3:

"En Moses het die kleinvee opgepas van sy skoonvader Jetro, die priester van Mídian. En toe hy die kleinvee agter die woestyn gedryf het, kom hy by die berg van God, by Horeb.  Daarop verskyn die Engel van die HERE aan hom in ‘n vuurvlam uit ‘n doringbos. En toe hy weer sien, brand die doringbos in die vuur, maar die doringbos word nie verteer nie!
En Moses sê: Laat ek tog nader gaan en hierdie groot verskynsel bekyk, waarom die doringbos nie verbrand nie. 

Toe die HERE sien dat hy nuuskierig nader kom, roep God na hom uit die doringbos en sê: Moses, Moses! En hy antwoord: Hier is ek.  En Hy sê: Moenie nader kom nie. Trek jou skoene van jou voete af, want die plek waar jy op staan, is heilige grond.  Verder sê Hy: Ek is die God van jou vader, die God van Abraham, die God van Isak en die God van Jakob. Toe het Moses sy aangesig verberg, want hy was bevrees om God aan te sien.  En die HERE sê: Ek het duidelik gesien die ellende van my volk wat in Egipte is; en Ek het hulle jammerklagte oor hulle drywers gehoor, ja, Ek ken hulle smarte.
Daarom het Ek neergedaal om hulle uit die hand van die Egiptenaars te verlos en hulle te laat optrek uit daardie land na ‘n goeie en wye land, na ‘n land wat oorloop van melk en heuning, na die woonplek van die Kanaäniete en Hetiete en Amoriete en Feresiete en Hewiete en Jebusiete.  En nou, kyk, die jammerklagte van die kinders van Israel het tot by My gekom. Ook het Ek die verdrukking gesien waarmee die Egiptenaars hulle verdruk.
Gaan dan nou heen, dat Ek jou na Farao kan stuur; en lei my volk, die kinders van Israel, uit Egipte uit. 

Maar Moses het tot God gespreek: Wie is ek, dat ek na Farao sou gaan en dat ek die kinders van Israel uit Egipte sou lei?
En Hy antwoord: Ek sal met jou wees, en dit sal vir jou ‘n teken wees dat Ek jou gestuur het: As jy die volk uit Egipte gelei het, sal julle op hierdie berg God dien.  Hierop het Moses tot God gespreek: Maar as ek by die kinders van Israel kom en aan hulle sê: Die God van julle vaders het my na julle gestuur, en hulle my vra: Hoe is sy naam? —wat moet ek hulle antwoord? En God sê vir Moses: EK IS WAT EK IS. Ook sê Hy: So moet jy die kinders van Israel antwoord: EK IS het my na julle gestuur.
Toe sê God verder vir Moses: Dit moet jy aan die kinders van Israel meedeel: Die HERE, die God van julle vaders, die God van Abraham, die God van Isak en die God van Jakob, het my na julle gestuur. Dit is my Naam vir ewig, en dit is my gedenknaam van geslag tot geslag.  Gaan heen en versamel die oudstes van Israel en sê vir hulle: Die HERE, die God van julle vaders, het aan my verskyn, die God van Abraham, Isak en Jakob, en het gesê: Ek het terdeë ag gegee op julle en op wat julle in Egipte aangedoen is.  Daarom het Ek besluit: Ek wil julle uit die ellende van Egipte laat optrek na die land van die Kanaäniete en Hetiete en Amoriete en Feresiete en Hewiete en Jebusiete, na ‘n land wat oorloop van melk en heuning.

En hulle sal na jou luister. Dan moet jy met die oudstes van Israel na die koning van Egipte gaan, en julle moet vir hom sê: Die HERE, die God van die Hebreërs, het ons ontmoet; laat ons dan nou tog drie dagreise ver die woestyn intrek en aan die HERE, onse God, offer.  Maar Ek weet dat die koning van Egipte julle nie sal laat gaan nie, ook nie deur ‘n sterke hand nie.  En Ek sal my hand uitstrek en Egipte met al my wonders teister wat Ek daarin sal doen; en daarna sal hy julle laat trek.  En Ek sal aan hierdie volk guns verleen in die oë van die Egiptenaars; en as julle dan trek, moet julle nie met leë hande trek nie, maar elke vrou moet van haar buurvrou en van haar wat in haar huis vertoef, silwer— en goue voorwerpe en klere eis. En julle moet dit op julle seuns en dogters sit, en so Egipte berowe."

Die Storie van Moses!! Eksodus 2

Eksodus 2:


"En ‘n man uit die huis van Levi het gegaan en ‘n dogter van Levi geneem.  En die vrou het swanger geword en ‘n seun gebaar. En toe sy sien dat hy mooi was, het sy hom drie maande lank weggesteek.  Maar toe sy hom nie langer verborge kon hou nie, het sy vir hom ‘n mandjie van biesies geneem en dit met lymgrond en pik bestryk; en sy het die seuntjie daarin neergelê en dit in die riete aan die kant van die Nyl gesit.  En sy suster het op ‘n afstand gaan staan om te wete te kom wat met hom sou gebeur.
 
En Farao se dogter het na die Nyl afgegaan om ‘n bad te neem, terwyl haar diensmeisies aan die kant van die Nyl heen en weer geloop het. Toe sien sy die mandjie tussen die riete en stuur haar slavin en laat dit haal.  Nadat sy dit oopgemaak het, sien sy die kind, en kyk, dit was ‘n seuntjie wat huil! En sy het hom jammer gekry en gesê: Dit is een van die kinders van die Hebreërs.  Toe sê sy suster aan die dogter van Farao: Sal ek vir u ‘n pleegmoeder uit die Hebreeuse vroue gaan roep, dat sy vir u die seuntjie kan soog? En Farao se dogter antwoord haar: Ja. En die jongmeisie het geloop en die seuntjie se moeder geroep.  Daarop sê Farao se dogter vir haar: Neem hierdie seuntjie en soog hom vir my, en ek sal jou loon gee. En die vrou het die seuntjie geneem en hom gesoog.
En toe die seuntjie groot geword het, bring sy hom na Farao se dogter; en hy het haar seun geword. En sy het hom Moses genoem en gesê: Ek het hom mos uit die water getrek.

En in dié dae toe Moses al groot was, het hy na sy broers uitgegaan en hulle harde arbeid aangesien. En hy het gesien hoe ‘n Egiptiese man ‘n Hebreeuse man, een uit sy broers, slaan.  En hy het hierheen en daarheen gekyk, en toe hy sien dat daar niemand was nie, het hy die Egiptenaar doodgeslaan en hom in die sand begrawe. 

Die volgende dag het hy weer uitgegaan, en daar was twee Hebreeuse manne wat met mekaar veg. Hy vra toe vir die een wat ongelyk gehad het: Waarom slaan jy jou naaste? En hy antwoord: Wie het jou as owerste en regter oor ons aangestel? Dink jy om my dood te slaan soos jy die Egiptenaar omgebring het? En Moses het gevrees en gesê: Waarlik, die saak het bekend geword!
En toe Farao van dié saak hoor, het hy probeer om Moses dood te maak. Maar Moses het van Farao af weggevlug en in die land Mídian gaan woon. En hy het by ‘n put gesit.  En die priester van Mídian het sewe dogters gehad: dié het gekom om te put en die drinkbakke vol te maak om hulle vader se kleinvee te laat drink.  Maar die veewagters het gekom en hulle weggedrywe. Toe staan Moses op en help hulle en laat hulle vee drink.
En toe hulle by hul vader Réhuel kom, sê hy: Waarom kom julle vandag so gou? En hulle antwoord: ‘n Egiptiese man het ons uit die hand van die veewagters verlos; en hy het ook volop vir ons geput en die vee laat drink.  Daarop sê hy vir sy dogters: En waar is hy? Waarom het julle die man dan daar laat staan? Roep hom, dat hy brood kan eet.  En Moses het ingewillig om by die man te bly, en hy het aan Moses sy dogter Sippóra gegee.
En toe sy ‘n seun baar, het hy hom Gersom genoem. Want hy het gesê: Ek het ‘n vreemdeling in ‘n vreemde land geword.  En in daardie lang tyd het die koning van Egipte gesterwe. En die kinders van Israel het gesug en geweeklaag vanweë die slawerny. En hulle geroep om hulp oor hulle slawerny het opgeklim tot God.  En God het hulle gekerm gehoor, en God het gedink aan sy verbond met Abraham, met Isak en met Jakob.
En God het die kinders van Israel aangesien, en God het hulle geken."

Moenie bang wees nie!! Psalm 91:


"Hy wat by die Allerhoogste skuiling vind
en die beskerming van die Almagtige geniet,

hy sê vir die Here:
“U is my toevlug en my veilige vesting,
my God op wie ek vertrou.”

Dit is Hy wat jou uit die voëlvanger se wip hou
en jou bewaar van dodelike siekte.

Hy beskut jou onder sy vleuels
en is vir jou 'n veilige skuilplek.
Sy trou beskerm jou aan alle kante.

Jy hoef nie bang te wees vir gevaar in die nag
of vir aanvalle oordag,

vir pes wat in die donker toeslaan
of vir siekte wat helder oordag verwoesting saai nie.

Al val daar duisende langs jou,
tienduisende by jou,
vir jou sal niks tref nie.

Met jou eie oë sal jy sien
hoe die goddelose gestraf word.

Omdat jy die Here as skuilplek geneem het,
die Allerhoogste as jou beskermer,

sal geen onheil jou tref
en geen plaag naby jou woonplek kom nie.

Hy sal sy engele opdrag gee
om jou te beskerm waar jy ook al gaan.

Op hulle hande sal hulle jou dra,
sodat jy nie jou voet teen 'n klip sal stamp nie.

Jy sal oor leeus en adders loop,
leeus en slange sal jy doodtrap.

“Omdat hy My liefhet, sal Ek hom red,”
sê die Here,
“omdat hy My ken, sal Ek hom beskerm.

Wanneer hy My aanroep, sal Ek sy gebed verhoor;
in sy nood sal Ek by hom wees,
Ek sal hom red en hom in sy eer herstel.

'n Baie lang lewe sal Ek hom gee
en oor my hulp sal hy hom verbly.”

Verlossing Gebed:

Hemelse Vader, ek erken dat ek 'n sondaar is.  Ek kom na U toe en vra U om my te vergewe vir my sondes.  Ek gee my lewe vir U.  Kom in my lewe en lei my.  Wys my U wil en nie my wil.  In Jesus se Naam. Amen

Jy moet weer gebore word om die Koninkryk van God binne te gaan!!


1.     Johannes 3:  “Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God sien nie.”

2.     Johannes 3:  “Moenie jou verwonder dat Ek vir jou gesê het, moet julle nie weer gebore word nie.”

3.     Matteus 7:  “Gaan in deur die nou poort, want breed is die poort en wyd is die pad wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur ingaan.  Omdat die poort is, en die pad is small wat na die lewe lei, en daar is min wees daar wat dit vind.”

4.    Matteus 7:  “Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! Sal ingaan in die koninkryk van die hemele; maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is.”

5.    Matteus 7:  “Baie sal in daardie dag, Here, Here sê vir my, het ons nie in u Naam geprofeteer? en in u Naam duiwels uitgedryf het? en in u Naam baie kragte gedoen nie? En dan sal Ek aan julle sê: Ek het julle nooit geken Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk. 

6.    1 Peter 1:  “Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat na sy grote barmhartigheid ons die wedergeboorte geskenk het tot ‘n lewende hoop deur die opstanding van Jesus Christus uit die dood.”

7.    Handelinge 2:  “En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en gedoop word elkeen van julle in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang.”

8.    Johannes 3:  “Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie.”

9.    Johannes 1:  “Wat nie uit die bloed of uit die wil van die vlees of uit die wil van die mens nie, maar van God.”

10.    1 Petrus 1:  “Want julle is wedergebore nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike, deur die lewende woord van God wat tot in ewigheid bly vir ewig.”

Friday, 12 June 2020

Volg:

Volg Wees Aktief vir Jesus op:

https://weesaktiefvirJesus.blogspot.com

EN

https://tersduvenage73.wixsite.com/website-2

Dankie Here!!

Pas A by die regte antwoord in B:


A.


1.  Psalm 107:
2.  Kolossense 3:
3.  Psalm 100:
4.  Filippense 4:
5.  Spreuke 22:
6.  Galasiërs 3:
7.  Lukas 20:
8.  Jakobus 5:
9.  1 Johannes 2:
10.  Handelinge 21:
11.  Matteus 19:
12.  Markus 15:
13.  Josua 11:
14.  Romeine 10:
15.  Psalm 9:
16.  Psalm 7:
17.  1 Kronieke 16:
18.  Psalm 77:
19.  Hebreërs 12:
20.  1 Tessalonisense 5:
21.  Efesiërs 5:
22.  Psalm 95
23.  2 Korintiërs 4:


B.


1.  "Want dit is alles om julle ontwil, sodat die genade, wat groter geword het deur so baie mense, die danksegging oorvloedig kan maak tot die heerlikheid van God."


2.  "Loof die HERE, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid."


3.  "Spreek onder mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere; en sing en psalmsing in julle hart tot eer van die Here, terwyl julle God die Vader altyd vir alles dank in die Naam van onse Here Jesus Christus."


4.  "Laat ons sy aangesig tegemoetgaan met lof, met lofsange Hom toejuig! Want die HERE is ‘n grote God, ja, ‘n groot Koning bo al die gode."


5.  "Laat hulle die HERE loof om sy goedertierenheid en om sy wonderdade aan die mensekinders; want Hy het die dorstige siel versadig en die hongerige siel met die goeie vervul."


6.  "En wat julle ook al doen in woord of in daad, doen alles in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom."


7.  "Gaan sy poorte in met lof, sy voorhowe met lofgesang; loof Hom, prys sy Naam."


8.  "Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God.  En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus."


9.  "Ek wil die HERE loof met my hele hart; ek wil al u wonders vertel."


10.  "Ek wil die HERE loof na sy geregtigheid en die Naam van die HERE, die Allerhoogste, psalmsing."

Die Here is die Alfa en die Omega!!

Vind die verse in:


1.  Jesaja 43:
2.  Jesaja 44:
3.  Jesaja 48:
4.  Openbaring 1:
5.  Openbaring 4:
6.  Jesaja 9:
7.  Openbaring 22:
8.  Openbaring 21:
9.  Jesaja 41:


1.  "Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde, sê die Here, wat is en wat was en wat kom, die Almagtige."


2.  "En Hy het vir my gesê: Dit is verby! Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde. Aan die dorstige sal Ek gee uit die fontein van die water van die lewe, verniet."


3.  "Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde, die eerste en die laaste."


4.  "Wie het dit gedoen en tot stand gebring? Hy wat die geslagte roep van die begin af; Ek, die HERE, die Eerste, en by die laaste is Ek dieselfde."


5.  "Júlle is my getuies, spreek die HERE, en my kneg wat Ek uitverkies het, sodat julle kan weet en My kan glo en insien dat dit Ek is—voor My is geen God geformeer nie, en ná My sal daar geeneen wees nie."


6.  "So sê die HERE, die Koning van Israel en sy Losser, die HERE van die leërskare: Ek is die Eerste, en Ek is die Laaste, en buiten My is daar geen God nie."


7.  "Luister na My, o Jakob, en Israel, wat Ek geroep het, dit is Ek; Ek is die Eerste, ook is Ek die Laaste."


8.  "En toe ek Hom sien, val ek soos ‘n dooie aan sy voete; en Hy het sy regterhand op my gelê en vir my gesê: Moenie vrees nie; Ek is die eerste en die laaste."


9.  "Heilig, heilig, heilig is die Here God, die Almagtige, wat was en wat is en wat kom!"


10.  "Want ‘n Kind is vir ons gebore, ‘n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op sy skouer, en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors."


Jesus - Die Woord Die Waarheid!!

Vind die verse in:


1.  Johannes 4:
2.  Psalm 119:
3.  Johannes 1:
4.  Johannes 3:
5.  1 Korintiërs 13:
6.  Efesiërs 6:
7.  Johannes 8:
8.  Johannes 17:
9.  Psalm 145:
10.  2 Timoteus 2:


1.  "Maar hy wat die waarheid doen, kom na die lig, sodat sy werke openbaar kan word, dat hulle in God gedoen is."


2.  "En dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die enige waaragtige God, en Jesus Christus wat U gestuur het."


3.  "Heilig hulle in u waarheid; u woord is die waarheid."


4.  "Die HERE is naby almal wat Hom aanroep, almal wat Hom aanroep in waarheid."


5.   "Lê jou daarop toe om jou beproef voor God te stel as ‘n werker wat hom nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid reg sny."


6.  "Staan dan vas, julle lendene met die waarheid omgord, met die borswapen van die geregtigheid aan."


7.  "God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid."


8.  "Hy wat in Hom glo, word nie veroordeel nie; maar hy wat nie glo nie, is alreeds veroordeel omdat hy nie geglo het in die Naam van die eniggebore Seun van God nie."


9.  "Die hele inhoud van u woord is waarheid, en al u regverdige verordeninge is tot in ewigheid."


10.  "En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon—en ons het sy heerlikheid aanskou, ‘n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom—vol van genade en waarheid."


11.  "Die liefde is lankmoedig en vriendelik; die liefde is nie jaloers nie; die liefde praat nie groot nie, is nie opgeblase nie, handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, word nie verbitterd nie, reken die kwaad nie toe nie, is nie bly oor die ongeregtigheid nie, maar is bly saam met die waarheid."


12.  "En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak."

Laat God jou verander!!

Pas A by die regte antwoord in B:


A.


1.  Judas 1:
2.  2 Korintiërs 5:
3.  Kolossense 3:
4.  Psalm 92:
5.  Handelinge 20:
6.  1 Petrus 5:
7.  Spreuke 20:
8.  Lukas 17:
9.  Romeine 15:
10.  1 Johannes 3:
11.  Jakobus 5:
12.  Matteus 20:
13.  Titus 3:
14.  Johannes 8:
15.  Romeine 8:
16.  Efesiërs 6:
17.  2 Korintiërs 10:
18.  Josua 10:
19.  Markus 13:
20.  Hebreërs 10:
21.  Jakobus 4:
22.  Romeine 12:
23.  Spreuke 4:


B.


1.  "Bewaak jou hart meer as alles wat bewaar moet word, want daaruit is die oorspronge van die lewe."


2.  "want die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie, maar kragtig deur God om vestings neer te werp,"


3.  "Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug."


4.  "En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is."


5.  "Dit is hulle wat skeuring maak, sinnelike mense wat die Gees nie het nie.  Maar julle, geliefdes, moet julleself opbou in jul allerheiligste geloof en in die Heilige Gees bid en julleself in die liefde van God bewaar, terwyl julle die barmhartigheid van onse Here Jesus Christus tot die ewige lewe verwag."


6.  "En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak."


7.  "Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword."


8.  "As julle dan saam met Christus opgewek is, soek die dinge daarbo waar Christus is en aan die regterhand van God sit.  Bedink die dinge wat daarbo is, nie wat op die aarde is nie.  Want julle het gesterwe, en julle lewe is saam met Christus verborge in God."


9.  "Want die wat vleeslik is, bedink vleeslike dinge, maar die wat geestelik is, geestelike dinge.  Want wat die vlees bedink, is die dood, maar wat die Gees bedink, is lewe en vrede."


10.  "Staan dan vas, julle lendene met die waarheid omgord, met die borswapen van die geregtigheid aan, en as skoene aan julle voete die bereidheid vir die evangelie van vrede.  Behalwe dit alles neem die skild van die geloof op waarmee julle al die vurige pyle van die Bose sal kan uitblus."


Sy Koninkryk regeer vir ewig en jy is deel daarvan!!

Kies die regte Skrifgedeelte:


1.  "Want so sal ryklik aan julle verleen word die ingang in die ewige koninkryk van onse Here en Saligmaker, Jesus Christus."

A.  Markus 10:
B.  Jakobus 5:
C.  Handelinge 17:
D.  2 Petrus 1:
E.  Lukas 20:


2.  "En die Here sal my verlos van elke bose werk en my red om in sy hemelse koninkryk in te gaan. Aan Hom die heerlikheid tot in alle ewigheid! Amen."

A.  Jakobus 5:
B.  Handelinge 17:
C.  Efesiërs 5:
D. 1 Korintiërs 12:
E.  2 Timoteus 4:


3.  "en betuig het dat julle waardiglik moet wandel voor God wat julle tot sy koninkryk en heerlikheid roep."

A.  1 Korintiërs 15:
B.  Efesiërs 3:
C.  Lukas 18:
D.  Johannes 20:
E.  1 Tessalonisense 2:



4.  "Want God is Koning van die hele aarde; psalmsing met ‘n onderwysing.  God regeer oor die nasies; God sit op sy heilige troon."

A.  Psalm 95:
B.  Psalm 127:
C.  Psalm 123:
D.  Psalm 88:
E.  Psalm 47:


5.  "Die HERE sal regeer vir ewig en altoos."

A.  Deuteronomium 30:
B.  Josua 10:
C.  Jeremia 50:
D.  Nehemia 7:
E.  Eksodus 15:


6.  "Laat die hemele bly wees en die aarde juig, en laat hulle onder die volke sê: Die HERE is Koning!"

A.  2 Konings 20:
B.  1 Samuel 11:
C.  Jeremiah 27:
D.  Amos 5:
E.  1 Kronieke 16:


7.  "Aan U, HERE, kom toe die grootheid en die mag en die heerlikheid en die roem en die majesteit, ja, alles in hemel en op aarde; aan U, HERE, kom toe die koningskap en die selfverhoging as Hoof oor alles.  En die rykdom en die eer kom van U, en U heers oor alles; en in u hand is krag en mag, en in u hand is dit om alles groot en sterk te maak."

A.  Deuteronomium 22:
B.  1 Kronieke 29:
C.  1 Samuel 20:
D.  Obadja 1:
E.  Jeremia 50:


8.  "Maar die HERE sit vir ewig; Hy het sy troon reggesit vir die oordeel.  En Hy self sal die wêreld oordeel in geregtigheid en die volke vonnis met reg."

A.  Psalm 130:
B.  Psalm 75:
C.  Psalm 130:
D.  Psalm 110:
E.  Psalm 9:


9.  "U troon, o God, is vir ewig en altyd; die septer van u koninkryk is ‘n regverdige septer."

A.  Psalm 120:
B.  Psalm 107:
C.  Psalm 70:
D.  Psalm 119:
E.  Psalm 45:


10.  "Die HERE is Koning; Hy is met hoogheid bekleed. Die HERE is bekleed, Hy het Hom met sterkte gegord. Ook staan die wêreld vas, sodat dit nie wankel nie.  Vas staan u troon van ouds af; van ewigheid af is U."

A.  Psalm 119:
B.  Psalm 128:
C.  Psalm 77:
D.  Psalm 122:
E.  Psalm 93:


11.  "o HERE van die leërskare, God van Israel wat op die gérubs troon! U alleen is die God van al die koninkryke van die aarde; U het die hemel en die aarde gemaak."

A.  Jeremia 50:
B.  Eksodus 11:
C.  2 Konings 18:
D.  Jesaja 37:
E.  Nehemia 13:

Vrees God en nie mens nie!!

Pas A by die regte antwoord in B:


A.


1.  Psalm 34:
2.  Spreuke 16:
3.  Psalm 111:
4.  1 Konings 20:
5.  Deuteronomium 30:
6.  Spreuke 22:
7.  Romeine 13:
8.  Markus 11:
9.  Jeremia 37:
10.  Lukas 15:
11.  2 Samuel 21:
12.  Levitikus 11;
13.  Matteus 18:
14.  Psalm 67:
15.  Psalm 89:
16.  Daniël 6:
17.  Hebreërs 12:
18.  Psalm 25:
19.  Hosea 9:
20.  Spreuke 30:
21.  Filippense 2:
22.  Psalm 60:
23.  Psalm 115:
24.  Psalm 147:


B.


1.  "Die HERE het ‘n welgevalle in die wat Hom vrees, wat op sy goedertierenheid hoop."


2.  "Wie tog is die man wat die HERE vrees? Hy sal hom leer aangaande die weg wat hy moet kies."


3.  "U het aan die wat u vrees, ‘n banier gegee, om te vlug vir die boog!"


4.  "Julle wat die HERE vrees, vertrou op die HERE: Hy is hulle hulp en hulle skild."


5.  "Aan die wat Hom vrees, het Hy spys gegee; Jod. Hy dink vir ewig aan sy verbond."


6.  "Deur liefde en trou word die skuld versoen, en deur die vrees van die HERE wyk ‘n mens af van die kwaad."


7.  "God sal ons seën, en al die eindes van die aarde sal Hom vrees."


8.  "‘n God grootliks gedug in die raad van die heiliges en vreeslik bo almal wat rondom Hom is?"


9.  "Toe het koning Daríus aan al die volke, nasies en tale wat op die hele aarde woon, geskrywe: Mag julle vrede groot wees! Deur my word bevel gegee dat hulle in die hele magsgebied van my koninkryk moet bewe en sidder voor die God van Daniël, want Hy is die lewende God en Hy bestaan in ewigheid en sy koninkryk is een wat nie vernietig kan word nie en sy heerskappy duur tot die einde toe."


10.  "Daarom, omdat ons ‘n onwankelbare koninkryk ontvang, laat ons dankbaar wees, en so God welbehaaglik dien met eerbied en vrees."


11.  "Die Engel van die HERE trek ‘n laer rondom die wat Hom vrees, en red hulle uit.  Smaak en sien dat die HERE goed is; welgeluksalig is die man wat by Hom skuil! Vrees die HERE, o sy heiliges, want die wat Hom vrees, het geen gebrek nie."


Volg Geregtigheid!!

Vind die verse in:


1.  Amos 5:
2.  Hebreërs 12:
3.  Jesaja 61:
4.  Spreuke 11:
5.  1 Johannes 3:
6.  Spreuke 14:
7.  Psalm 119:
8.  Psalm 139:
9.  1 Johannes 2:


1.  "As julle weet dat Hy regverdig is, dan weet julle dat elkeen wat die geregtigheid doen, uit Hom gebore is."


2.  "Hierin is die kinders van God en die kinders van die duiwel openbaar: elkeen wat die geregtigheid nie doen nie, is nie uit God nie, en hy ook wat sy broeder nie liefhet nie."


3.  "Ek soek U met my hele hart; laat my nie afdwaal van u gebooie nie."


4.  "Deurgrond my, o God, en ken my hart; toets my en ken my gedagtes; en kyk of daar by my ‘n weg is van smart, en lei my op die ewige weg!"


5.  "Maar laat die reg aanrol soos watergolwe, en geregtigheid soos ‘n standhoudende stroom."


6.  "Nou lyk elke tugtiging of dit op die oomblik nie ‘n saak van blydskap is nie, maar van droefheid; later lewer dit egter ‘n vredevolle vrug van geregtigheid vir die wat daardeur geoefen is."


7.  "Ek is baie bly in die HERE, my siel juig in my God; want Hy het my beklee met die klere van heil, my in die mantel van geregtigheid gewikkel—soos ‘n bruidegom wat priesterlik die hoofversiersel ombind, en soos ‘n bruid wat haar versier met haar juwele."


8.  "Deur die mond stort die roekelose sy naaste in die verderf, maar deur kennis word die regverdiges gered."


9.  "Geregtigheid verhoog ‘n volk, maar die sonde is ‘n skandvlek vir die nasies."


10.  "nie soos Kain wat uit die Bose was en sy broer doodgeslaan het nie. En waarom het hy hom doodgeslaan? Omdat sy werke boos was en dié van sy broer regverdig."


Vestig jou oë op die Here!!

Kies die regte Skrifgedeelte:


1.  "Ek stel die HERE altyddeur voor my; omdat Hy aan my regterhand is, sal ek nie wankel nie."

A.  Psalm 89:
B.  Psalm 5:
C.  Psalm 110:
D.  Psalm 70:
E.  Psalm 16:


2.  "Daarom sê Ek vir julle: Moenie julle kwel oor jul lewe—wat julle sal eet en wat julle sal drink nie; of oor jul liggaam—wat julle sal aantrek nie. Is die lewe nie meer as die voedsel en die liggaam as die klere nie?"

A.  Romeine 10:
B.  Lukas 20:
C.  Jakobus 5:
D.  Handelinge 18:
E.  Matteus 6:


3.  "En elkeen wat hierdie hoop op Hom het, reinig homself soos Hy rein is."

A.  Handelinge 19:
B.   Tessalonisense 5:
C.  2 Petrus 1:
D.  1 Johannes 3:
E.  Markus 15:


4.  "Omdat hy My liefhet, sê God, daarom sal Ek hom red; Ek sal hom beskerm, omdat hy my Naam ken."

A.  Psalm 125:
B.  Psalm 30:
C.  Psalm 118:
D.  Psalm 71:
E.  Psalm 91:


5.  "My oë is altyddeur op die HERE, want Hy sal my voete uit die net uitlei."

A.  Psalm 145:
B.  Psalm 130:
C.  Psalm 89:
D.  Psalm 25:
E.  Psalm 110:


6.  "maar ons sal volhard in die gebed en die bediening van die woord."

A.  Jakobus 5:
B.  1 Petrus 3:
C.  Romeine 15:
D.  Lukas 21:
E.  Handelinge 6:


7.  "Broeders, ek reken nie dat ek dit self gegryp het nie.  Maar een ding: ek vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is, en jaag na die doel om die prys te verkry van die hoë roeping van God in Christus Jesus."

A.  Galasiërs 5:
B.  Johannes 20:
C.  Kolossense 1:
D.  Matteus 23:
E.  Filippense 3:


8.  "Laat jou nie deur die kwaad oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie."

A.  Matteus 22:
B.  2 Korintiërs 10:
C.  Johannes 19:
D.  Jakobus 3:
E.  Romeine 12:


9.  "omdat ons nie let op die sigbare dinge nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig."

A.  Lukas 19:
B.  1 Timoteus 5:
C.  Handelinge 19:
D.  Titus 3:
E.  2 Korintiërs  4:


10.  "maar Christus as Seun oor sy huis. En ons is sy huis as ons net die vrymoedigheid en die roem van die hoop tot die einde toe onwrikbaar vashou."

A.  Kolossense 2:
B.  Markus 11:
C.  1 Petrus 5:
D.  Hebreërs 3:
E.  Johannes 15:

Moenie bang wees nie!! Psalm 91:


"Hy wat by die Allerhoogste skuiling vind
en die beskerming van die Almagtige geniet,

hy sê vir die Here:
“U is my toevlug en my veilige vesting,
my God op wie ek vertrou.”

Dit is Hy wat jou uit die voëlvanger se wip hou
en jou bewaar van dodelike siekte.

Hy beskut jou onder sy vleuels
en is vir jou 'n veilige skuilplek.
Sy trou beskerm jou aan alle kante.

Jy hoef nie bang te wees vir gevaar in die nag
of vir aanvalle oordag,

vir pes wat in die donker toeslaan
of vir siekte wat helder oordag verwoesting saai nie.

Al val daar duisende langs jou,
tienduisende by jou,
vir jou sal niks tref nie.

Met jou eie oë sal jy sien
hoe die goddelose gestraf word.

Omdat jy die Here as skuilplek geneem het,
die Allerhoogste as jou beskermer,

sal geen onheil jou tref
en geen plaag naby jou woonplek kom nie.

Hy sal sy engele opdrag gee
om jou te beskerm waar jy ook al gaan.

Op hulle hande sal hulle jou dra,
sodat jy nie jou voet teen 'n klip sal stamp nie.

Jy sal oor leeus en adders loop,
leeus en slange sal jy doodtrap.

“Omdat hy My liefhet, sal Ek hom red,”
sê die Here,
“omdat hy My ken, sal Ek hom beskerm.

Wanneer hy My aanroep, sal Ek sy gebed verhoor;
in sy nood sal Ek by hom wees,
Ek sal hom red en hom in sy eer herstel.

'n Baie lang lewe sal Ek hom gee
en oor my hulp sal hy hom verbly.”

Verlossing Gebed:



Hemelse Vader, ek erken dat ek 'n sondaar is.  Ek kom na U toe en vra U om my te vergewe vir my sondes.  Ek gee my lewe vir U.  Kom in my lewe en lei my.  Wys my U wil en nie my wil.  In Jesus se Naam. Amen

Jy moet weer gebore word om die Koninkryk van God binne te gaan!!



1.     Johannes 3:  “Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God sien nie.”

2.     Johannes 3:  “Moenie jou verwonder dat Ek vir jou gesê het, moet julle nie weer gebore word nie.”

3.     Matteus 7:  “Gaan in deur die nou poort, want breed is die poort en wyd is die pad wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur ingaan.  Omdat die poort is, en die pad is small wat na die lewe lei, en daar is min wees daar wat dit vind.”

4.    Matteus 7:  “Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! Sal ingaan in die koninkryk van die hemele; maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is.”

5.    Matteus 7:  “Baie sal in daardie dag, Here, Here sê vir my, het ons nie in u Naam geprofeteer? en in u Naam duiwels uitgedryf het? en in u Naam baie kragte gedoen nie? En dan sal Ek aan julle sê: Ek het julle nooit geken Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk. 

6.    1 Peter 1:  “Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat na sy grote barmhartigheid ons die wedergeboorte geskenk het tot ‘n lewende hoop deur die opstanding van Jesus Christus uit die dood.”

7.    Handelinge 2:  “En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en gedoop word elkeen van julle in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang.”

8.    Johannes 3:  “Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie.”

9.    Johannes 1:  “Wat nie uit die bloed of uit die wil van die vlees of uit die wil van die mens nie, maar van God.”

10.    1 Petrus 1:  “Want julle is wedergebore nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike, deur die lewende woord van God wat tot in ewigheid bly vir ewig.”

Saturday, 6 June 2020

Volg:

Volg Wees Aktief vir Jesus op:

https://weesaktiefvirJesus.blogspot.com

EN

https://tersduvenage73.wixsite.com/website-2

Jesus - Die Woord van God!!

Vind die verse in:


1.  Johannes 14:
2.  Johannes 17:
3.  Johannes 1:
4.  Openbaring 19:
5.  Hebreërs 1:
6.  Kolossense 1:
7.  Genesis 1:


1.  "In die begin het God die hemel en die aarde geskape.  En die aarde was woes en leeg, en duisternis was op die wêreldvloed, en die Gees van God het gesweef op die waters.  En God het gesê: Laat daar lig wees! En daar was lig."


2.  " In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God.  Hy was in die begin by God."


3.  "wat Hy as erfgenaam van alles aangestel het, deur wie Hy ook die wêreld gemaak het."


4.  "Hy is die Beeld van die onsienlike God, die Eersgeborene van die hele skepping; want in Hom is alle dinge geskape wat in die hemele en op die aarde is, wat sienlik en onsienlik is, trone sowel as heerskappye en owerhede en magte—alle dinge is deur Hom en tot Hom geskape.  En Hy is voor alle dinge, en in Hom hou alle dinge stand."


5.  "En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon—en ons het sy heerlikheid aanskou, ‘n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom—vol van genade en waarheid."


6.  "Glo jy nie dat Ek in die Vader is en die Vader in My nie? Die woorde wat Ek tot julle spreek, spreek Ek nie uit Myself nie; maar die Vader wat in My bly, Hy doen die werke."


7.  "In Hom was lewe, en die lewe was die lig van die mense."


8.  "En nou, Vader, verheerlik My by Uself met die heerlikheid wat Ek by U gehad het voordat die wêreld was."


9.  "En Hy was bekleed met ‘n kleed wat in bloed gedoop was, en sy Naam is: Die Woord van God."


10.  "Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie."

Volg:

Volg Wees Aktief vir Jesus op:

https://weesaktiefvirJesus.blogspot.com

EN

https://tersduvenage73.wixsite.com/website-2

Markus 4:



"En Hy het nog ‘n maal by die see begin leer; en ‘n groot menigte het by Hom saamgekom, sodat Hy in die skuit geklim en op die see gaan sit het, en die hele skare was op die land by die see.  En Hy het hulle baie dinge geleer deur gelykenisse en vir hulle in sy lering gesê:
Luister! ‘n Saaier het uitgegaan om te saai.  En terwyl hy saai, het ‘n deel langs die pad geval, en die voëls van die hemel het gekom en dit opgeëet.  En ‘n ander deel het op ‘n rotsagtige plek geval waar dit nie baie grond gehad het nie; en dadelik het dit opgekom, omdat dit geen diepte van grond gehad het nie.

En toe die son opgaan, is dit verskroei; en omdat dit geen wortel gehad het nie, het dit verdroog.  En ‘n ander deel het in die dorings geval, en die dorings het opgekom en dit verstik; en dit het geen vrug opgelewer nie.  En ‘n ander deel het in die goeie grond geval, en dit het vrug opgelewer; want dit het opgekom, en gegroei, en dit het gedra: een dertig— en een sestig— en een honderdvoudig.  En Hy sê vir hulle: Wie ore het om te hoor, laat hom hoor.

En toe Hy alleen was, het die wat saam met die twaalf rondom Hom was, Hom na die gelykenis gevra.  En Hy sê vir hulle: Aan julle is dit gegee om die verborgenheid van die koninkryk van God te ken, maar vir hulle wat buite is, kom alles deur gelykenisse, sodat hulle kan kyk en kyk, en nie sien nie; en hoor en hoor, en nie verstaan nie, dat hulle hul nie miskien bekeer en die sondes hulle vergewe word nie.
En Hy sê vir hulle: Begryp julle nie hierdie gelykenis nie? En hoe sal julle al die gelykenisse verstaan?

Die saaier saai die woord.

En dit is hulle wat langs die pad is—waar die woord gesaai word, maar sodra hulle dit gehoor het, kom die Satan dadelik en neem die woord weg wat in hulle harte gesaai is.
Net so ook is hulle by wie op rotsagtige plekke gesaai word—wat, as hulle die woord hoor, dit dadelik met blydskap aanneem, maar geen wortel in hulleself het nie; hulle is net vir ‘n tyd. Later as daar verdrukking of vervolging kom ter wille van die woord, struikel hulle dadelik.

En hulle by wie in die dorings gesaai word—dit is hulle wat die woord hoor, en die sorge van hierdie wêreld en die verleiding van die rykdom en die begeerlikhede in verband met die ander dinge kom in en verstik die woord, en dit word onvrugbaar.  En dit is hulle by wie in die goeie grond gesaai is—hulle wat die woord hoor en aanneem en vrugte dra: een dertig— en een sestig— en een honderdvoudig.

En Hy het vir hulle gesê: Die lamp kom tog nie om onder die maatemmer of onder die bed gesit te word nie. Is dit nie om op die staander gesit te word nie? Want daar is niks verborge wat nie openbaar sal word nie, en daar is niks weggesteek nie of dit moet in die lig kom.
As iemand ore het om te hoor, laat hom hoor.  En Hy het vir hulle gesê: Pas op wat julle hoor; met die maat waarmee julle meet, sal vir julle gemeet word, en daar sal bygevoeg word vir julle wat hoor.  Want wie het, vir hom sal gegee word; en wie nie het nie, van hom sal weggeneem word ook wat hy het. 

En Hy het gesê: So is die koninkryk van God, soos wanneer ‘n mens die saad in die grond gooi; en hy gaan slaap en staan op, nag en dag, en die saad spruit uit en word groot—hoe, weet hy self nie.
Want vanself bring die aarde vrug voort, eers ‘n halm, dan ‘n aar, dan die volle koring in die aar.  En wanneer die vrug dit toelaat, steek hy die sekel dadelik in, omdat die oes daar is.

En Hy het gesê: Waarmee moet ons die koninkryk van God vergelyk, of met watter soort gelykenis moet ons dit voorstel? Dit is soos ‘n mosterdsaad, wat die kleinste is van al die soorte saad op die aarde wanneer dit in die grond gesaai is; en wanneer dit gesaai is, kom dit op en word groter as al die groentesoorte en maak groot takke, sodat die voëls van die hemel onder sy skaduwee nes kan maak.  En met baie sulke gelykenisse het Hy die woord tot hulle gespreek volgens wat hulle kon verstaan; en sonder gelykenis het Hy tot hulle nie gespreek nie; maar afsonderlik het Hy vir sy dissipels alles uitgelê."

Jesus - Die Krag van God!!

Vind die verse in:


1.  Romeine 1:
2.  Hebreërs  1:
3.  Efesiërs  3:
4.  1 Petrus 5:
5.  2 Korintiërs  13:
6.  1 Korintiërs  1:
7.  Matteus 27:
8.  Efesiërs 1:


1.  "Daarop het Jesus weer met ‘n groot stem geroep en die gees gegee.  En kyk, die voorhangsel van die tempel het in twee geskeur, van bo tot onder, en die aarde het gebewe en die rotse het geskeur."


2.  "Want al is Hy gekruisig uit swakheid, lewe Hy tog uit die krag van God. Want ons is ook swak in Hom, maar ons sal saam met Hom vir julle lewe deur die krag van God."


3.  "Want die woord van die kruis is wel dwaasheid vir die wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God."


4.  "maar vir die wat geroep is, Jode sowel as Grieke: Christus, die krag van God en die wysheid van God."


5.  "en wat die uitnemende grootheid van sy krag is vir ons wat glo, na die werking van die krag van sy sterkte wat Hy gewerk het in Christus toe Hy Hom uit die dode opgewek het en Hom laat sit het aan sy regterhand in die hemele, bo alle owerheid en mag en krag en heerskappy en elke naam wat genoem word, nie alleen in hierdie wêreld nie, maar ook in die toekomstige."


6.  "en na die Gees van heiligheid met krag verklaar is as die Seun van God deur die opstanding uit die dode, Jesus Christus, onse Here."


7.  "Want ek skaam my nie oor die evangelie van Christus nie, want dit is ‘n krag van God tot redding vir elkeen wat glo, eerste vir die Jood en ook vir die Griek."


8.  "Hy, wat die afskynsel is van sy heerlikheid en die afdruksel van sy wese en alle dinge dra deur die woord van sy krag, nadat Hy deur Homself die reiniging van ons sondes bewerk het, het gaan sit aan die regterhand van die Majesteit in die hoogte."


9.  "En aan Hom wat mag het om te doen ver bo alles wat ons bid of dink, volgens die krag wat in ons werk."


10.  "wat in die krag van God bewaar word deur die geloof tot die saligheid wat gereed is om geopenbaar te word in die laaste tyd."

Jy behoort aan 'n Koninkryk wat nooit eindig nie!!

Kies die regte Skrifgedeelte:


1.  "en die saailand is die wêreld. Die goeie saad—dit is die kinders van die koninkryk, en die onkruid is die kinders van die Bose."

A.  Handelinge 17:
B.  Jakobus 5:
C.  Galasiërs 3:
D.  Markus 10:
C.  Matteus 13:


2.  "en ons gemaak het konings en priesters vir sy God en Vader, aan Hom die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid! Amen."

A.  Galasiërs 5:
B.  1 Korintiërs 15:
C.  Titus 3:
D.  1 Petrus 2:
E.  Openbaring 1:


3.  "En Hy sê vir hulle: Voorwaar Ek sê vir julle, daar is niemand wat huis of ouers of broers of vrou of kinders verlaat het ter wille van die koninkryk van God, wat nie baiemaal soveel in hierdie tyd sal ontvang nie en die ewige lewe in die eeu wat kom."

A.  Romeine 15:
B.  Lukas 18:
C.  Efesiërs 3:
D.  Jakobus 5:
E.  Johannes 20:


4.  "Dan word die koningskap en die heerskappy en die grootheid van die koninkryke onder die ganse hemel gegee aan die volk van die heiliges van die Allerhoogste; hulle koninkryk is ‘n ewige koninkryk, en al die heerskappye sal hulle vereer en gehoorsaam wees."

A.  Josua 15:
B.  Hosea 1:
C.  Esegiël 30:
D.  Jeremia 50:
E.  Daniël 7:


5.  "En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip."

A.  Eksodus 27:
B.  Deuteronomium 31:
C.  Rigters 15:
D.  1 Konings 20:
E.  Genesis 1:


6.  "en het ons konings en priesters vir onse God gemaak, en ons sal as konings op die aarde heers."

A.  2 Timoteus 1:
B.  Johannes 20:
C.  Markus 15:
D.  Openbaring 5:
E.  Matteus 23:


7.  "Luister, my geliefde broeders—het God nie die armes van hierdie wêreld uitverkies as rykes in die geloof en erfgename van die koninkryk wat Hy beloof het aan die wat Hom liefhet nie?

A.  Efesiërs 5:
B.  Hebreërs 12:
C.  1 Tessalonisense 3:
D.  2 Timoteus 3:
E.  Jakobus 2:


8.  "En Ek beskik vir julle ‘n koninkryk soos my Vader dit vir My beskik het, sodat julle kan eet en drink aan my tafel in my koninkryk en op trone sit om die twaalf stamme van Israel te oordeel."

A.  Johannes 13:
B.  Handelinge 27:
C.  Matteus 15:
D.  Romeine 11:
E.  Lukas 22:


9.  "Hy trek sy oë nie af van die regverdige nie, maar by konings op die troon laat Hy hulle sit vir altyd, sodat hulle verhoog is."

A.  Spreuke 17:
B.  Job 36:
C.  Jesaja 39:
D.  2 Samuel 20:
E.  Jeremia 51:


10.  "Hy wat ons verlos het uit die mag van die duisternis en oorgebring het in die koninkryk van die Seun van sy liefde, in wie ons die verlossing het deur sy bloed, naamlik die vergifnis van die sondes."

A.  1 Petrus 5:
B.  Markus 13:
C.  Filippense 2:
D.  Lukas 20:
E.  Kolossense 1:

Gaan alles oor die Koninkryk van God!!

Pas A by die regte antwoord in B:


A.


1.  Lukas 8:
2.  Handelinge 8:
3.  Handelinge 1:
4.  Johannes 20:
5.  1 Petrus 3:
6.  Matteus 17:
7.  Romeine 11:
8.  Jakobus 5:
9.  Hebreërs 9:
10.  Kolossense 1:
11.  Markus 11:
12.  Handelinge 19:
13.  Lukas 10:
14.  Lukas 17:
15.  1 Timoteus 5;
16.  Titus 2:
17.  2 Korintiërs 10:
18.  Markus 5:
19.  2 Petrus 1:
20.  Johannes 18:
21.  Matteus 4:
22.  Handelinge 28:
23.  Lukas 12:


B.


1.  "Moenie vrees nie, klein kuddetjie, want julle Vader het ‘n welbehae daarin gehad om aan julle die koninkryk te gee."


2.  "Jesus antwoord: My koninkryk is nie van hierdie wêreld nie; as my koninkryk van hierdie wêreld was, sou my dienaars geveg het, dat Ek nie aan die Jode oorgelewer word nie. Maar nou is my koninkryk nie van hier nie."


3.  "En Jesus het deur die hele Galiléa rondgegaan en in hulle sinagoges geleer en die evangelie van die koninkryk verkondig en elke siekte en elke kwaal onder die volk genees."


4.  "En Paulus het twee volle jare in sy eie gehuurde huis gebly en almal ontvang wat na hom gekom het, terwyl hy die koninkryk van God gepreek en onderrig gegee het aangaande die Here Jesus Christus, met volle vrymoedigheid sonder enige verhindering."


5.  "En daarna het Hy die een stad en dorp ná die ander deurgereis en gepreek en die evangelie van die koninkryk van God verkondig; en die twaalf was saam met Hom."


6.  "aan wie Hy ook, ná sy lyde, Hom lewend vertoon het deur baie kentekens, terwyl Hy gedurende veertig dae aan hulle verskyn het en oor die dinge van die koninkryk van God gespreek het."


7.  "Maar toe hulle Filippus geglo het, wat die evangelie aangaande die koninkryk van God en die Naam van Jesus Christus verkondig het, is hulle gedoop, manne sowel as vroue."


8.  "n hy het in die sinagoge ingegaan en vrymoediglik drie maande lank met hulle geredeneer en hulle probeer oortuig van die dinge wat die koninkryk van God aangaan."


9.  "En maak die siekes gesond wat daarin is, en sê vir hulle: Die koninkryk van God het naby julle gekom."


10.  "En toe Hy deur die Fariseërs gevra is wanneer die koninkryk van God sal kom, het Hy hulle geantwoord en gesê: Die koninkryk van God kom nie met sigbare tekens nie.  En hulle sal nie sê: Kyk hier! of: Kyk daar! nie; want die koninkryk van God is binne-in julle."


Vrees God en nie mens nie!!

Kies die regte Skrifgedeelte:


1.  "Gewis, sy heil is naby die wat Hom vrees, sodat heerlikheid in ons land kan woon."

A.  Psalm 130:
B.  Psalm 70:
C.  Psalm 110:
D.  Psalm 85:
E.  Psalm 50:


2.  "Hy vervul die wens van die wat Hom vrees, en Hy hoor hul hulpgeroep en verlos hulle."

A.  Psalm 70:
B.  Psalm 110:
C.  Psalm 133:
D.  Psalm 7:
E.  Psalm 145:


3.  "Wees nie wys in jou eie oë nie; vrees die HERE, en wyk af van die kwaad."

A.  Rigters 10:
B.  Jesaja 33:
C.  Job 22:
D.  Numeri 35:
E.  Spreuke 3:


4.  "Maar aan die mens het Hy gesê: Kyk, die vrees van die HERE is wysheid; en om van die kwaad af te wyk, is verstand."

A.  Josua 9:
B.  Eksodus 23:
C.  Genesis 22:
D.  Jeremia 55:
E.  Job 28:


5.  "dat al die volke van die aarde kan weet dat die hand van die HERE sterk is, sodat julle die HERE julle God altyd mag vrees."

A.  Eksodus 22:
B.  Josua 4:
C.  Deuteronomium 30:
D.  1 Samuel 27:
E.  Jeremia 59:


6.  "Maar die HERE julle God moet julle vrees, en Hy sal julle verlos uit die hand van al julle vyande."

A.  1 Samuel 20:
B.  Levitikus 10:
C.  2 Kronieke 35:
D.  Nehemia 13:
E.  2 Konings 17:


7.  "Die HERE van die leërskare—Hom moet julle heilig, en laat Hy julle vrees en Hy julle verskrikking wees!"

A.  Jeremia 29:
B.  Eksodus 37:
C.  Josua 21:
D.  Jesaja 8:
E.  Deuteronomium 30:


8.  "En moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak, maar die siel nie kan doodmaak nie; maar vrees Hom liewer wat die siel sowel as die liggaam kan verderwe in die hel."

A.  Handelinge 20:
B.  Romeine 13:
C.  Lukas 22:
D.  Kolossense 2:
E.  Matteus 10:


9.  "maar Ek sal julle wys wie julle moet vrees: vrees Hom wat, nadat Hy doodgemaak het, by magte is om in die hel te werp; ja, Ek sê vir julle, vrees Hom!"

A.  Markus 15:
B.  1 Timoteus 3:
C.  Jakobus 5:
D.  Johannes 19:
E.  Lukas 12:


10.  "Wie sal U nie vrees nie, Here, en u Naam nie verheerlik nie? Want U alleen is heilig; want al die nasies sal kom en voor U aanbid, omdat u regverdige dade openbaar geword het."

A.  2 Korintiërs 10:
B.  Efesiërs 5:
C.  Filippense 3:
D.  1 Tessalonisense 2:
E.  Openbaring 15:


Vestig jou oê Jesus!!

Vind die verse in:


1.  Psalm 145:
2.  Romeine 8:
3.  Jesaja 26:
4.  Psalm 86:
5.  Hebreërs 3:
6.  Filippense  3:
7.  Kolossense 3:
8.  Spreuke 4:


1.  "Maar een ding: ek vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is, en jaag na die doel om die prys te verkry van die hoë roeping van God in Christus Jesus."


2.  "Bedink die dinge wat daarbo is, nie wat op die aarde is nie.  Want julle het gesterwe, en julle lewe is saam met Christus verborge in God."


3.  "Laat jou oë reguit kyk en jou ooglede hulle reg voor jou uit hou."


4.  "Ek wil spreek van die glans van u heerlike majesteit en van u wonderbare dade."


5.  "En as die Gees van Hom wat Jesus uit die dode opgewek het, in julle woon, dan sal Hy wat Christus uit die dode opgewek het, ook julle sterflike liggame lewend maak deur sy Gees wat in julle woon."


6.  "Want ons burgerskap is in die hemele, van waar ons ook as Verlosser verwag die Here Jesus Christus."


7.  "Wie is dit wat veroordeel? Christus is dit wat gesterf het, ja, meer nog, wat ook opgewek is, wat ook aan die regterhand van God is, wat ook vir ons intree."


8.  "U sal ‘n standvastige gesindheid in volle vrede bewaar, want hulle vertrou op U."


9.  "Leer my, HERE, u weg: ek sal in u waarheid wandel; verenig my hart tot die vrees van u Naam."


10.  "Daarom, heilige broeders, deelgenote van die hemelse roeping, let op die Apostel en Hoëpriester van ons belydenis, Christus Jesus."

Jesus het jou lief!!

Vind die verse in:


1.  Handelinge 4:
2.  Efesiërs 3:
3.  Johannes 14:
4.  Romeine 5:
5.  Romeine 4:
6.  1 Johannes 3:
7.  Johannes 10:
8.  Efesiërs 5:
9.  1 Johannnes 4:


1.  "maar God bewys sy liefde tot ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was."


2.  "Ons het Hom lief, omdat Hy ons eerste liefgehad het."


3.  "Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê."


4.  "en wandel in liefde, soos Christus ons ook liefgehad het en Hom vir ons oorgegee het as ‘n gawe en offer aan God tot ‘n lieflike geur."


5.  "En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie."


6.  "en die liefde van Christus te ken wat die kennis oortref, sodat julle vervul kan word tot al die volheid van God."


7.  "Jesus antwoord en sê vir hom: As iemand My liefhet, sal hy my woord bewaar, en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woning maak."


8.  "wat oorgelewer is ter wille van ons misdade en opgewek is ter wille van ons regverdigmaking."


9.  "Hieraan het ons die liefde leer ken, dat Hy sy lewe vir ons afgelê het; en ons behoort ons lewe vir die broeders af."


10.  "Want as ons, terwyl ons nog vyande was, met God versoen is deur die dood van sy Seun, veel meer sal ons deur sy lewe gered word nou dat ons versoen is."


Moenie bang wees nie!! Psalm 91:


"Hy wat by die Allerhoogste skuiling vind
en die beskerming van die Almagtige geniet,

hy sê vir die Here:
“U is my toevlug en my veilige vesting,
my God op wie ek vertrou.”

Dit is Hy wat jou uit die voëlvanger se wip hou
en jou bewaar van dodelike siekte.

Hy beskut jou onder sy vleuels
en is vir jou 'n veilige skuilplek.
Sy trou beskerm jou aan alle kante.

Jy hoef nie bang te wees vir gevaar in die nag
of vir aanvalle oordag,

vir pes wat in die donker toeslaan
of vir siekte wat helder oordag verwoesting saai nie.

Al val daar duisende langs jou,
tienduisende by jou,
vir jou sal niks tref nie.

Met jou eie oë sal jy sien
hoe die goddelose gestraf word.

Omdat jy die Here as skuilplek geneem het,
die Allerhoogste as jou beskermer,

sal geen onheil jou tref
en geen plaag naby jou woonplek kom nie.

Hy sal sy engele opdrag gee
om jou te beskerm waar jy ook al gaan.

Op hulle hande sal hulle jou dra,
sodat jy nie jou voet teen 'n klip sal stamp nie.

Jy sal oor leeus en adders loop,
leeus en slange sal jy doodtrap.

“Omdat hy My liefhet, sal Ek hom red,”
sê die Here,
“omdat hy My ken, sal Ek hom beskerm.

Wanneer hy My aanroep, sal Ek sy gebed verhoor;
in sy nood sal Ek by hom wees,
Ek sal hom red en hom in sy eer herstel.

'n Baie lang lewe sal Ek hom gee
en oor my hulp sal hy hom verbly.”

Verlossing Gebed:


Hemelse Vader, ek erken dat ek 'n sondaar is.  Ek kom na U toe en vra U om my te vergewe vir my sondes.  Ek gee my lewe vir U.  Kom in my lewe en lei my.  Wys my U wil en nie my wil.  In Jesus se Naam. Amen

Jy moet weer gebore word om die Koninkryk van God binne te gaan!!



1.     Johannes 3:  “Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God sien nie.”

2.     Johannes 3:  “Moenie jou verwonder dat Ek vir jou gesê het, moet julle nie weer gebore word nie.”

3.     Matteus 7:  “Gaan in deur die nou poort, want breed is die poort en wyd is die pad wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur ingaan.  Omdat die poort is, en die pad is small wat na die lewe lei, en daar is min wees daar wat dit vind.”

4.    Matteus 7:  “Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! Sal ingaan in die koninkryk van die hemele; maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is.”

5.    Matteus 7:  “Baie sal in daardie dag, Here, Here sê vir my, het ons nie in u Naam geprofeteer? en in u Naam duiwels uitgedryf het? en in u Naam baie kragte gedoen nie? En dan sal Ek aan julle sê: Ek het julle nooit geken Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk. 

6.    1 Peter 1:  “Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat na sy grote barmhartigheid ons die wedergeboorte geskenk het tot ‘n lewende hoop deur die opstanding van Jesus Christus uit die dood.”

7.    Handelinge 2:  “En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en gedoop word elkeen van julle in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang.”

8.    Johannes 3:  “Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie.”

9.    Johannes 1:  “Wat nie uit die bloed of uit die wil van die vlees of uit die wil van die mens nie, maar van God.”

10.    1 Petrus 1:  “Want julle is wedergebore nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike, deur die lewende woord van God wat tot in ewigheid bly vir ewig.”

Thursday, 4 June 2020

Volg:

Volg Wees Aktief vir Jesus op:

https://weesaktiefvirJesus.blogspot.com

EN

https://tersduvenage73.wixsite.com/website-2

Dit gaan alles oor die Koninkryk van God!!

Vind die verse in :


1.  Lukas 9:
2.  Lukas 4:
3.  Markus 4:
4.  Lukas 16:
5.  Matteus 6:
6.  Daniël 7:
7.  Hebreërs 12:
8.  Filippense 3
9.  Matteus 24:


1.  "En hierdie evangelie van die koninkryk sal verkondig word in die hele wêreld tot ‘n getuienis vir al die nasies; en dan sal die einde kom."


2.  "en die heiliges van die Allerhoogste sal die koningskap ontvang, en hulle sal die koninkryk in besit neem tot in ewigheid, ja, tot in alle ewigheid."


3.  "Daarom, omdat ons ‘n onwankelbare koninkryk ontvang, laat ons dankbaar wees, en so God welbehaaglik dien met eerbied en vrees."


4.  "Want ons burgerskap is in die hemele, van waar ons ook as Verlosser verwag die Here Jesus Christus, wat ons vernederde liggaam van gedaante sal verander, om gelykvormig te word aan sy verheerlikte liggaam volgens die werking waardeur Hy ook alles aan Homself kan onderwerp."


5.  "Maar Hy het vir hulle gesê: Ek moet aan die ander stede ook die evangelie van die koninkryk van God bring, want daarvoor is Ek gestuur."

6.  "En Hy het hulle uitgestuur om die koninkryk van God te verkondig en die siekes gesond te maak."


7.  "En Hy het gesê: Waarmee moet ons die koninkryk van God vergelyk, of met watter soort gelykenis moet ons dit voorstel? Dit is soos ‘n mosterdsaad, wat die kleinste is van al die soorte saad op die aarde wanneer dit in die grond gesaai is; en wanneer dit gesaai is, kom dit op en word groter as al die groentesoorte en maak groot takke, sodat die voëls van die hemel onder sy skaduwee nes kan maak."


8.  "Die wet en die profete was tot op Johannes; van toe af word die evangelie van die koninkryk van God verkondig, en elkeen dring met geweld daarin."


9.  "laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde."


10.  "En Jesus sê vir hom: Laat die dooies hul eie dooies begrawe; maar gaan jy en verkondig die koninkryk van God."

Vrees God en nie mens nie!!

Kies die regte Skrifgedeelte:



1.  "Die loon van nederigheid is die vrees van die HERE, is rykdom en eer en die lewe."

A.  Job 15:
B.  Josua 7:
C.  Job 21:
D.  Rigters 7:
E.  Spreuke 22:


2.  "Kyk, die oog van die HERE is op die wat Hom vrees, op die wat op sy goedertierenheid wag."

A.  Psalm 90:
B.  Psalm 125:
C.  Psalm 70:
D.  Psalm 85:
E.  Psalm 33:


3.  "Die Engel van die HERE trek ‘n laer rondom die wat Hom vrees, en red hulle uit."

A.  Psalm 107:
B.  Psalm 95:
C.  Psalm 128:
D.  Psalm 34:
E.  Psalm 45:


4.  "En daar sal bestendigheid van jou tye wees, ‘n rykdom van volle verlossing, van wysheid en kennis; die vrees van die HERE sal sy skat wees."

A.  Esegiël 33:
B.  Deuteronomium 32:
C.  Eksodus 25:
D.  Daniël 10:
E.  Jesaja 33:


5.  "Want so hoog as die hemel is bo die aarde, so geweldig is sy goedertierenheid oor die wat Hom vrees."

A.  Psalm 110:
B.  Psalm 30:
C.  Psalm 18:
D.  Psalm 103:
E.  Psalm 77:


6.  "In die vrees van die HERE lê ‘n sterk sekerheid, ook vir die kinders van ‘n sodanige sal daar ‘n toevlug wees.  Die vrees van die HERE is ‘n fontein van die lewe, om van die strikke van die dood af te wyk."

A.  Numeri 13:
B.  Eksodus 22:
C.  Deuteronomium 30:
D.  Josua 11:
E.  Spreuke 14:


7.  "En hy het hulle bevel gegee en gesê: So moet julle handel in die vrees van die HERE, met getrouheid en met ‘n volkome hart."

A.  1 Samuel 22:
B.  Deuteronomium 18:
C.  2 Konings 20:
D.  Spreuke 15:
E.  2 Kronieke 19:


8.  "Vrees net die HERE en dien Hom getrou met julle hele hart; want kyk watter groot dinge Hy by julle gedoen het."

A.  2 Konings 20:
B.  Josua 13:
C.  Rigters 10:
D.  Jesaja 35:
E.  1 Samuel 12:


9.  "Julle moet die HERE julle God navolg en Hom vrees en sy gebooie hou en na sy stem luister en Hom dien en Hom aanhang."

A.  Jeremia 33:
B.  Spreuke 20:
C.  Habakuk 2:
D.  Jesaja 50:
E.  Deuteronomium 13:


10.  "Jy moet die HERE jou God vrees en Hom dien; en by sy Naam moet jy sweer."

A.  Eksodus 17:
B.  Levitikus 11:
C.  Nehemia 7:
D.  Deuteronomium 6:
E.  Jesaja 22:


Jesus het jou lief!!

Kies die regte Skrifgedeelte:


1.  "Soos die Vader My liefgehad het, het Ek julle ook liefgehad. Bly in hierdie liefde van My."

A.  Markus 8:
B.  Lukas 17:
C.  Handelinge 10:
C.  Johannes 15:
E.  Jakobus 3:


2.  "want die Vader self het julle lief, omdat julle My liefgehad en geglo het dat Ek van God uitgegaan het."

A.  Handelinge 20:
B.  Lukas 13:
C.  1 Petrus 5:
D.  1 Timoteus 2:
E.  Johannes 16:


3.  "en van Jesus Christus, die getroue getuie, die eersgeborene uit die dode en die Owerste oor die konings van die aarde! Aan Hom wat ons liefgehad het en ons van ons sondes gewas het in sy bloed."

A.  Galasiërs 3:
B.  Openbaring 1:
C.  Filippense 2:
D.  Romeine 11:
E.  Matteus 22:


4.  "Want die liefde van Christus dring ons."

A.  Hebreërs 10:
B.  Efesiërs 5:
C.  Titus 3:
D.  Markus 12:
E.  2 Korintiërs 5:


5.  " En ons het die liefde wat God tot ons het, leer ken en geglo. God is liefde; en hy wat in die liefde bly, bly in God, en God in hom."

A.  2 Petrus 1:
B.  Openbaring 20:
C.  Kolossense 3:
D.  Matteus 25:
E.  1 Johannes  4:


6.  "Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word."

A.  Romeine 15:
B.  1 Timoteus 3:
C.  1 Petrus 3:
D.   Efesiërs 5:
E.  Johannes 3:


7.  "Jy moet dan weet dat die HERE jou God God is, die getroue God wat die verbond en die goedertierenheid hou vir die wat Hom lief het en sy gebooie onderhou, in duisend geslagte."

A.  Eksodus 20:
B.  Jeremia 52:
C.  Josua 11:
D.  Jesaja 39:
E.  Deuteronomium 7:


8.  "Loof die God van die hemel, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid."

A.  Psalm 90:
B.  Psalm 120:
C.  Psalm 70:
D.  Psalm 80:
E.  Psalm 136:



9.  "maar soos geskrywe is: Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor en in die hart van ‘n mens nie opgekom het nie, wat God berei het vir die wat Hom liefhet."

A.  Openbaring 13:
B.  Markus 9:
C.   Efesiërs 5:
D.   Hebreërs 12:
E.  1 Korintiërs 2:


10.  "dit is die goedertierenhede van die HERE dat ons nie omgekom het nie, want sy barmhartighede het geen einde nie; hulle is elke môre nuut; u trou is groot."

A.  Deuteronomium 28:
B.  Eksodus 18:
C.  Rigters 10:
D.  Levitikus 7:
E.  Klaagliedere 3:

Volg Geregtigheid:

Pas A by die regte antwoord in B:


A.


1.  1 Petrus 3:
2.  1 Petrus 2:
3.  Romeine 3:
4.  Lukas 17:
5.  Jesaja 30:
6.  Jakobus 5:
7.  Handelinge 20:
8.  1 Timoteus 3:
9.  Spreuke 19:
10.  Matteus 19:
11.  Romeine 10:
12.  Psalm 145:
13.  Psalm 143:
14.  Romeine 5:
15. Psalm 34:
16.  Klaagliedere 3:
17.  Kolossense 2:
18.  Psalm 120:
19.  Hebreërs 7:
20.  Filippense 3:
21.  Romeine 1:
22.  Matteus 5:
23.  Jakobus 5:


B.


1.  "Bely mekaar julle misdade en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die vurige gebed van ‘n regverdige het groot krag."


2.  "Menigvuldig is die teëspoede van die regverdige, maar uit dié almal red die HERE hom."


3.  "Want die geregtigheid van God word daarin geopenbaar uit geloof tot geloof, soos geskrywe is: Maar die regverdige sal uit die geloof lewe."


4.  "Salig is die wat vervolg word ter wille van die geregtigheid, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele."


5.  "Maar nou is die geregtigheid van God geopenbaar sonder die wet, terwyl die wet en die profete daarvan getuig, die geregtigheid naamlik van God deur die geloof in Jesus Christus vir almal en oor almal wat glo, want daar is geen onderskeid nie."


6.  "wat self ons sondes in sy liggaam op die kruishout gedra het, sodat ons die sondes kan afsterwe en vir die geregtigheid lewe; deur wie se wonde julle genees is."


7.  "Want Christus is die einde van die wet tot geregtigheid vir elkeen wat glo."


8.  "Die HERE is regverdig in al sy weë en goedgunstig in al sy werke."


9.  "o HERE, hoor my gebed; luister tog na my smekinge; verhoor my in u trou, in u geregtigheid."


10.  "Want die oë van die Here is op die regverdiges en sy ore tot hulle gebed, maar die aangesig van die Here is teen die kwaaddoeners."


11.  "Want soos deur die ongehoorsaamheid van die een mens baie tot sondaars gestel is, so sal ook deur die gehoorsaamheid van die Één baie tot regverdiges gestel word."

Die Here is jou Beskerming!!

Vind die verse in:


1.  Psalm 18:
2.  Spreuke 18:
3.  Psalm 118:
4.  Psalm 16:
5.  2 Samuel 22:
6.  Spreuke 2:
7.  Nahum 1:
8.  Jesaja 46:
9.  Psalm 119:


1.  "Die HERE is vír my; ek sal nie vrees nie: wat kan ‘n mens my doen?"

2.  "U is my skuilplek en my skild; op u woord wag ek."

3.  "en Hy bewaar hulp vir die opregtes, Hy is ‘n skild vir die wat regskape wandel"

4.  "Die HERE is goed, ‘n toevlug in die dag van benoudheid, en Hy ken die wat by Hom skuil."

5.  "en tot die ouderdom toe is Ék dieselfde, ja, tot die grysheid toe sal Ek julle dra; Ék het dit gedoen, en Ék sal julle opneem, en Ék sal dra en red."

6.  "Die weg van God is volmaak; die woord van die HERE is gelouter; Hy is ‘n skild vir almal wat by Hom skuil."

7.  "Die Naam van die HERE is ‘n sterk toring; die regverdige hardloop daarin en word beskut."

8.  "Ek stel die HERE altyddeur voor my; omdat Hy aan my regterhand is, sal ek nie wankel nie."

9.  "Dit is beter om by die HERE te skuil as om op mense te vertrou."

10.  "Die weg van God is volmaak; die woord van die HERE is gelouter; Hy is ‘n skild vir almal wat by Hom skuil."

Vind jou krag in die Here!!

Vind die verse in:


1.  2 Tessalonisense 3:
2.  Johannes 16:
3.  Spreuke 18:
4.  Jesaja 40:
5.  Psalm 32:
6.  Efesiërs 3:
7.  Efesiërs 6:
8.  Deuteronomium 31:


1.  "dat Hy aan julle mag gee na die rykdom van sy heerlikheid om met krag versterk te word deur sy Gees in die innerlike mens."


2.  "Eindelik, my broeders, word kragtig in die Here en in die krag van sy sterkte."


3.  "Maar die Here is getrou; Hy sal julle versterk en bewaar van die Bose."


4.  "Wees sterk en vol moed; wees nie bevrees en word nie verskrik vir hulle nie; want dit is die HERE jou God wat saam met jou trek; Hy sal jou nie begewe of verlaat nie."


5.  "Dit het Ek vir julle gesê, dat julle in My vrede kan hê. In die wêreld sal julle verdrukking hê; maar hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin."


6.  "Die Naam van die HERE is ‘n sterk toring; die regverdige hardloop daarin en word beskut."


7.  "Hy gee die vermoeide krag en vermenigvuldig sterkte vir die wat geen kragte het nie."


8.  "U is ‘n skuilplek vir my; U bewaar my vir benoudheid; U omring my met vrolike gesange van bevryding.  Ek wil jou onderrig en jou leer aangaande die weg wat jy moet gaan; Ek wil raad gee; my oog sal op jou wees."


9.  "En aan Hom wat mag het om te doen ver bo alles wat ons bid of dink, volgens die krag wat in ons werk, aan Hom die heerlikheid in die gemeente in Christus Jesus deur alle geslagte tot in ewigheid! Amen."


10.  "En mag Hy, die Here van die vrede, julle altyd vrede gee op allerlei wyse! Mag die Here met julle almal wees!"


Volg:

      Volg : Volg Wees Aktief vir Jesus op: https://weesaktiefvirJesus.blogspot.com EN www.weesaktiefvirjesusleefstyl.co.za